Oud-Leeurugbyspeler in huis doodgeskiet

Johan Kemp, voormalige rugbyspeler vir die Leeus, is Donderdagoggend deur drie inbrekers in sy huis in Randburg, Johannesburg, doodgeskiet.

“Drie mans het Donderdagaand omstreeks 02:00 by die huis in Fontainebleau, Randburg, ingebreek,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media bevestig. “Hulle het Kemp in sy slaapkamer oorval en drie keer in die bors geskiet.” Sy vrou, Elaine, was glo elders in die huis en het die skote gehoor. “Die mans het haar gedreig en juweliersware, twee selfone en ‘n skootrekenaar gesteel. Hulle het op die gesin se Corsa-motorsleutels aangedring.” Hulle het met die motor gevlug.

Sy vrou Elaine het aan Beeld gesê haar man was ‘n natuurliefhebber en vredesmaker. “Hy het vir sy kinders geleef,” het Elaine gesê. Hul twee seuntjies, onderskeidelik twee en vier jaar oud, is ongedeerd.

Volgens Dlamini is daar geen teken van forseerde toegang tot die huis nie. Die gesin se twee honde is met ‘n mes gesteek, maar het die voorval oorleef.

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” het Dlamini gesê.

Kemp het in 2002 vir die Goue Leeus in die Vodacom-beker gespeel. Een van sy voormalige spanmaats, Cobus Grobbelaar, het hom as “vriendelik met ‘n goeie sin vir humor” beskryf.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Trudie ·

Jammer dat ek dit nou moet sê maar hoe is dit dat sy vrou 2 uur in die oggend “elders” in die huis was, daar was geen teken van forseerde inbraak nie? Lees ook nie dat hulle toe met die motor weggery ht nie. Of hierdie berig is nie volledig nie of die storie klink nie lekker nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Trudie,

Buiten dat die vermeende inbrekers wel met die motor weggejaag het, is hierdie die volledige inligting wat ons van die polisie af ontvang het.
Ons sal meer inligting bywerk sodra die polisie dit bekendmaak.

Groetnis
Suné van Heerden (Joernalis)

Gawie Botha ·

,,,,,,,,,,,,,,,,,volgens die berig,,,,,,,,,,,,klink dit na n huurmoord!

Riens ·

Gawie ek’s geneig om saam jou te stem … Presies dieselfde het deur my kop gegaan soos ek gelees het – ek ruik ‘n rot – kom ons wag om te hoor hoeveel is in die boedel ;-) …

Petra ·

Julle is pateties verby hoor !!!!! As julle rotte ruik, gaan bad. Julle wil almal altyd verdink van die ergste soos JULLE WIL GESKIED !!!!!!!!

Hoekom MOET jy om 2am in jou bed langs jou partner slaap? Sy kon soos ek gesit en werk het tot 2am wanneer almal slaap en dit baie rustig is, of wat ookal. Baie mense sukkel om aan die slaap te raak en ja ek was ook getroud, my eks man het baie gesnork, en as ek nie kon slaap nie, was daar geen bloody punt om in die bed te bly en rondrol en luister na dit nie. Ek het gewoonlik ‘n dvd gaan sit en kyk tot ek vaak geword het !!!! GRRRRR

Riens ·

Om mee te begin: ontspan en haal diep asem voor jy ‘n aar bars ;)
Enige iemand wat daai tyd van die oggend (of enige tyd van die dag of nag) in ons wonderlike land met oop deure “slaap” of dvd kyk is koekoe ! Maak nie saak watse sekuriteit in plek is nie ~ as hulle wil in gaan hulle in !!
Pateties omdat ons common sense vir ons iets anders vertel as joune ? Ons het ‘n reg tot ‘n opinie poplap ! Spaar jou tantrums vir jou man … o, ja …. jy het nie meer een nie …. en ek dink ek verstaan presies hoekom ;)

O, en ps: ek verdink nie altyd almal nie, ek reageer net om dit wat voor my op die tafel gesit is, en lig my opinie … ek kan verkeerd wees …. wie weet, seker net jy !

johan ·

sjoe! riens en gawie, dis gevaarlike opmerkings daai!!! en pateties ook!!julle het nie eens die feite nie en jul raak klaar sulke snert kweit!! dankie tog dat julle nie ondersoek beamptes is nie want dan het die polisie glad nie meer n naam nie

Riens ·

Meskien moet jy weer lees wat ek geskryf het Johan ! Hopenlik is jy nog minder ‘n ondersoek beampte ! BLEH !!

johan ·

Regtig Riens, is dit die beste wat jy meer kan op kom? gelukkig begin die skool weer een van die dae dan kan jy jou onderwysers vertel wat jy alles die vakansie gedoen het!!!

Amanda Nel ·

Eerstens wil ek net dit duidelik stel dat die berig nie korrek is nie en ek stel voor Maroela (Sune van Heerden) stel dit reg. Dis duidelik dat jy die berig uit die Beeld geneem het sonder enige verdere navrae. Die ware feite is : Die man is langs sy vrou in die bed koelbloedig doodgeskiet – hulle het geslaap. Die feit dat die polisie gese het dat daar geen teken van geforseerde toegang is nie, beteken geensin dat daar nie geforseerde toegang was nie. Ons leef in ‘n land waar vol professionele misdaders is, wat hulle moorde pleeg sonder dat iemand eers bewus is daarvan – onder ons neuse. Vir Riens en Gawie Botha net dit – mag julle nooit in hierdie situasie beland – waar jy in die bed le en daar word drie skote geskiet na julle. Een tref die hond, een mis die vrou rakelings en een tref jou man in die kop. Ek stel voor julle hou julle barbaarse kommentaar totdat julle weet wat aangaan. Ek stel ook voor Maroela stel die berig reg. Hierdie mense is my vriende en ek weet wat die ware feite is. Julle kommentaar is walglik!

johan ·

dankie Amanda! en sterkte vir julle en die familie van die Kemps!!

Amanda Nel ·

Riens – miskien moet jy eerder jou 5 sent gevaarlike opinie gaan lig elders en nie in die openbaar nie . Jou kommentaar is walglik. Pasop wat jy in die openbaar kwytraak. Dit mag jou duur te staan kom. Ek stel voor jy vra omverskoning vir die mense betrokke en verwyder jou dan van hierdie blad. Die stellings wat jy en ene Gawie maak is laster. En ja, ek het dit in details gelees. Ek sal jou graag ‘eye to eye’ wil ontmoet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.