Ouers wil Don glo nie by skool hê

Don tydens sy ouers en suster se begrafnis. Foto: Maricelle Botha/OFM

Ouers van die Grey-kollege in Bloemfontein is glo nie te vinde daarvoor dat Don Steenkamp (15), wie se ouers en suster op hul plaas in Griekwastad vermoor is, terugkeer skool toe nie.

Rapport berig dat van die skool se ouers onrustig is ná berigte oor die skietdood van sy ouers, Deon (44) en Christelle (43) Steenkamp, en sy suster, Marthella (14). Don se voog, Bennie Heckroodt, sê hulle weet nie wanneer hy sal kan terugkeer na die skool nie. “Dit is waar dat ’n paar ouers ongemaklik gevoel het ná die bewerings wat daardie Dinsdag in Volksblad oor Don se betrokkenheid gemaak is.” Hy sê die skoolhoof het hul gevra om Don te kom haal. Heckroodt het ook sy frustrasie uitgespreek met die polisie-ondersoek aangesien daar na meer as drie weke ná die moorde nog geen verdagtes uitgewys nie. Hy sê dit het tot gevolg dat talle mense vir Don verdink. Heckroodt sê Don lees die berigte en al lag hy daaroor, maak dit hom seer. Heckroodt het ook die aand van die moorde ’n Kimberleyse prokureur, mnr. Stoffel de Jager, aangestel om Don teen “die polisie en die media” te beskerm. Hy sê Don kry weekliks berading.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.