Pa skiet kinders, ma, homself

Argieffoto

ʼn Man het Donderdagoggend in Alberton, Gauteng, sy twee kinders doodgeskiet en sy vrou gewond voordat hy homself doodgeskiet het.

“Die man se eksvrou het die kinders glo omstreeks 06:30 skool toe gevat toe die skietvoorval in Brackendowns gebeur het,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. Die kinders is onderskeidelik 14 en 18 jaar oud.

“Die verdagte, wat glo agter ʼn boom weggekruip het, het hul voertuig opgemerk en verskeie skote met ʼn 9mm-pistool in die voertuig gevuur. Hy het in sy eie voertuig gespring en glo homself later geskiet.”

Dlamini sê die tieners is onderweg na die hospitaal oorlede.

“Die vrou is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal geneem,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, gesê.

Volgens Dlamini hou die skietery met “huishoudelike probleme” verband. “Twee sake van moord en een van poging tot moord sal ondersoek word.”

Die familie se name kan nog nie bekend gemaak word voordat alle naasbestaandes in kennis gestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Carin ·

TRAGIES!!!! Wat word van die wereld? My innigste simpatie met die naasbestaandes.

Annamarie ·

Ja dit is tragies en my innige simpatie teen oor die naasbestaandes.Wat besiel die mens dom om so iets te doen.Hy het hom self weg gevat en sy 2 kinder en sy vrou le kritiek in die hospitaal.Onse vader le u hand op die vrou al ken ek haar nie maar beskerm haar en laat sy volkome herstel.Laat haar familie haar by staan waar deur sy gaan.Amen

Rudi ·

Skakel af die caps lock asb.

En ja, omstandighede, bla bla bla. Ek’s moeg daarvoor dat kriminele en hulle onstandighede alewig meer simpatie as die slagoffers kry. Ek’s bly die swernoot het homself van die gras af gemaak, dit spaar ons ‘n tou!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.