Pa wat dogtertjie ontvoer verskyn in hof

Ray Pahlo. Foto: Verskaf

Die pa wat na bewering sy sewejarige dogtertjie, Pura Pahlo, verlede week Woensdagoggend voor Laerskool Waterkloof in Pretoria-Oos ontvoer het, het Maandag in hof verskyn.

Pura se biologiese pa, Ray Pahlo (42), ʼn vrou en vier Zimbabwiërs is kort na die beweerde ontvoering vasgetrek. Die mans het haar glo uit haar pleegma, Kim Andreou, se motor gepluk toe sy haar by die skool afgelaai het. Lees meer hier.

Volgens ao Annabelle Middleton, ‘n polisiewoordvoerder, is die saak tot Vrydag uitgestel wanneer al ses verdagtes weer in die hof moet verskyn. Pahlo word aangekla van minagting van die hof. Hy word nou ook van kindermishandeling aangekla omdat Pura glo erge emosionele trauma opgedoen het.

Sy vyf medebeskuldigdes word aangekla van sameswering om ‘n misdaad te pleeg, kindermishandeling en ontvoering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.