Pastorie-dogter vrygespreek

Thea Brits. Foto: Facebook

Thea Brits, die dogter van die vermoorde ds. Willem van Harrismith, is Dinsdag in die Harrismith-landdroshof vrygespreek van twee aanklagte teen haar.

Thea (24) is van diefstal aangekla nadat sy glo ná haar verloofde, Gerhard Vermeulen (25) se dood, al die geld uit sy bankrekening onttrek het. Vermeulen se familie het haar van diefstal aangekla. Die ander aanklag was vir die rig van ‘n vuurwapen wat vroeër die jaar deur een van haar broers aanhangig gemaak is. Dié saak is uitgegooi weens ‘n tekort aan bewyse, berig OFM.

Thea het ná die hofverrigtinge aan OFM gesê sy is baie verlig dat die saak nou afgehandel is en dat sy nou weer met haar lewe kan aangaan. Sy het gesê om deur die publiek veroordeel te word, vir haar die swaarste is en dat dit hopelik nou gaan verander.

Ds. Brits (60) en sy vrou Dorothea (59) is op 8 November 2012 in hul pastoriehuis met ʼn byl aangeval. Ds. Brits het die volgende oggend in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Gerhard is in die voorval doodgeskiet. Thea se broer, Martin (28), het voor ʼn landdros van Fouriesburg skuldig gepleit op die aanval. Sy medebeskuldigde is Elliot Mhlambi (41).

Dorothea het erge hoofbeserings opgedoen en is vroeër vanjaar uit die Life Pasteur-hospitaal ontslaan en woon tans in ʼn tehuis vir bejaardes in die dorp.

Martin en Mhlambi moet weer op 15 Mei in die hof wees waar ‘n verhoordatum na verwagting vasgestel sal word.

Lees ook:
Pastorie-moord: Twee verdagtes verskyn in hof
Pastorie-moord: Twee verdagtes weer in hof
Pastorie-moorde: Ma wil seun in tronk besoek
Pastorie-moorde: Dogter weer in hof
Pastorie-moorde: Dogter vas oor diefstal
Harrismith-moorde: Vrou ontslaan
Pastorie-moorde: Vrou sterk aan
Pastorie-moorde: Dorothea dalk teen Vrydag wakker
Pastorie-moorde: Seun toon glo berou
Twee beskuldigdes verskyn in hof
Pastorie-moorde: Martin vra om vergifnis
Pastorie-moorde: Ds Brits vandag ter ruste gelê
Pastorie-moorde: Broers en suster kwaad
Pastorie-moorde: Seun beken skuld
Pastorie-moorde: Vermeulen vandag ter ruste gelê
Pastorie-moorde: Seun, verdagte ken mekaar glo
Pastorie-moorde: Seun gaan glo skuld erken
Pastorie-moorde: Seun was glo al vantevore in die tronk
Pastorie-moorde: Seun in hegtenis geneem
Vermoorde dominee se vrou kritiek ná aanval
Dominee van Harrismith vermoor, gesin aangeval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.