Pastorie-moorde: Seun pleit skuldig

Martin Brits en Elliot Mhlambi tydens 'n vorige hofverskyning.Foto: Lani Fouché, OFM

Martin Brits en Elliot Mhlambi tydens ‘n vorige hofverskyning.Foto: Lani Fouché, OFM

Die aangenome seun van ʼn Vrystaatse dominee het Maandag in die Harrismith rondgaande hof skuldig gepleit op sy moord.

Martin Brits (28) en Elliot Mhlambi (41) het altwee skuldig gepleit op die moord op ds. Willem Brits (60) op 8 November 2012 in die NG Kerk-pastorie in Harrismith.

Brits se toekomstige skoonseun, Gerhard Vermeulen (25) is ook in die aanval dood. Sy vrou, Dorothea (59) is ernstig beseer.

“Die mans het deur verklarings wat aan die hof voorgehou is, skuldig gepleit,” het sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, gesê.

Hy sê hulle kan moontlik reeds Vrydag gevonnis word weens die skulderkentenis.

Die mans sal na verwagting Dinsdag in die getuiebank verskyn.

Brits staar twee aanklagte van moord, een van poging tot moord en een van diefstal in die gesig. Mhlambi staar bykomende klagte van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in die gesig.

Lees ook:
Erfporsie glo motief vir pastorie-moorde
Pastorie-moorde: Saak weer uitgestel
Pastorie-dogter vrygespreek
Pastorie-moord: Twee verdagtes verskyn in hof
Pastorie-moord: Twee verdagtes weer in hof
Pastorie-moorde: Ma wil seun in tronk besoek
Pastorie-moorde: Dogter weer in hof
Pastorie-moorde: Dogter vas oor diefstal
Harrismith-moorde: Vrou ontslaan
Pastorie-moorde: Vrou sterk aan
Pastorie-moorde: Dorothea dalk teen Vrydag wakker
Pastorie-moorde: Seun toon glo berou
Twee beskuldigdes verskyn in hof
Pastorie-moorde: Martin vra om vergifnis
Pastorie-moorde: Ds Brits vandag ter ruste gelê
Pastorie-moorde: Broers en suster kwaad
Pastorie-moorde: Seun beken skuld
Pastorie-moorde: Vermeulen vandag ter ruste gelê
Pastorie-moorde: Seun, verdagte ken mekaar glo
Pastorie-moorde: Seun gaan glo skuld erken
Pastorie-moorde: Seun was glo al vantevore in die tronk
Pastorie-moorde: Seun in hegtenis geneem
Vermoorde dominee se vrou kritiek ná aanval
Dominee van Harrismith vermoor, gesin aangeval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

leon ·

Hoop hy kry lewenslank. Sies laer as dit kan mens nie daal nie. Ek hoop hulle verwoes jou in die tronk. Mog hy nooit weer die son sien nie.

Trippie ·

Ek wonder of hy berou het oor sy afskuwelike daad – heng, vreeslik is dit om ‘n kind uit die goedheid van jou hart aan te neem en met liefde soos jou eie groot te maak,net om so grusaam te sterf.

Justi ·

Hi weer Leon. Weeteens stem ek saam. Het jy gesien hoe word ons twee ingevlieg oor ons kommentaar vroeer?

Peter Se ·

Martin, het jy n gewete ? indien jy het, mag dit jou ry tot in ewigheid.

Maggie ·

Jy sien Trip waar kom hierdie dade vandaan, ek het al heelwat met sulke gevalle te doen gehad,dit kom absoluut by die opvoeding, die aanneem ouers is gewoonlik baie jammer vir die wesies, en bederf hul dan tot in die afgrond in, ek het geen tyd vir spoiled brats nie, want ek het te veel gesien hoe verander hul in psigopate, dan is daar weeskinders wat baie swaar gekry het, wat fantastiese persone uitgedraai het. Ek glo aan baie liefde en aandag vir sulke kinders, maar daar stop dit. So ek se opvoeding, opvoeding !!!!!! en goeie opvoeding sluit glad nie bederf in nie.

Trippie ·

Maggie, die “ou mense” het geglo, te veel van ‘n goeie ding is nie goed nie – ek stem saam met jou ! My een werkskollega is ook ‘n aangenome kind – en wat ‘n dierbare jong man. Nederig, liefdevol en baie deernis met sy medemens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.