Pelgrimsrus glo te wit

Foto: www.pilgrimsrest.com

Die hooggeregshof in Pretoria sal vandag uitspraak lewer rakende sakelui van Pelgrimsrus se aansoek om te keer dat hulle uit hul persele gesit word.

Dié 13 ondernemings het kennisgewings ontvang dat hulle teen 1 Augustus hul persele moet verlaat. Regter Stanley Makgoba het gister die argumente en betoë aangehoor van die applikante (sakelui) en die respondente (die Mpumalanga-regering). Makgoba het gesê hy vind dit vreemd dat ʼn provinsiale regeringsdepartement ʼn dorp kan besit. Adv. Francois Kriel, namens die applikante, het gesê daar was ongerymdhede met die manier waarop tenders toegeken is. Hy sê die proses was nie deursigtig nie. Adv. Ignatius Bredenkamp, namens die respondente, het aangevoer dat die sakelui dienooreenkomstig ingelig is dat hulle hul persele moet verlaat.

Beeld berig intussen dat ʼn staatsdepartementshoof glo gesê het Pelgrimsrus het “te veel wit gesigte” en dat “die PDI’s” (voorheen benadeeldes) moet munt kan slaan uit die dorp se herkoms. Marius Brummer, eienaar van ʼn vulstasie in die dorp, voer in hofstukke aan dat die vorige LUR vir openbare werke in die provinsie tydens ʼn vergadering in 2008 die uitlatings gemaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.