Petroljoggiestaking verby

petrolWerkgewers en Numsa het ‘n ooreenkoms bereik wat die drie weeklange staking van petroljoggies tot ʼn einde bring.

“Die partye het ooreengekom dat petroljoggies se uurlikse tarief sal met R2 verhoog word,” het Irvin Jim, hoofsekretaris van Numsa, Vrydag aan verslaggewers in Kempton Park gesê.Hy het gesê dit beteken dat werkers ʼn 11.6% verhoging gaan kry.

“As ons nie vandag ‘n ooreenkoms bereik het nie, sou minister Mildred Oliphant nie onmiddellik die verhoging kon goedkeur nie, en dit sou beteken dat ʼn verhoging eers in November van toepassing sou wees,” het hy gesê.

Daar word van alle stakers verwag om Maandag terug te wees by die werk.

Jim het egter gesê die staking in die motorbedryf is nog nie verby nie, aangesien ʼn ooreenkoms nog nie bereik is nie.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ver Van Ryn ·

Hierdie berig is so effens haastig, die getekende ooreenkoms is nog nie vrygestel nie. numsa se vet katte moet nog teken…

Ver Van Ryn ·

daar is sprake van ‘n 5c/l verhoging om die salarisse te betaal, maar op dieselfde tyd is daar sprake van 25c/l verlaging. So ons kyk seker dan na R1/l verhoging, as ons nou van afrika logika gebruik maak.

Ver Van Ryn ·

PS. dit is nou goedgekeur dat die petrol stasies nou 104.1c/l kry uit hul verkope. Dit beteken ‘n 4.9c/l “retail margin”, weet nog nie of die petrol prys opgestoot gaan word om die nuwe inkomste vir petrol stasies te dek nie.

Vas Vat ·

Die “sotte” R2 p/h verhoging en as die branstof prys styg, styg lewens onkostes.Tegnies kry hulle dan geen verhoging nie.Amerika het geen joggies nie, daar tap jy jou eie brandstof…jaag hulle almal weg.

Mathilda ·

Hulle het aansienlik minder gekry as wat hulle gevra het, ek skryf dit toe aan die vrees dat hulle weet joggies is vervang baar en dis, is hulle nie die sleutel nie, as ons dit in die ander bedrywe kan doen dan sal hul mooi dink voor hul staak ek dink ons moet ophou om te probeer voldoen aan hul vereistes en hulle begin vervang met alternatiewe idees, hulle sal gou leer om dankbaar te wees vir die brood op die tafel, net soos ons!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.