Pierre Korkie: 48 uur-spertyd verval vandag

Pierre Korkie

Pierre Korkie

Die 48 uur-spertyd vir die betaling van ʼn losprys in ruil vir die vrylating van Pierre Korkie, ʼn Bloemfonteinse onderwyser wat deur Al Kaïda-militante in Jemen gyselaar gehou word, verstryk Woensdagmiddag.

“Ons het nog nie nuwe verwikkelinge om aan te meld nie,” het Imtiaz Sooliman, stigter van die humanitêre welsynsorganisasie Gift of the Givers, gesê.

“Ons is van derde partye afhanklik om met die ontvoerders te onderhandel, en al gaan dinge stadig, is ons tans meer optimisties as wat ons sedert 26 Januarie was,” het Sooliman gesê.

Volgens Sooliman sal die organisasie op ʼn gepaste tyd ʼn volledige uiteensetting gee van die stappe wat hulle geneem het om Korkie se vrylating te probeer verseker.

Korkie en sy vrou, Yolande, is in Mei verlede jaar in Taiz ontvoer nadat hulle vir Amerikaanse toeriste aangesien is. Yolande is op 10 Januarie met die hulp van Gift of the Givers vrygelaat sonder dat daar ʼn losprys vir haar lewe betaal is. Die ontvoerders eis egter ʼn losprys van R32 miljoen vir Pierre se vrylating.

Lees alles oor Pierre Korkie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.