Pierre Korkie: Al-Kaïda maak kontak

Pierre Korkie wat in Jemen ontvoer is, is steeds in aanhouding.

Pierre Korkie wat in Jemen ontvoer is, is steeds in aanhouding.

Die Al-Kaïda millitante wat die Suid-Afrikaner Pierre Korkie in Jemen ontvoer het, het Woensdag kontak gemaak.

“Ons het sowat twee ure terug ʼn teksboodskap van Al-Kaïda ontvang waarin hulle vra waar die losprys is,” sê Imtiaz Sooliman, hoof van Gift of the Givers. “Volgens hulle is daar in Jemen se media berig dat die Suid-Afrikaanse regering met hulle gaan kom onderhandel en dat niemand hulle al genader het nie.” Sooliman sê sy organisasie het ʼn teksboodskap teruggestuur en gesê dat die Suid-Afrikaanse regering sowel as alle ander regerings nie met ontvoerders onderhandel of lospryse betaal nie. Die ontvoerders het toe glo gesê dat daar wel regerings is wat dit doen maar dat dit “onder die radar” gebeur. Ons het gesê dat ander regerings dit dalk doen maar nie Afrika se regerings nie.” Sooliman sê die ontvoerder het hierna ʼn foto gestuur van ʼn plofstofgordel. Hulle het nie vir ons of Pierre gedreig nie.” Die ontvoerders het nie besonderhede rakende die losprys, die spertyd daarvoor of Korkie se gesondheid verskaf nie.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking sê Ebrahim Ebrahim, adjunkminister van die departement, het vroeër vandag ʼn emosionele pleidooi gelewer op ʼn Jemeense-televisiekanaal vir Korkie se vrylating. “Pierre Korkie is ernstig siek en benodig mediese aandag. Sy lewe is in gevaar. Islam verplig ons om genade te toon en verbied ons om siek mense seer te maak, selfs in oorlog. Ek smeek die wat hom aanhou om hom sonder uitstel vry te laat,” het Ebrahim gesê. “Suid-Afrika is ʼn ontwikkelende land en die Korkies is nie ʼn ryk familie nie. Ek doen ʼn beroep vir julle samewerking sodat Pierre Korkie kan huis toe kom en die behandeling kry wat nodig is om sy lewe te red en dat hy met sy familie herenig kan word.”

Lees alles oor Pierre Korkie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.