Pierre Korkie: Onderhandelinge erg gespanne

Pierre Korkie wat in Jemen ontvoer is, is steeds in aanhouding.

Pierre Korkie wat in Jemen ontvoer is, is steeds in aanhouding.

Onderhandelinge tussen die noodlenigingsorganisasie Gift of the Givers en Al-Kaïda rakende die vrylating van die Suid-Afrikaner Pierre Korkie is erg gespanne.

Imtiaz Sooliman, stigter en voorsitter van Gift of the Givers, sê Korkie se ontvoerders weier om te glo dat die Suid-Afrikaanse regering nie bereid is om die losprys van R32,5 miljoen te betaal nie. “Hulle dring daarop aan dat Anas Al-Hamati, ons bestuurder in Jemen, die losprys wat die Suid-Afrikaanse regering vir hulle gebring het, gesteel het.” Al-Hamati fasiliteer die onderhandelinge. Sooliman sê die ontvoerders het vir hulle ʼn foto van ʼn plofstofgordel gestuur en benadruk dat Al-Hamati nou ʼn teiken is omdat hy die geld “gesteel” het. Sooliman sê Abd Rabbuh Mansur Hadi, president van Jemen, se kantoor het intussen voorgestel dat Al-Hamati na ʼn veiliger provinsie gaan of die land vir eers verlaat ter wille van sy en sy gesin se veiligheid.

Volgens Sooliman word talle buitelanders in Jemen gyselaar gehou. “ʼn Diplomaat van Iran is Saterdag tereggestel. Sy kop is in die Marweh-provinsie gevind. Ten spyte van die nuwe uitdagings het ons steeds twee weke om ʼn alternatief te probeer vind,” sê Sooliman.

Lees alles oor Pierre Korkie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Mog n swerm radioaktiewe muishondbollie hierdie lafhartige gemors tref teen die spoed van witlig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.