Pinetown gru-ongeluk: Amptelike dodetal bekend

BTbAas5CMAA69LvWaarnemende president Jeff Radebe het Vrydag in Durban bevestig dat die gru-ongeluk wat Donderdagaand in Pinetown, KwaZulu-Natal, plaasgevind het, 22 lewens geëis het.

Radebe het Vrydagoggend die ongelukstoneel op die hoek van Field’s Hill- en Richmondweg asook verskeie hospitale waar beseerdes opgeneem is, gaan besoek.

Die aanvanklike dodetal is Donderdagaand deur die presidensie en polisie op 27 beraam. Die ongeluk het plaasgevind toe ʼn swaarvoertuig in vier volgelaaide minibustaxi’s en ʼn voertuig ingejaag het. Die bestuurder van die swaarvoertuig is in hegtenis geneem op aanklagte van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur. Klik hier om ‘n video van die ongeluk te sien.

Lees ook:
Pinetown gru-ongeluk: Trokbestuurder in hegtenis geneem
27 sterf in gru-ongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.