Plaasarbeiderstaking vir eers verby

Die staking deur vermeende plaasarbeiders in die Wes-Kaap is vir eers verby, het Cosatu Dinsdagaand gesê.

“’n Ooreenkoms wat Agri SA uiteengesit het, bevat die basis van die ooreenkoms wat die staking tot sy einde bring,” het Tony Ehrenreich, provinsiale sekretaris van die vakbondfederasie gesê. “Agri SA, wat die boere verteenwoordig, het hulself hoofsaaklik verbind aan onderhandelings wat van plaas tot plaas gehou gaan word. Vergaderings sal handel oor die eis van R150 per dag en ‘n winsdeelskema.” Volgens Ehrenreich sal die werkers nou kragtens dié ooreenkoms terugkeer werk toe en kan hulle by enige vakbond van hul keuse aansluit. “Die vakbonde sal met die boere op die onderskeie plase onderhandel.”

Indien geen ooreenkoms teen 9 Januarie bereik is nie, sal die werkers weer staak.

“Die ooreenkoms is ‘n groot oorwinning vir plaasarbeiders,” het Ehrenreich bygevoeg.

Tafeldruifplukkers het in die begin van November in De Doorns begin staak. Hulle het ‘n dagloon van R150 en verbeterde lewensomstandighede geëis. Meeste verdien tans tussen R69 en R75 per dag. Die betogings het vinnig na 15 ander dorpe versprei en tot geweld gelei. Twee mense is tydens die gewelddadige staking dood.

Verteenwoordigers van Agri SA, die departement van landbou en vakbonde sal na verwagting die media Woensdag verder hieroor inlig.

Lees ook:
Betogings in die Wes-Kaap nog “vreedsaam”
Minister vra vir vreedsame betogings
Wes-Kaap Cosatu vra vir landswye betogings
ANC lê klag teen Zille oor W-Kaapse onluste
De Doorns-oproer: Onderhandelings gaan dalk langer duur
De Doorns-oproer: Polisie hou situasie dop
De Doorns-oproer: Kwaadstokers glo met busse aangery
40 vas ná gewelddadige betogings in Swellendam
De Doorns-oproer: Verkneersknoop by pont naby Swellendam
De Doorns-oproer: Cosatu moet betogers nog eers inlig oor betogings
De Doorns: “Skiet die goed vrek,” sê polisie glo
De Doorns-staking: Boer beseer, paaie gesluit
De Doorns-staking vir eers opgeskort
De Doorns-staking: “Plaasarbeider” sterf, vyf beseer
De Doorns-staking: Boere versper pad na Ceres
De Doorns: Motorbande aan die brand gesteek, paaie versper
De Doorns: Matrieks verhoed om eksamen te skryf
De Doorns: ANC vra boikot van SA wyne
De Doorns-staking brei nou uit na ander dorpe
De Doorns: Polisie ontken hulle het betogers aangeval
De Doorns: Marikana het na die plase toe gekom
11 plaaswerkers van De Doorns in hegtenis geneem
De Doorns-boere vlug van plase
De Doorns-kinders glo te bang om skool by te woon
De Doorns-betogers verjaag Zille
KVBA onderhandel in De Doorns
Boer van De Doorns in hegtenis geneem
Stakende plaasarbeiders steek plase glo aan die brand

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.