Polisiehoë afgedank na beweerde betrokkenheid by Jackson-moord

Die vermoorde Teazers-baas Lolly Jackson. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die polisie se voormalige hoof van misdaadintelligensie, genl. Joey Mabasa, is afgedank.

Mabasa is destyds verbind met die Tsjeggiese Mafia-baas, Radovan Krejcir. Krejcir is op sy beurt verbind met die moord op die Teazers-baas, Lolly Jackson. ʼn Woordvoerder van die Valke, McIntosh Polela, sê Mabasa is einde verlede maand van sy pligte onthef. Hy sê daar is gevoel dat dit in die belang van die Suid-Afrikaanse polisiediens sal wees as Mabasa nie langer daar werk nie. Daar is vroeër berig dat Mabasa glo ʼn oproep gekry het van Jackson se vermeende moordenaar, George Louca, en glo ondersoek word vir sy beweerde betrokkenheid by die moord. Polela wou egter nie bevestig of Mabasa ondersoek word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.