Porno-kanale goedgekeur

Die onafhanklike kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Icasa) het Woensdag drie kanale goedgekeur wat volwasse vermaakmateriaal mag uitsaai.

TopTV het streng teenkanting teen die besluit, om pornografiese materiaal uit te saai, uit alle oorde ontvang. Volgens EWN sal TopTV nou Playboy TV, Desire TV en Private Spice mag uitsaai. Die programme sal tydens ʼn “waterskeidingsperiode” tussen 20:00 en 05:00 uitgesaai word. “Daar is verskeie ander sekuriteitsmaatreëls in plek gestel om seker te maak dat kinders beskerm word en alle besware is in ag geneem,” het Paseka Maleka, woordvoerder vir Icasa, gesê. “Ons moes seker maak dat ons alle besware in ag neem, maak nie saak hoe klein dit is nie.”

Icasa sê daar is geen wet in Suid-Afrika wat die vervaardiging of verspreiding van volwasse materiaal verhoed nie.

Lees ook:
TopTV-aansoek: “Pornografie lei tot verkragtings,” sê Hettie Brittz
“TopTV mag porno wys”, sê advokaat
TopTV bring weer aansoek om porno te wys
Okosa: Geen porno op TV vir SA
Kerke wil TopTV boikot oor porno

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Richard ·

Stem nie saam nie. Dit is ‘n groot veralgemening wat jy daar kwytraak.

Coenraad ·

Dit is net weer n bewys dat ons onder n heidense regering is en dat ons land en alle waardes in die riool pyp af is.

Dave ·

Die “groot fout” is om te dink dat dit moontlik is om ander mense te hou aan jou eie ideologiese of morele standaarde.

As mense pornografiese materiaal wil kyk sal hul in elk geval ‘n manier vind om dit te doen. Die ICASA se besluit verander absoluut niks daaraan nie.

Coenraad ·

William-jy is presies wat ek sien in meeste wit mense in die land.Te bang of te slap om die waarheid uit te wys en teen wat verkeerd is op te staan.Draai eerder jou gesig in die ander rigting en kyk weg want dan sal die probleem mos weg gaan volgens jou-pateties.Jy sien as jy 2 kinders by mekaar sit sal dit baie maklik wees vir die soet kind om die stout kind se maniere aan te leer,maar dit is baie moeilik vir die stout kind om die soet kind s emaniere aan te leer.Julle slapgat, patetiese jammeer kry houding is n vermorsing van die Afrikaner se naam,normes en waardes.Hierdie situasie met die porno-kanale is presies soos met alles in die land-die skole,die spoorwee,die hospitale,die stadsrade ,die paaie ens.Net n laaste gedagte terwyl julle salig verder slaap of julle gesigte in n ander rigting draai-dit gaan nooit weer beter word nie dit gaan baie slegter gaan tot die pot oorkook!

william ·

In Suid Afrika is enige iets moontlik . Dit skok n mens nie meer nie. Top TV was op die randjie van bankrotskap. Nou gaan die mense net Top tv koop en multi choice gaan ook seker aansoek doen.
Dagga gaan gewettig word, gay huwelike is seker al gewettig, en aborsies ook.

Richard ·

Ja, wel saam met demokrasie kom ook verantwoordelikheid. Ek ondersteun nie die porno kanale nie, maar ek ondersteun ‘n oop demokrasie. Porno kanale, boeke, dvd’s ens. is deel van daardie vrylike keuse wat mense kan maak wanneer hulle daarna wil kyk. Maar met die nodige wetgewing, en verantwoordelikheid!

Coenraad ·

William-ek vra omverskoning dat jou naam verkeerdelik in my opmerking gebruik het dit was eintlik aan Dave geadreseer.Weereens jammer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.