Pous tree af

Pous Benedict. Foto: Reuters

Pous Benedictus XVI (85) het pas aangekondig dat hy weens swak gesondheid aan die einde van die maand aftree. Hy is die eerste pous sedert die Middeleeue wat abdikeer.

Die amp sal vakant bly tot die opvolger na verwagting teen die einde van Maart aangekondig word.

Die Pous, ‘n Duitser wat as Joseph Ratzinger grootgeword het, se fisiese en geestesgesondheid het erg agteruitgegaan. Hoewel sy volgelinge, wat nie een in sy besluit geken is nie, volhou dat daar geen druk op pous was om die tuig neer te lê nie, is daar net te veel onbeantwoorde vrae.

Die pous se volledige verklaring kan hier gelees word.

Ratzinger het as kardinaal as hervormer bekend gestaan, maar was meer terughoudend as ander prominente hervormers.

Hoewel hy nooit self by die skandaal oor die molestering van seuns deur priesters geïmpliseer is nie, is hy in ‘n stadium daarvan beskuldig dat hy as kardinaal help toesmeer het daaraan.

Onlangs het daar weer ‘n storm uitgebars toe dit bekend geword het dat die kerk nie streng gaan optree nie ná ‘n verslag oor die praktyk opgestel is. Dié kwessie het die kerk veral in Europa en Noord-Amerika nadelig geraak, en ‘n omvattende ondersoek is gedoen wat in die handel en wandel as nuwe teenhervorming bekend gestaan het.  Die man aan die stuur van hierdie projek is kardinaal Salvatore Rino Fisichella wat reeds op 30 Junie 2010 as president van die Pouslike Raad vir die Bevordering van die Nuwe Evangelisasie aangestel is.

Dié kwessie, waarin die molestering op Fisichela se aandrang volledig aandag gekry het, het egter op die oog af ‘n stille dood gesterf.

Die kerk is ook onder druk oor die vereiste van selibaatskap vir priesters, oor vroue in die amp en baie lidmate, veral in Amerika en Wes-Europa, wat nie die kerk se standpunt oor die verbod op aborsies en selfs voorbehoeding deel nie.

Dit het nie gelyk of die pous die moed gehad het om hierdie kwessies aan te spreek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.