Foto’s: PTA-snelweg gesluit ná vlugtende man onder trok beland

Foto: ER24

Die N1-snelweg in Pretoria is Woensdag by die Atterbury-afrit in ʼn noordelike rigting gesluit nadat ʼn voetganger deur ʼn petroltenkwa doodgery is.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die man, in sy 30s, het oor die snelweg gehardloop toe die vragmotor hom getref het. “Hy het verskeie kritieke beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” het Jackson gesê.

Twee ander vragmotors wat agter die petroltenkwa gery het, moes uitswaai om ʼn botsing te vermy en het in die proses teen mekaar gebots. “Een van die bestuurders wat uit sy vragmotor se kajuit gesny moes word, is in ʼn stabiele toestand en is saam met die ander vragmotorbestuurder met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Albei het matige na geringe beserings opgedoen. Die bestuurder van die petroltenkwa is ongedeerd.”

ʼn Polisiebeampte op die toneel het aan Maroela Media gesê die slagoffer het glo van ʼn groep mense wat hom gejaag het weggehardloop. Die rede hiervoor word nog deur die polisie ondersoek.

Verkeer in ‘n noordelike rigting op die N1-snelweg in Pretoria, hoop op tot by die R21-wisselaar. Foto: Joe van Heerden / Twitter

Die hoofweg is vir verkeer in die gebied gesluit terwyl die ondersoek plaasvind.

Lees ook: 
Snelweg-ongeluk: Man het glo van ongelukstoneel gevlug

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SC ·

Voetgangers op snelwee n grooot! probleem en hoofwegverkeerspolisie pas nie die wet toe deur voetgangers te vervolg nie.Gevolglike hoe voetgangersterftesyfer asook motorbotsings daarmee gepaardgaande.

Melissa ·

Meer moet gedoen word om voetgangers van die Highways af weg te hou! Hulle kan nie skat hoe vining die verkeer aankom nie, dit is so gevaarlik vir almal op die pad!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.