Puk-groet: NWU-bestuur moet dringend afgedank word – HETN

'n Skermskoot uit 'n koshuisgroet-video.

‘n Skermskoot uit ‘n koshuisgroet-video.

Die Hoëronderwys-transformasienetwerk (HETN) het Sondag gesê die hele bestuur van die Noordwes-Universiteit (NWU) moet dringend afgedank word.

Dit volg ná berigte dat studente by die universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom die Nazi-saluut gebruik het.

“Ons doen ʼn beroep op die minister van hoër onderwys om dringend ʼn administrateur aan te stel om die bestuur van die universiteit oor te neem,” het Hendrick Makaneta, woordvoerder vir die HETN, in ʼn verklaring gesê.

Die HETN is, volgens sy webwerf, ʼn onafhanklike nie-winsgewende netwerk van gegradueerdes en alumni van verskeie hoëronderwys-instellings regoor Suid-Afrika wat hom beywer vir transformasie van opleiding en opvoeding.

Beeld het Vrydag berig dat sommige studente tydens ʼn ontvangs- en bekendstellingsprogram die “Sieg Heil”-saluut gebruik het. Foto’s hiervan is in die koerant gepubliseer.

“Ons is dankbaar vir die grafiese bewyse, wat aanvanklik in Beeld gepubliseer is, aangesien ons herhaaldelik al daarop aangedring het dat daar rassistiese praktyke by die Puk plaasvind,” het Makaneta gesê.

Thandi Modise, premier van Noordwes, het Saterdag gesê die provinsiale regering sal die gebeure op die kampus monitor.

‘n Hewige debat woed intussen in die media en op sosiale media oor die voorval. Klik hier om meer te lees.

Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, het Saterdag op sy Facebook-profiel geskryf: “Die saak het my geweldig ontstel, omdat ek weet hoeveel hier op die spel is. Twee uiters belangrike Afrikaanse instellings waaraan dekades gebou is, se toekoms is hier deur roekelose joernalistiek in gevaar gestel, naamlik die Puk en die Beeld. Die laaste Afrikaanse kampus, en die laaste Afrikaanse dagblad (in die Noorde). Daarmee bedoel ek die Universiteit wat nou onder minister Nzimande [minister van hoër onderwys] gaan deurloop, en die Beeld wie se redakteur hom nou van ‘n kritiese massa van sy lesers vervreem het.

“Ek lees vanaand weer hoe Totius midde in die verwoesting vd Oorlog, langs ‘n grag in Nederland nie loop en wanhoop het nie, maar geloop en beplan het om ‘n Christelike Afrikaanse Universiteit te stig. Sonder geld of goed, net met hul brute geloofs- en wilskrag. Die swaarkry en opofferings wat dit van ‘n klein Gideonsbende geverg het, is vandag onbegryplik.” Klik hier om sy volledige inskrywing te sien.
-SAPA

Lees ook:
Premier reageer op Puk-groet
Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed
Debat oor Puk-groet: ‘n G*tslag vir Afrikaans?
Puk-rektor sê oor ‘Nazi-saluut’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

robby ·

Maar in die Limpopo verdrink n kind in n put toilet maar niemand word tot verantwoording geroep nie. Dubbel standaarde? Is hier n kleur geurtjie te bespeur? Sekerlik nie.

Justi ·

Adriaan Basson moet afgedank word.

Die dam word nou onder die eend se dinges uitgeruk.

Ver Van Ryn ·

Daarsy, transformeer ons. Gee ons net meer rede om n onafhanklike Afrikaanse universiteit op die been te bring. n Instansie wat nie verantwordbaar is teenoor n sekulere regering met n agenda om ons taal en kultuur te vermoor nie.

Fanie van Heerden ·

HETN is misdaad- en terroristeorganisasie. Hoekom gee Maroelamedia aandag aan hierdie vuilgoed?

Weet jy ·

Dit is werklik nou belaglik, al hierdie goed is tradisie vandat ek kan onthou. Ek was self n Student by Pukke 25 jaar terug, my seun is nou daar as eerstejaar, dit is nou net weer een of ander iemand wat die word “skending van menseregte” iewers gehoor het en nou word als uit verband uit geruk!! my seun se woorde, Mamma die ontgroening is erg, maar dit is tradisie, en hulle maak van ons grootmense! niks is so erg dat ons dit nie kan hanteer nie!!” Hierdie is als tradisie! wat gebeur met die bestuurspan van Tuks waar die studente daar sommer “seks” op die gras het gedurende die dag??? blatante nonsense die, hopenlik kan die Ouers saam staan teen die onregmatigheid! daar is seker iemand anders die pos belowe?????

Slim Daan ·

Ja. 30 – jaar gelede was dit ” tradisie ” om NP te stem en kyk waar het dit ons gebring.

Demokraat ·

Ons bevind onsself nou maar eenvoudig in ‘n era waar selfs studentepret onder verdenking kom – nie in alle gevalle noodwendig moedswillig nie (of is dit?) maar bloot omdat verslaggewers uit voeling geraak het met trandisies wat vir jare lank aan die orde was. En nou gaan dr Blade Nzimande tekere asof Hitler se bomwerpers op pad is om Suid-Afrika plat te vee – hoe belaglik !!!

JB ·

Niemand word hier vermoor nie en daar word so n storie daarvan gemaak. As plaasmoorde met net die soort aandag kon kry!!!!!

JB ·

Geen wonder ons jeug/jongmense is so ruggraatloos nie. Hul en hul ouers kla oor alles!

Jasper ·

Nog n Universieit na sy maai. Maar net nog n manier om die beheer oor te neem . Skeinheilige gemors.

nico ·

En dit alles deur Beeld. Ek glo Beeld se redakteur is trots daarop dat hy besig is om die laaste Afrikaanse kampus te vernietig.

kraalmuur ·

Die foto is van damestudente van die Heide koshuis. Wil jy nou meer! Is dit ‘n grepie uit vanjaar se Dorelied?

So hierdie stukkie onskuldige studente-kultuur is taboe, maar die geligde Amandla-vuis wat ‘n bebloede knopkierie of panga vasklem is nie… ?

Danie ·

Is die Nazi saluut nie met die arm op 45° nie? Volgens die foto is hulle arms omtrent regop. skat dit is wat geberu is verraaiers toegelaat word.

Marius Janse van Rensburg ·

Dit is heeltemal absurd om te sê dat daar Nazisme op die PUK aangaan net oordat die mense nie saam stem met die verrigtinge wat in O&B gebeur nie. In meer as een provinsie in ons land is nagskole (inisiasieskole) nog aktief, waar daar baie mans hul lewens verloor a.g.v. ontgroeningspraktyke, maar die oë van die regering en die media is nie op daardie betrokke instansies nie gerig nie. Dit sal ‘n goeie idee wees om na die video’s te gaan kyk waaruit die foto’s vandaan kom, net om konteks te kry oor die sogenaamde “saluut”, en te sien dat dit als ‘n dansbeweging is en absoluut niks te doen het met die Nazi tradisies nie.

colin ·

Die land raak belaglik!watse deel van tradisie verstaan die mense nie?so asof daar geweld betrokke was…ek dink persoonlik die koerante is verveeld,hardloop uit stories uit en soek rede waar daar nie is nie om n storie in die koerant te plaas,dis hoekom dit so gaan in die land…omdat mense slegs uit negatiewe oogpunt na dinge kyk…ek dink dis tyd om wakker te word SA en media!fokus op beter dinge,sinelose tyd word gemors op die oppervlakigge storie!

Gerhard Kotze ·

Adriaan Basson het vandag sy weergawe van gebeure in Beeld gepubliseer. Op die oog af lyk dit na n goeie argument. vir die wat nie krities staan nie.

Ek wil nie sy hele argument disekteer nie maar hy maak o.a melding van die joernaliste by Beeld wat “geskok” was oor die saluut. Dit laat my meer en meer dink dat hierdie journaliste nie die vermoe het om emosie en logika te onderskei nie. Die joernaliste het dalk die Nazi-saluut op TV gesien en/of dit gelees in n boek. Nou projekteer hulle hierdie teken op Afrikaners. Enige iemand wat iets van die wereld verstaan sal weet dat die “Nazi-saluut” ook n ander betekenis in ander streke het. Simbole, gebare en tekens het verskillende betekenisse onder verskillende mense, volke en lande.

In die weste verwys die Nazi-saluut gewoonlik na anti-semetisme en rassisme. Dus, indien Basson en kie enige verwantskap kan vind tussen rassisme, ontgroening en die “Nazi-saluut” dan sal ek hom met graagte ondersteun.

Afriforum en Solidariteit (Flip Buys) moet besef dat Naspers net twee doelwitte het: Wins en “nuuswaardigheid’. Basson maak ook melding van hierdie “nuuswaardigheid” in sy rubriek. Daarom is Afrikaner kinders wat n “saluut” (al word die konteks nie verstaan nie) meer nuuswaardig as n “Amandla” teken iewers in n swart nedersetting. Naspers is nie die Afrikaner se maaitjie nie. Ek is bewus dat Flip Buys iewers al n goeie woordjie gehad het vir Naspers.

Pasop vir Naspers, dit is hoogtyd dat die monopolie wat Naspers op die Afrikaanse media het uitgedaag word. Hopelik kan Afriforum/Solidariteit n rol speel hierin.

Flip, dit is tyd dat Afriforum, Solidariteit en ander organisasies/bewegings/party n losse alliansie vorm. Ons weet almal vir wie Basson (en n hele paar Afriforum lede) gaan stem in die komende verkiesing.

Indien ons nie iets gaan doen om n sterk alternatief daar te stel nie, dan gaan hierdie soort van beriggewing net voortduur. Daar sal weer so “geval” geskep word en die hoofstroom Afrikaner wat maar net met sy lewe aangaan en sy “inligting” van Naspers kry sal dit vir soetkoek opeet….

Gerhard Kotze ·

Net n regstelling.

Dus, indien Basson en kie enige verwantskap kan vind tussen rassisme, ontgroening en die “Nazi-saluut”….op die kampus…. dan sal ek hom met graagte ondersteun.

Hugo Hannemann ·

Daar moet opgehou word om altyd die lelike in goed wat uit die Afrikaanse gemeenskap kom, te sien! Ek het hierdie lewendige toneel op TV gesien… dis NIE die ou Nazi saluut nie! Die arms word nie so op gehou nie, dit gaan skuins uit. As julle mooi kyk stem hierdie student se “saluut” eerder ooreen met daardie fliek van Leon Schuster… Daar’s ‘n Zoeloe op my stoep… kyk mooi!

Shirley Wassenaar ·

Al het ek geen kind in die Universiteit nie. Is ek trots Afrikaans. Ek wil net een vraag vra en dit is, het Afrikaanssprekendes geen reg nie.. Asseblief mense hou Afrikaans groot. Moenie altyd lelike dinge in iets onskuldig lees nie. Moor hulle? steel hulle? verkrag hulle? gebruik hulle ander mense se geld onwettig? toi toi hulle in die strate en in die proses veroorsaak brandstigting, beseer ander mense en vernietig geboue. Lees jy van hulle op internationale TV stasies en kry skaam om van Suid Afrika af te kom. Dit is al.

Dirk Coetzee ·

Hierdie bohaai laat jou weer eens besef dat jy soggens in ‘n vreemde land wakker word. Jy is ontuis, want jy en jou mense moet swyg om nie verbrysel te word nie. Daar’s net een uitweg – selfbeskikking. Dit is al manier waarop ons weer ons selfrespek sal kan terugkry. Hartseer, maar waar.

Pieter Weer 'n Keer ·

Hou net op om die dem koerant te koop. Kry murg in jully pypy ouens.

Marie ·

Adriaan Basson -Van die Universiteit se bestaan is dit tradisie dat studente touwys gemaak word op ‘n massiewe groot kampus… Die “Sieg Heil”- op die foto is alles behalwe Hilter moves… Mag alle Suid Afrikaansprekendes teen jou opstaan.

david ras ·

Darem vreemd–Basson sien ‘n Nazi raak in lawwe studentepret, maar swyg soos die graf oor regstellende aksie wat ‘n duidelike kopie is van Hitler se beleid teen die Joodse minderheid. Hitler was die skepper van hierdie stelsel en het o.a. vereis dat alles in Duitsland die demografie van die land moet weerspieel. Dis presies wat die ANC se transformasie beleid vandag vereis. Dieselfde beleid wat daardie jongmense in alle waarskynlikheid na emigrasie sal dwing, presies wat Hitler se aanvanklike doelwit was, totdat die oorlog uitgebreek het. Gaan lees sy Nuremberg deklarasie Basson en ruik die rose! My geskiedenis onnie het hierdie wysheid eendag kwytgeraak–die pen is wel magtiger as die sward, maar hy wat die mag van die pen misbruik, sal in die mag van die sward vaskyk !

andrea van vuren ·

Hoe dom is ons Afrikaners nie! Kan mense nie sien dat Adriaan Basson (Beeld se redakteur) nie ‘n begrip het van Afrikaner tradisie nie? Hy is geplant! Ek het al ses skryfskole by PUK bygewoon en my kinders elke aanbeveel om hul kinders daarheen te stuur vir verdere tersiêre onderrig. n
‘n Nuwe (swart) vise-kansellier is intussen aangestel om Theuns Eloff te vervang. Flip Buys, moenie ophou veg. PUK is ons laaste baken vir konserwatiewe Afrikaner vryheid. Kyk maar self wat het met UP en RAU (tans UJ) gebeur.Ontslaan Adriaan Basson, hy’s ‘n euwel in die Afrikaanse media! .

Heleen ·

As elke oud Puk wat nie saam stem met die manier hoe Adriaan Basson die Heil Puk aangeleentheid hanteer nie die Beeld “boycot” vir 2 weke – sal sy sirkulasiesyfer aansienlik laer wees! Hy sal seker dan eers agterkom hoeveel mense dink dit is swak styl en dat hy ‘n onnodige heksejag geinisieer het. Inteendeel ek dink Beeld se sirkulasiesyfer het waarskynlik gestyg met hierdie hoogs sensasionele beriggewing. Ja nee, meneer Basson lag sover al die pad….. ten koste van die NWU bestuur wat nog altyd ‘n “omgee-kultuur” by die Pukke kweek. Die Pukke is juis besig met die beplanning van hul “Big Prims-aksie” wat suiwer daarop gemik is om geld in te samel vir liefdadigheid – derduisende rande word so ingesamel en beskikbaar gestel vir behoewende studente (van alle kleurgrense). Ek het nog altyd die Beeld beskou as ‘n koerant wat redelik onpartydig is – maar hierdie het werklik ‘n wrang smaak in my mond gelaat.

Leah ·

ABSOLUUT BELAGLIK!!!!!!! Mense word doodgemaak,verkrag,aangerand,besteel en vele meer,maar hulle mors kosbare energie en tyd op iets wat absoluut niks vir die res van die samelewing beteken nie. Dis ‘n koshuisgroet,bou ‘n brug,kom oor dit.Sou dit beter gewees het as hulle eerder vieslike handseine gewys het of gebare taal gebruik het? Die kamstige raad soek iets waar daar nie iets is nie. Pateties!

Dan ·

Kan HETN, Nzimande, Makaneta, Basson et al ons verwittig wat hulle gedoen het oor die sing van die lied “kill the boer kill the farmer”? Julle Afrikaner-outjies wat nog steeds Beeld en daardie gewilde Afrikaanse Sondagkoerant lees, moet dit maar aanhou lees. Julle ogies sal nooit oopgaan nie. En die ouens wat steeds pleit vir selfbeskikking: dink julle werklik die ANC-regering sal so iets ooit toelaat? Hulle ken die Afrikaner en weet waartoe hy in staat is, waarom sal hul iets toelaat wat ‘n bedreiging vir hul magsbasis kan wees? Die kans dat die ANC en sy trawante vir die Afrikaner selfbeskikking sal gee is minder as wat die doodstraf teruggebring sal word. Selfbeskikking moes ‘n on-onderhandelbare vereiste wees tydens Codesa en moes in die Grondwet verskans word, maar die kamstige onderhandelaars van die NP het alles op ‘n skinkbord weggegee insluitend ons land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.