Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed

Beeld se voorblad op 21 Februarie 2014

Beeld se voorblad op 21 Februarie 2014

Skermskote van tweets volg onderaan die berig. Terwyl ʼn storm woed oor ʼn voorbladberig van Beeld oor ʼn studentegroet, het studente en oud-studente aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Puk-kampus in Potchefstroom hulself Vrydag op Twitter met die hutssleutels #PUKtradisies en selfs #heilPuk vermaak.

Beeld het Vrydag berig studente het tot ʼn paar weke gelede veral tydens die eerstejaarsverwelkoming ʼn studentegroet gebruik wat herinner aan die saluut van Nazi-Duitsland.

ʼn Groot debat is op sosiale media oor die berig ontketen. Klik hier om meer te lees. ‘n Klankgreep van ‘n PUKfm-radio-onderhoud volg onderaan die berig.

Intussen het studente, oud-studente en selfs onafhanklike gebruikers in ligter luim op Twitter na die debat verwys. Anzelle Robertson, die gebruiker @anzeller, het veral met woordspeling ander Twitter-gebruikers vermaak: “Ek het op die PUK geswotstika. #HeilPuk,” skryf sy. “Die PUK is ‘n afgesperde area waar jy met inspanning moet studeer en konstant aandag gee in klas… ‘n Konsentrasie Kamp. #HeilPuk,” is een van haar ander tweets. Sy skryf ook: “Die PUK gebruik daardie saluut al jare; dis ‘n wonder dat @Beeld_Nuus dit nie fuhrer opgetel het nie. #HeilPuk.”

Sien ook skermskote van ander tweets onderaan die berig.

Van die studente het hul dankbaarheid uitgespreek teenoor die Puk: “n Fotomooi studente loopbaan, gevorm deur tradisie, gekenmerk deur grootword en dankbaarheid #heilpuk #puktradisies,” skryf die gebruiker Janine Smit (‏@SmitJanine).

Die gebruiker Leon Roets (@leon_roets) skryf op sy beurt: “@Beeld_Nuus ontoereikende skoolopvoeding dalk te blameer vir @NWUPUK studente se onkunde oor die groetgebaar #geengeskiedenis #puktradisies”

Beeld het intussen ʼn rubriek van een van sy joernaliste, Piet Matipa, ‘n oud-Puk, gepubliseer. “Die koshuisstelsel het my gehelp om rigting te kry en deel te laat voel van ’n groep,” skryf Matipa. “Ek weet ek klink soos ’n TV-advertensie, maar daar is niks ergers as ’n rigtinglose ‘vry’ eerstejaar nie. Reëls en regulasies is nodig, niemand kan maak wat hulle wil nie. Ek ‘ja’ en ‘amen’ nie alles wat die Puk doen of sê nie. Stuur byvoorbeeld die Nazi-groete en die woord ‘heil’ liewer strafkamp toe.” Klik hier om die res van Matipa se artikel te lees.

Skermskote van tweets volg onderaan die klankgreep.

PUKfm het Vrydag ‘n onderhoud gevoer met prof. van Schalkwyk, die rektor van NWU-PUK, en Jimmy Pressley, SR-MEK, oor die herrie wat losgebars het:

Tweet deur die gebruiker @anzeller

Tweet deur die gebruiker @anzeller

Tweet deur die gebruiker @tinusvdh

Tweet deur die gebruiker @tinusvdh

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.