R2 miljard vir Noordwes-waterprojekte

Argieffoto

Argieffoto

Ongeveer R2 miljard is beskikbaar gestel om waterprobleme in Noordwes aan te spreek.

“Kragtens dié plan sal R300 miljoen aangewend word vir waterprojekte binne die Madibeng-munisipaliteit,” het Thandi Modise, premier van die provinsie, Sondag gesê.

Modise het inwoners van Majakaneng toegespreek wat sedert Donderdag al oor ʼn tekort aan water in die gebied betoog het. Modise sê drie boorgate sal binne die volgende paar dae gesak word om verdere watervoorsiening te verseker.

“Gewelddadige betogings en chaos sal slegs die momentum van die diensleweringsplanne ontwrig,” het sy gesê.

Sy het ook die Madibeng-munisipaliteit aangesê om ʼn klep, wat water na ʼn nabygeleë myn laat vloei het, oop te maak sodat die water na die inwoners van Majakaneng kan vloei. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eloise Saayman ·

Ek is uit my hart uit dankbaar vir die wonderlike nuus en vertrou met my hele hart dat die gemeenskap dit sal ontvang wat aan hulle belowe is…..ook sterkte aan die projek beplanners en bestuurders….ek vertrou dat daar ook binnekort goeie nuus gaan wees vir die probleme wat tans reg oor die land ervaar word, met paaie, behuising ens, en ook dat die misdaad vas gevat sal word. Ons het n lieflike land met soveel potensiaal en ons KAN AS WENNERS UITSTAP!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.