Reeva se nadoodse ondersoek afgehandel

Reeva Steenkamp

Reeva Steenkamp se nadoodse ondersoek is afgehandel en aan die owerhede oorhandig, het die SABC berig.

Die model en regstudent is vroeg Donderdagoggend in haar vriend, Oscar Pistorius, se huis doodgeskiet. Oscar is intussen van moord aangekla. Oscar se gesin het Saterdag gesê hulle is platgeslaan deur Reeva se afsterwe. “Ons familie is platgeslaan, ons is absoluut geskok – eerstens oor die tragiese afsterwe van Reeva, wie ons oor die afgelope paar maande goed leer ken het,” het Arnold Pistorius, Oscar se oom, gesê. “Ons treur oor Reeva, haar familie en haar vriende.”

Arnold het gesê die familie het gesien hoe geheg Steenkamp aan Pistorius geraak het gedurende hul tyd saam. “Hulle het planne saam gehad en Oscar was vir die eerste keer in ‘n lang tyd gelukkiger in sy privaatlewe.” Arnold sê Oscar is “lam van skok en verdriet”.

Pistorius is Donderdag in hegtenis geneem en het Vrydag in die Pretoriase landdroshof verskyn waar hy van moord met voorbedagte rade aangekla is. Hy bly in aanhouding by die Brooklyn-polisiestasie totdat hy Dinsdag amptelik om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Desire ·

Die oordeel kom ons nie toe nie. Sterkte aan beide die families.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.