Registrasiepunte in Bekkersdal gesluit weens geweld

'n Argieffoto van gewelddadige betogings in Bekkersdal. Foto: Werner Beukes/SAPA

‘n Argieffoto van gewelddadige betogings in Bekkersdal. Foto: Werner Beukes/SAPA

Sewe kiesersregistrasiepunte is Saterdag in Bekkersdal aan die Wes-Rand gesluit nadat geweld weer daar uitgebreek het.

Masego Sheburi, die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se beampte in Gauteng, sê die sewe registrasiepunte is tydelik gesluit. Sheburi sê daar is steeds vyf registrasiepunte wat oop is in die area. Hy sê geen van die OVK se beamptes is beseer nie. Die polisie het vroeër gesê die situasie in Bekkersdal is gespanne. Bekkersdal, ʼn township buite Westonaria, is die afgelope paar weke deur gewelddadige betogings getref met ontstoke inwoners wat op beter dienslewering aandring en eis dat die burgemeester bedank. Inwoners het glo vroeër gesê dat hulle nie die OVK in die gebied sal toelaat totdat Nomvula Mokonyane, premier van Gauteng, hulle om verskoning vra nie. Mokonyane het glo vroeër tydens ʼn besoek aan die gebied gesê die ANC het nie inwoners se “vuil stemme” nodig nie. Mokonyane het Vrydag in ʼn verklaring gesê: “Gegewe die huidige situasie en in die belang van vrede en stabiliteit, wil ek graag om verskoning vra aan diegene wat dalk glo of wat gedwing is om te glo dat ek so aanval op die inwoners van Bekkersdal gedoen het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

leon ·

Glo my die anc se hulle het nie hulle vuil stemme nodig nie maar hulle gaan nog anc stem. Hoe kan enige mens so dom wees. Kan mens nie iets kry om dom geit te genees nie?

Justi ·

Ja ne? Breek maar af! Ons gaan nie terug huis toe nie……………… Daar is geen maar geen medisyne vir domgeid nie……maar nog minder vir onnoselgeid. Sou ek spelfoute maak….lees maar bo-oor dit. Ek probeer, al is ek engels sprekend.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.