Rivonia-skoolhoof voor dissiplinêre verhoor gesleep

Twee leerlinge buite Laerskool Rivonia. Foto: EWN

Carol Drysdale, die hoof van Laerskool Rivonia, word Dinsdag deur die departement van onderwys voor ʼn dissiplinêre verhoor gedaag nadat sy verlede jaar ʼn swart skoolleerling op ‘n waglys geplaas het.

Drysdale, wat al meer as 30 jaar ondervinding het, het die graad 1-leerling op ʼn waglys geplaas. Die skool het beweer die ouers het te laat aansoek gedoen en dat die skool reeds vol is.

Die departement het egter ingetree en die skool beveel om die leerling in te neem. Laerskool Rivonia se beheerliggaam het die departement voor die hof gedaag ná bewerings dat die ouers van die kind politieke verbintenisse gehad het. Die hofuitspraak het beslis dat die onderwysdepartement en nié ’n skoolbeheerliggaam nie, mag besluit wat die maksimum getal leerlinge vir ’n skool mag wees. Die laerskool het teen die uitspraak appelleer en dié saak is steeds hangend.

Drysdale is gevolglik van wangedrag en ongehoorsaamheid aangekla, berig EWN. Nou word daar gevra of sy ‘n slagoffer is omdat sy teen die departement opgestaan het.

Die departement voer aan dat die saak nie persoonlik geraak het nie, maar eerder om seker te maak dat alle kinders geakkommodeer moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.