Rolprent eerste keer sedert ’94 verbied

ʼn Suid-Afrikaanse rolprent oor ʼn onderwyser wat verlief raak op een van sy studente is die eerste rolprent om verbied te word sedert 1994.

Die Sunday Times berig dat die rolprent “Of Good Report” die eerste rolprent is om nie geklassifiseer te word nie sedert die Rolprent-en-Publikasieraad se ontstaan. Volgens die berig berus die besluit op die uitbeelding van ‘n gesimuleerde seksuele daad wat ʼn “16-jarige leerling” insluit. Die leerling word deur ʼn 23-jarige aktrise gespeel. “Die bewerings van kinderpornografie getuig van onkunde, onbevoegdheid en onnoselheid,” het Jahmil XT Qubeka, regisseur van die rolprent, gesê. Prince Mlimandlela, woordvoerder van die raad, het aan die Sunday Times gesê die rolprent is verban aangesien dit inhoud bevat wat ʼn onwettige daad insluit. “Ons moet beklemtoon dat ons gewoonlik nie die regte van kykers om die inhoud te sien sal weier nie maar dit is in belang van die beskerming van die kind en ons land se wette waarvolgens kinderpornografie nie toegelaat word nie.” Die vervaardigers van die rolprent het glo appèl aangeteken teen die raad se beslissing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Flash ·

Ai ai ai. Liefde tussen ‘n sestienjarige en ‘n 23 jarige is ‘n onwettige daad en mag nie in ‘n rolprent vertoon word nie. Shame!
Maar moord, diefstal, dwelmgebruik, smokkelary, omkopery, korrupsie, lieg en bedrieg en al die ander lieflike dinge mag vertoon word. oënskynlik is dit nie onwettige dade nie?
Grapgatte!
Solank daar tog net nie seks of naaktheid vertoon word nie. Dit sal seker die hele volk korrupteer.
Waansin.

Rudi ·

Flash, verdedig jy nou regtig (gesimuleerde) kinderpornografie? Dink ‘n bietjie oor jou posisie na.

Gawie Botha ·

Goeie reklame vir die rolprent!!!,,,laat my dink aan die boek van Andre P. Brink “Kennis van die aand” wat ook verbied was,,,,,,,,en toe die verbod toegeslaan word,,,,,,,,,,,,toe by hook or by crook,het selfs ek ook die boek te koop gekry teen n mal duur prys,,,,,,,,,,,,,,,,,,Plaas n verbod op iets,,,en dan word hy verkoop en bekyk van alle kante af!

Kraalmuur ·

Kondoneer geen sekstonele in flieks nie, maar hierdie sensuur blyk eerder na ‘n swak poging om die tsunami van tienerswangerskappe te verdoesel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.