Rower-kolonel kry uiteindelik tronkstraf

boeie‘n Weermagkolonel wat 18 jaar gelede ’n gewapende rooftog by ’n polisiekantoor in die Oos-Kaap uitgevoer het, gaan nou vir die eerste keer tronkstraf daarvoor uitdien, het Beeld Woensdag berig.

’n Lasbrief is Maandag uitgereik vir die inhegtenisname van kol. Nceba Patrick Bobelo.

Sy appèl teen sy vonnis het reeds in 2001 misluk, maar die weermag en die departement van justisie kon teen Dinsdag steeds nie verduidelik waarom Bobelo tot nou toe tronkstraf vrygespring het nie. Bobelo was die bevelvoerder van die weermag se gesamentlike taktiese hoofkwartier in Mpumalanga.

In 1995 was hy een van vier verdagtes wat skuldig bevind is aan die rooftog by die Ntabethemba-polisiekantoor in die Oos-Kaap, waartydens twee polisiebeamptes aangeval en verskeie vuurwapens geroof is. Die vier is almal tot 12 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan drie jaar voorwaardelik opgeskort is.

Een van die vier beskuldigdes was in 2001 suksesvol met sy appèl. Bobelo en die ander twee moes dadelik hul tronkstraf begin uitdien het, maar Bobela het dit tot dusver ontduik en hy het in die volgende 12 jaar tot die rang van kolonel gevorder.

Eers sowat twee maande nadat die dagblad berig het oor Bobelo se betrokkenheid by die rooftog, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Oos-Kaap ʼn navraag van die weermag ontvang om uit te vind waarom Bobelo geen tronkstraf uitgedien het nie. Die lasbrief vir sy inhegtenisname is gevolglik uitgereik.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eben ·

Hy het op iemand se tone getrap in die weermag nou is hy gesplit … gie gie gie …… Kry vir jou ‘kolonel’

Gawie Botha ·

,,,,,,,,,ek vertrou dat ondersoek ook ingestel sal word,waarom die “Rower” so vinnig bevordering in die weermag ontvang het,,deur net vas te stel of sy persoonlikke leer enige negatiewe inskrywings het,en indien nie ,,Wie,wat wanneer en waarom!
Ek dink die beul het geblaas in die weermag om almal se leers te ondersoek!

Erich Goosen ·

Volgens RSG het die 2 hoogere offisiere ge-awol. Hoop nie hulle het asiel in Nkandla gaan soek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.