ʼn Man is Maandagaand ontvoer en sy gesin beroof op hul plot Swartkop in Muldersdrift.
Volgens kaptein Mosotho Phaahla, ʼn polisiewoordvoerder, was die man besig om uit sy voertuig te klim ná ʼn aandjie uit saam met sy gesin toe hy omstreeks 23:00 deur vier gewapende mans oorval is.
Hulle het hom in die huis in forseer en op geld aangedring. “Die gewapende mans het R4 000, twee Blackberry-selfone, ʼn skootrekenaar en ʼn iPhone gesteel,” het Phaahla gesê.
Die rowers het die man terug in sy voertuig in gedwing en met hom weggejaag. “Die rowers het die man se voertuig naby Diepsloot verlate gelos, nadat hulle hom in ʼn ander voertuig ingelaai en weggejaag het,” het Phaahla gesê.
Die verdagtes het die man later in Midrand vrygelaat, waar hy om hulp by ʼn polisiestasie gaan aanklop het.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die rowers het die man se bankkaart gebruik om alkohol mee te koop. Die ondersoek duur voort.
Muldersdrift moet tot rampgbied verklaar word. Dit is een van die gevaarlikste plekke in die wereld. Die SAPD moet eenvoudig die een na die ander operasie daar en in diepsloot loots en daar moet gereeld padblokades opgestel word. Bittemin hiervan gebeur en die polisie in Muldersdrift is oorlaai.