SA keur $100 miljoen-reddingsplan goed vir Zimbabwe

Robert Mugabe

Suid-Afrika se kabinet het ‘n lening van $100 miljoen (ongeveer R900 miljoen) aan Zimbabwe goedgekeur.

“Zimbabwe het ‘n beroep gedoen op hulp van die buiteland af om sy presidensiële en parlementêre verkiesings later dié jaar te befonds,” het Tendai Biti, Zimbabwiese minister van finansies, gesê. “Die tesourie het nie die kapasiteit om die verkiesing te finansier nie.” Volgens Biti benodig die land $132 miljoen vir die verkiesing wat pres. Robert Mugabe se party graag in Junie-maand wil hou.

Biti sê buiten die versoek wat Zimbabwe aan die VN vir finansies gerig het, het die regering ook sy bure, Suid-Afrika en Angola, genader. Suid-Afrika se kabinet het die lening vir begrotingsondersteuning in September 2012 goedgekeur.

Biti erken dat “alles nie goed gaan” met Zimbabwe se ekonomie nie. Dié land se inflasie het in ‘n stadium 231 miljoen persent bereik. Alhoewel die ekonomie tans teen ‘n koers van 5% per jaar groei, bly die staatskas in wanorde gedompel.

Die regering het in Maart $241 miljoen inkomste ontvang teenoor die doelwit van $301 miljoen. Uitvoere sedert Januarie staan op $689 miljoen, terwyl invoere oor dieselfde tydperk $1.7 miljard was. “Ons is reeds onder druk. Ons versmoor nog voordat ons die 2013-verkiesing ingesluit het.” Biti sê die regering het in Januarie en Februarie geen inkomste uit diamantmyne ontvang nie, en slegs $5 miljoen in Maart teen ‘n doelwit van $15 miljoen. “As die diamantbedryf eerlik was, sou ons nie nou geld van enigiemand hoef te gevra het nie.”

Eerste Minister Morgan Tsvangirai se party beskuldig egter Mugabe se ZANU-PF dat hulle die diamantinkomste vir hulself hou.

Zimbabwe sal na verwagting die verkiesing hou sodra die magsdeling-regering tussen Mugabe en Tsvangirai, wat vier jaar gelede ingestel is, verstryk.

‘n Datum vir die verkiesing is nog nie vasgestel nie. Mugabe wil die verkiesing voor 29 Junie hou, maar Tsvangirai wil die verkiesing later in die jaar hou om ‘n regverdige stembus te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

sandy van litsenborgh ·

Dit is n skande terwyl mense in SA swaarkry wide gee hulle die reg om publiek she held so the gebruik ?????

gelden ·

darem nie te veel vir die ou land wat so baie beteken vir ons nie

Helena ·

Wat de moer? En hoe beplan hulle nogal om die geld terug te kry???

amanda ·

Wtf!!! We have millions homeless and jobless, a president with a estate of R280+ Mill!! We have to pay Toll to have roads! Hospitals and schools in a state and they give that money to Zim!? Are the nuts!!”????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.