1 200 poste in gedrang indien staal-aanleg sluit

Arcelormittal se aanleg in Vereeniging Foto: arcelormittalsa.com

Arcelormittal se aanleg in Vereeniging Foto: arcelormittalsa.com

Die land se grootste staalprodusent, ArcelorMittal, het Donderdag aangekondig dat hy oorweeg om sy Vereeniging-werke te sluit.

“Volgens bestuur sal die sluiting van die Vereeniging-staalwalsery nagenoeg 1 200 werknemers, insluitend kontrakteurs, affekteer,” het Marius Croucamp, hoof van die Kommunikasiebedryf by Solidariteit gesê. “Alhoewel die vakbond nog geen kennisgewing ontvang het nie, neem die vakbond reeds aktief deel aan konsultasiegesprekke met die staalprodusent.”

Volgens Croucamp sal die vakbond alles in sy vermoë sal doen om die impak van die moontlike afleggings op sy lede tot die minimum te beperk. Die vakbond hou vol dat werksekuriteit ten alle koste beskerm moet word. Solidariteit sal binnekort met die werkgewer vergader om alternatiewe tot afleggings te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

elizma ·

Nou verstaan ek nie mooi nie. Volgens bronne het Solidariteit n verhoging van 6% vir die werker aanvaar, wat vasgestel us vir die volgende 2 jaar. sonder dat Cosatu daaroor ingelig is en die moontlike sluiting van die Vereeniging Mittal spruit uit

Peet Schabort ·

Ek glo dis nou wat aan die gebeur is wanneer die regering op ‘n kortsigtige manier nie die belange van sy plaaslike besighede beskerm maar eerder toespits op invoere. Die boemerang gaan een of ander tyd iemand in die bek slaan.

Pieter dp ·

Ja soos jy sé. Stel die regering geensins belang on die inwooners van die land nie. Net wat hul kan mask uit elke produk wat die land in kom. Soos is ons kos voorsiening en ander nywerhede onder druk van die gesipsiedieheerde markte van ander lande. Nou moet ons die knie byg en tot niet gaan.

neelsie ·

Die swakste regering in die wereld. Wil net China tevrede stel , gee nie n bloue duit om vir hulle eie mense nie . Tog gaan dieselfde mense weer Anc stem.!!
Fabriek wat eens 24000 wernemers gehad het ,(in goeie ou dae) is nou tot niet.
Vaaldriehoek word erg benadeel.

J.Z ·

N mens verstaan dat seker mense ANC stem ,maar wittes wat iets tussen die ore het meelopers van die ANC is,kan ek nie verstaan nie.of glo hulle om ook n Nkandlatjie te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.