2 dood, talle beseer ná petrolbom-aanval op bus

Die uitgebrande bus. Foto: ANA

Die uitgebrande bus. Foto: ANA

Die polisie in die Wes-Kaap ondersoek twee sake van moord nadat ‘n dubbeldekkerbus Dinsdagaand in die Strand met ‘n petrolbom bestook is.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê talle sake van poging tot moord word ook ondersoek. “Volgens berigte het die bus in Onverwachtstraat gery toe dit met petrolbomme bestook is. Twee mense is dood en minstens 11 mense beseer.”

Rwexana het gesê die omstandighede rondom die voorval word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het in ‘n verklaring gesê twee mans is in die aanval dood en minstens 32 passasiers is beseer.

JP Smith, burgermeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gesê twee brandweerwaens en ‘n reddingsvoertuig is ontbied om die brand te blus wat deur die petrolbomme veroorsaak is. Volgens hom het die stad se nooddienste vier mense behandel vir ernstige brandwonde voordat hulle na ‘n hospitaal vervoer is.

Smith het gesê talle ander passasiers wat bo in die bus gesit het, ontvang behandeling vir brandwonde in verskeie hospitale. “Dit is malligheid. Dit is net te aaklig. Dit was ‘n langafstandbus en êrens is ‘n ma of dogter of suster wat wag vir die twee mans wat doodgebrand het.”

InterCape het ‘n kort verklaring uitgereik ná die aanval en bevestig dat een van sy busse met petrolbomme aangeval is in die Strand. “Die voorval word ondersoek en die motief vir die afskuwelike aanval is nog nie duidelik nie. Ons gedagtes en gebede is met diegene wat deur die skokkende voorval geraak word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Gawie ·

En word ‘n saak van terrorisme ondersoek? Hoekom net moord en poging tot moord?

Peet Schabort ·

Terrorisme as deel van ‘n onregeerbare land veroorsaak deur wanbestuur.

alida ·

Genade tog wat is volgende. Intercape is ‘n vervoermiddel vir mense wat nie lugvervoer kan bekostig nie. Wat sou die motief agter dit wees? Ek ry nooit weer met enige van daardie busse nie. Dit is barbaars en afskuwelik!!!

TSHEPO ·

Baie sleg wat gebuer het hoop regtig die skildiges word gevang

Adri ·

Wanneer gaan die regering erken dat die land onregeerbaar is en dat hier ‘n oorlog woed? Of moet die uitbreidings aan Nkandla eers afgehandel word?

petro ·

Suid-Afrika en sy regering is gewaarsku teen IS en ander terrorisme organisasies. Maar nee – Ons President en sy kabinet heul mos met die vyande. Ek is nie geskok oor wat gebeur het nie.

Drieks ·

Zuma, terwyl jy die buite wèreld aanval oor bomme in Libiè ensv… val jou burgers mekaar aan met bomme, wapens en op die wreedste maniere. So jy erken ons beleef ñ burger oorlog..

pop ·

Die Kaap is te stil wat aanbetref stakings vir dieslewering. Ek dink dis terrorisme van ander provinsies om die Kaap ook sleg te laat lyk. Strand polisie is van die beste wat daar nog is, so hopenlik vang hulle iemand. Sterkte aan die mense daar

CHRISTA ·

Ek stem saam met jou. Ek dink dis ANC ondersteuners wat die Wes-Kaap onregeerbaar probeer maak (soos die res van die land waar die ANC regeer)!!

alida ·

Wat is snaaks? Rome brand en Zuma skitter in sy afwesigheid !!! Hy was gou om die Polisie moorde aan te spreek maar NIKS oor die plaasmoorde nie. Patetiese drommel wat ‘n verleentheid is vir ons land.

alida ·

Wat is snaaks? Rome brand en Zuma skitter in sy afwesigheid !!! Hy was gou om die Polisie moorde aan te spreek maar NIKS oor die plaasmoorde nie. Patetiese drommel wat ‘n verleentheid is vir ons land.

fiki ·

kan dit nie ‘n proeflopie wees vir die aanvals waarskuwing van amerikaanse teikens nie. die mense is slegter as sleg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.