20 sterf by inisiasieskole in Oos-Kaap

Argieffoto (Foto: Dingeman, Wikimedia Commons)

Ten minste 20 seuns in die Oos-Kaap is dood en 141 in hospitale opgeneem nadat hulle by inisiasieskole in die provinsie was.

Sizwe Kupelo, woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, het Woensdag gesê 20 is die dodetal wat tot dusver bevestig is. “Ons sal tydelike hospitale oprig om die druk op die provinsiale hospitale te verlig, want hulle is tans onder druk,” het hy gesê.

Die seuns wat in die hospitale opgeneem is, word vir verskeie gesondheidsprobleme behandel, onder meer verkluiming, ontwatering, verrotting en septiese wonde aan hul geslagsdele. Verskeie seuns moes ook vir beserings behandel word nadat hulle herhaaldelik geslaan is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

humor ·

Wie kan nou onse president kwalik neem. Kyk dan nou al die pret van vroeere jare. Sal goed wees as hyself ook aan al hierdie pretigheid wil deel.

Gertjie ·

Kom dit nie op moord af nie. Daar is lewens geneem oor onbevoegdheid, dwaasheid en onverskildigheid. Mag jy maar in jou tradisionele en inisiasieskole ‘n lewe neem sonder om aangekla te word, is dit dan nou gewettig?

Paul ·

Moenie te veel vrae vra nie, hulle is net besig om hulself te geniet soos no 1 dit gestel het. Hoekom nou met westerse begrippe van moord en howe en sulke banale dinge die vrede en genot versteur. As ‘n paar van die groot moeilikmakers maar net onder die 20 kon tel in hulle tijd kon selfs ons nou meer pret en plesier (en veiligheid) geniet het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.