Bela Bela-juffrou sterf ná mesaanval

Lindie Bosch-Jansen (Foto: Facebook)

Lindie Bosch-Jansen (Foto: Facebook)

ʼn Verdagte sal na verwagting binnekort in die hof verskyn in verband met die moord op Lindie Bosch-Jansen (35), ʼn juffrou van Jinnah Park Primary School in Bela Bela, Limpopo.

“Die slagoffer was die aand by ʼn funksie by die skool en het omstreeks 00:00 saam met haar kinders teruggekeer na haar motor,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, Sondag aan Maroela Media gesê. “ʼn Verdagte het uit die bos gestorm gekom en haar in haar sy gesteek.”

Volgens Otto is daar lemmetjiesdraad om die skool opgerig. Die verdagte het hierdeur ontsnap. Die polisie het later gesteelde goedere en haar handsak gevind.

“Die verdagte het, terwyl hy probeer vlug het, omstreeks 01:00 op die dak van die huis van ʼn polisiebeampte, ʼn adjudant-offisier, beland. Die polisiebeampte het sy kollegas ontbied en die man is in hegtenis geneem,” het Otto bygevoeg. Die verdagte is vermoedelik in sy laat 20’s of vroeë 30’s.

“Jansen is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar.”

Howard Holtzhausen, Jansen se vriend, het op Facebook geskryf: “My liefie. Ons gaan jou baie baie mis. Dankie dat die liewe Vader jou vir ons vir so ʼn klein tydjie geleen het. Jy was my alles. Ek sal jou altyd liefhê. Tot ek jou weer sien. Love you lots.”

Simpatie stroom in op sosiale media. ʼn Facebook-gebruiker het op Laerskool Vaalwater, waar Jansen vroeër skoolgehou het, se blad geskryf: “Sy’t verseker diep spore getrap in die kinders se hartjies en die ouers sʼn in die tyd wat sy hier skool gegee het. Juffrou Lindie, jy sal verseker gemis word.”

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Yvonne ·

Ek lees so pas van twee getroude paartjies wat in Jhb in n park aangeval is en waar die dames deur ‘n bende van 12 verkrag is terwyl hul vasgebinde mans moes toekyk en hoe die mans daarna, steeds vasgebind in die dam grgooi is en ten aanskoue van hulle vroue verdrink het….EN NOU DIT!! Toooo much!!!

annir ·

Genoeg us genoeg Zuma wat gaan jy doen om ons the beskerm of moet ons self begin in tree jou keuse

annie ·

Genoeg is genoeg wat gaan jy doen on ons the beskerm Zuma of moet ons die gereg in ons wie handed neem

rita snyman ·

mens kan nie glo wat jy lees nie ons land sit op n’ bom wa tgaan ontplof

danie ·

Ek persoonlik dink, die media moet begin om oordeelkundig te wees ten opsigte die plasing van artikels. Hulle is die groot oorsaak van haat spraak aanhutsing. En ek verwar nie joernalisme met kapitalisme nie. Ek is seker daar is positiewe dinge wat ook in die land gebeur.

Kobie Nel ·

Noem die positiewe dinge asb. Jy sê “ek is seker” en nie “ek weet” nie, so dink ‘n bietjie vir ‘n slag. Klink darem jy het iewers in jou agterkop so effense idee dat jy dalk net nie so lekker by is nie.

Luise van Eeden ·

Al gebeur daar positiewe dinge kanseleer dit nou nie die laeskaal oorlog wat teen blankes aan die gang is nie.

Benita Theron ·

Persoonlik verkies ek om oop ogies deur die lewe te gaan. Feite is feite. Dis van dinge ‘toe smeer’ dat ons land sit waar hy sit!

Kevin ·

Die media is alreeds te “oordeelkundig” – anders sou jou van 49 moorde per dag kon lees. Blameer eerder die ware haatsprakers – die regering, die werkers unies, die kommunistiese partye – en hulle resultate……haat-moorde op die blanke nasies.

Jaqqui ·

Ignoreer gerus die waarheid en fokus op die positiewe… tot dit met jou familie gebeur.

Tant Stienie ·

Danie ek is seker daar gebeur baie positiewe dinge in hierdie pragtige land van ons. Dit is nie die Media se skuld dat die negatiewe dinge die positiewe dinge oorskadu nie. Dit is beter om te weet van hierdie dinge wat besig is om te gebeur as om soos ‘n volstruis met jou kop in die sand te staan en te hoop as jy dit nie hoor of sien nie sal dit weggaan! Glo my, dit sal nie weggaan nie. Nie solank as wat die huidige regering dit toelaat nie! My opinie.

Francois de Lange ·

Hi ek is medekolega van Lindi Jansen. Sy was nie onderwyseres by Laerskool Warmbad nie…maar wel Jinnah Park Primary School. Sy was n great juffrou en ma. Sy was altyd positief en n “go getter”. Ons gaan haar baie mis by skool. Sy was n inspirasie vir my en my vrou. Sy was goeie vriendin en iemand op wie jy kan staat maak. My hart is seer. Gaan haar mis. Rus in vrede Lindi

Groete.
Francois J de Lange

Sune van Heerden ·

Dagsê Francois

Ons innige meegevoel met julle verlies. Baie dankie dat jy dit aan ons uitgewys het, ons wysig dadelik die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Eliza-beth ·

Francois – ek hoop jy kan dan namens alle Maroelalesers ons innige meegevoel aan die naastbestaandes van die oorledene gee. Dis tragies, skokkend en onnodig en ons almal wens hul almal sterkte en vrede toe. Dit gaan moeilik wees, maar ons dink almal aan hulle.

danie ·

In die land van die blindes is die ou met die een oog konning ( my opinie)

Kobie Nel ·

Dankie vir die regstel, en sterkte, ook vir almal na aan haar.

jansen ·

Ja en ons het vandag hier naby ons n plaas aan val gehaat .Amersfoort

Winston ·

Alle plaas aanvalle word nie geplaas nie Jansen. Indien dit sou gedoen word was Maroela oorval en toegegooi daarvan en dalk al gesnoer ook nog. Die omvang van aanvalle word nog nie mooi besef nie. Ons sit op n tydbom en nou moet die media ook nog onder beheer kom

willie ·

Danie, het jy al iemand so aan die dood afgestaan? Hoeveel mense moet nog op so n wrede manier sterf, voor die mense se oe oopgaan? Klein hondjies en katjies se oe gaan na agt dae oop! Party mense s’n gaan nooit oop nie! Ek stem saam dat die Gelofte weer herhaal sal moet word! Dis tyd dat ons volk weer moet opstaan uit hierdie Ballingskap wat oor ons heers! Ons mense moet terugkeer na n Lewende God! Hy alleen sal Red, maar beslis nie as ons met ons koppe soos volstruise in die sand staan nie!

rika ferreira ·

Dankie Maroela Media vir die
rubrieke. Dit is vars anders om op
hoogte gehou te word van wat
werklik in ons land aangaan. Die lief en leed van ons eie mense is vir ons belangriker as een of ander bekende of selfs van mense in ander lande. Sommige ander koerante kan gerus julle voetspore volg en nuus wat regtig saak maak publiseer.

Louise Brooks ·

Doodstraf het gewerk en misdaad was toe so beheer…….. tronkstraf vandag is ‘n vulletjie…. en kos ons almal baie geld!

tanyacoetzer ·

Dit is werklik tragies. My innige meegevoel aan haar familie en vriende. Die artikel sê dat haar kinders tydens die aanval by haar was? Hulle moet vreeslik getraumatiseer wees. Mag Jesus hulle styf teen sy bors vashou in hierdie ongelooflike moeilike tyd.

Petro ·

Zuma gaan ons nie beskerm nie en hy wil ook nie hy kruip weg in sy Nkandla huis.Ons as mense gaan vir onsself moet steun zuma gee nie eers om vir sy eie mense nie

Kwagga ·

Ek is nou skoon stom geslaan. Ook met die storie van die dam. Wat sê mens? Ek is nie eens kwaad nie. Net geskok en ja, wat de hel is fout met Suid Afrika?

Peet J ·

Die Afrikaner besef natuurlik dat hy nou sedert die oorgawe deel uitmaak van die burgerstaat (die reënboog nasie ) wat voor en na 1994 met betrekking tot swart oorheersing, betogings, stakings en geweld gekenmerk is.
Die swart meerderheid voel steeds bedreig deur die wittes en dit kan moontlik gekoppel word aan die hoë misdaadsyfer onder die wit Afrikaners.
Die opnames van misdaad, wat geloofwaardig beskou kan word het toegeneem en die Afrikaner wat gesteld is op sy voortbestaan, geloof, identiteit, nageslagte m.a.w. die beginsels van Afrikanerskap sal dringend moet besluit of hy die burgerstaat wil verruil vir sy eie grondgebied waarop hy geregtig is.

Johannes Meintjes ·

Hou ons woonbuurte skoon! Huur maar ‘n motorwag of versoek ‘n GPF sektor motor vir kerk en skool persele waar daar funksies is. Plaas druk op die regering. Neem beheer van belastingeld. Ontwikkel en verfyn ge-integreerde buurtwagstelsels en benut terrein kameras.

E.K. ·

Johannes Meintjies ek stem saam, ons moet maar paraat begin lewe want kla help nie. Of ons kan in vrees en bewing sit en wag. As die regering ons nie help nie, moet ons maar self inspring – ‘n boer maak ‘n plan. Ja, ek weet, ons betaal belasting om al die dinge aan te spreek, maar dit word nie gedoen nie, so, intussen kan ons nie net terugsit en kla nie want dit help eenvoudig nie. Mens moet maar eenvoudig uitspring om mensself en die om jou te probeer beskerm. Ons moet die kriminele begin wys ons staan nou op en gaan dit NIE net vat nie.

Peet J ·

Johannes Meintjes asgevolg van jou kommentaar antwoord asseblief die volgende vrae:-
Wie is veronderstel om die woonbuurte skoon te hou en watse praktyke moet ingestel word.
Is die motorwag nou veronderstel om op te tree as ‘n sekuriteitsbeampte.
Wie moet druk op die regering plaas en op grond waarvan.
Wie moet die belasting geld beheer wat terug gehou word.
Wie moet die kamaras verskaf installeer en monitor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.