Betogers maak amok in PE

Die polisie hou die situasie dop. Foto: SAPD

Die polisie hou die situasie dop. Foto: SAPD

Verskeie strate in ʼn spogwoonbuurt in Port Elizabeth in die Oos-Kaap is afgesper nadat betogers van ʼn informele nedersetting Donderdag vir die tweede agtereenvolgende dag die strate ingevaar het oor dienslewering.

Die Oos-Kaapse polisie het Donderdag in ʼn verklaring gesê die polisie is al sedert 05:45 in die gebied om die situasie te monitor nadat betogers begin amok maak het.

“Verskeie groepe betogers het van vroeg af in verskeie gebiede van Walmer bymekaargekom en verkeersvloei belemmer deur paaie met bande wat aan die brand gesteek is, te versper,” het die polisie gesê. “Volgens verslae is twee private voertuie deur betogers beskadig en hulle het ook klippe na verbygaande voertuie gegooi.”

Lede van die openbareorde-polisie, die polisie se taktiesereaksie-eenheid en Walmer-polisie het reageer en ʼn 36-jarige verdagte weens openbare geweld in hegtenis geneem.

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Groep van nagenoeg 500 ontstoke betogers het kort daarna voor die polisiestasie in Mainweg begin saamdrom en daarop aangedring dat die man vrygelaat word.

Die polisie moes skokgranate en rubberkoeëls gebruik om die skare uiteen te dryf nadat hulle begin dreig het om die polisiestasie af te brand.

Teen sowat 11:15 was die situasie steeds gespanne, maar die groep uiteengedryf en deur die polisie terug begelei na die informele nedersetting. Verskeie sakeondernemings het weens die onluste hul deure gesluit.

Die man wat in hegtenis geneem is, sal na verwagting Donderdag nog in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.

“Daar word vermoed dat die gemeenskap betoog oor onopgeloste diensleweringskwessies tussen die inwoners en die Nelson Mandela-metro. Beamptes van die metro moet nog die inwoners toespreek,” lui die verklaring. Die inwoners dring onder meer aan op Hop-huise in die gebied.

Die betogers is gewaarsku: Hoewel hulle die reg het om te betoog, moet hulle dit wetlik doen en mense wat nie aan die betoging deelneem nie, se regte respekteer deur nie gewelddadig op te tree en ander mense se eiendom te beskadig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pieter dp ·

Dis als wat ons voor die deur kan plaas van die regering van die dag. Eersten was ons grense oop ge gooi en miljoune Africa bewooners het van heiden en vèr ge kom na die land van melk en hening. Nou sit n groot meerderhuid van ons eie land sonder werk wat op ge slirp is deur die oor grens bewooners. Wat verder ge beer is swak dien lewering deur weer eens die ANC regering. Die Plaaslike inwooners het nie werk dis het hul meer as genieg tyd vir al die onliste. Dis sal ons ANC moet begin noue op rol en hul werk doen van die President tot die straat vee er.

CHRISTA ·

Die ANC het hulle so geleer!! Geweld, Geweld, Geweld!! Nie eers Nelson Mandela wou geweld afkeur nie! Dis AL voorwaarde wat ou krokodil (P W Botha) aan hom gestel het voordat hy vrygelaat sou word, maar hy het geweier!! Moenie dat die geweld en chaos in ons land julle verbaas nie. Die ANC het mos gesê hulle gaan ons land onregeerbaar maak!! Nou is dit ook in hulle nageslag se gene!! Wat jy saai, sal jy maak!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.