WAARSKUWING: Foto’s in die berig kan sensitiewe lesers ontstel.
JONGSTE: Katelint het Woensdag aan haar beserings beswyk. Klik hier om meer te lees.
ʼn Babaseuntjie en sy agtjarige sussie veg om hul lewe in ʼn Limpopo-hospitaal nadat hulle ernstige brandwonde opgedoen het toe hul huis in ʼn brand verwoes is.
Jayden (1) en Katelint (8) da Costa is albei ernstig beseer toe hul ouerhuis in Ellisras deur vlamme verswelg is. Sibreena, Jayden en Katelint se ma, het aan Maroela Media gesê haar kinders is albei tans in ʼn ernstige toestand in die waakeenheid van die Makweng-hospitaal in Polokwane.
“Dit gaan glad nie goed met Katelint nie. Die dokter het vir my gesê haar toestand is absoluut kritiek. Sy kan nie self asemhaal nie en haar niere gee ook probleme. Dit gaan nie goed nie,” het Sibreena gesê. Jayden se toestand is meer stabiel as Katelint s’n omdat hy minder brandwonde opgedoen het. Albei kinders word egter onder verdowing gehou.
Sibreena het gesê sy het die aand omstreeks 22:00 wakkergeskrik en gesien die kamer was aan die brand. “My verloofde, Johan, het ʼn venster gebreek en in die proses by die venster uitgeval. Ek het my driejarige seuntjie, Douw, wat na aan die deur was, gegryp en by die kamer uitgegooi, net om hom uit die vlamme te kry. Toe ek omdraai was die hele kamer in vlamme gehul. Ek kan dit nie vir jou beskryf nie. Die vuur het soos blits oor alles versprei.”
Sibreena se haar pa, José, het in die vlamme ingehardloop en Jayden gegryp en vir haar by die deur aangegee. Hy het daarna teruggehardloop om vir Katelint te kry en het met haar uit die brandende huis gehardloop. “Jayden se gesiggie en handjies het erg gebrand en Katelint is van kop tot tone gebrand,” het Sibreena gesê.
Sibreena het met haar kinders hospitaal toe gejaag en Johan en José is later met ʼn ambulans hospitaal toe geneem. Johan het brandwonde aan sy nek, arms en hande opgedoen, terwyl José se voete erg gebrand het. Albei word in die brandeenheid van die Makweng-hospitaal behandel.
“Ons het nie ʼn mediese fonds nie, so almal is later van die Mediclinic-hospitaal na die Makweng-hospitaal oorgeplaas,” het Sibreena gesê.
Die familie het ʼn trustfonds gestig om met die kinders se mediese onkoste te help. “Ek weet nie hoe lank hulle nog in die hospitaal sal moet bly of watter terapie hulle dalk later sal nodig hê nie,” het Sibreena gesê. “Dit is klaar ʼn wonderwerk dat my kinders leef. As dit nie vir my pa was nie, sou hulle nie meer by my gewees het nie. My pa het hul lewens gered.”
Dis baie erg…my hart gaan uit aan die kinders
Dankie vir daai oupa wat sy kleinkinders gered het jys n held. Hoop oom herstel tenvolle. En aan daai 2 pragtige kinderstjies baie sterkte aan julle 2 hoop julle herstel sommer spoedig. Jammer dat die 2 bloeiseltjies deur sulke nare pyne moet gaan, dit breek my hart. Sterkte aan mamma en naasbestaandes
Julia Gerrits, as jy moeite doen om die regte feite te kry voor jy sulke ongevraagde kommentaar los, sal jy weet hulle help wel. Bid eerder vir die gesin dan gebruik jy jou tyd meer konstruktief.
Ek het op FB gesien Hulle is betrokke by die kinders se ouers met ondersteuning.
Ons bid vir die gesin en familie. Asb as daar enige hulp benodig word ons sal versoeke uitstuur en help kontak ons met graagte
Ons bid vir die gesin en familie.
Ag Liewe Here hu U Hand oor di kindertjies siestog dis verskriklik. Alle sterkte aan elke een van jule jule is in oz gebede.
Hulle was van die eerstes wat gehelp het en steeds doen. Pasop vir misinformasie aanvaar sonder feite self nagaan.
Ons kan maar net bid….Gebed is KRAG!!!
Liewe Jesus asb hou hulle styf vas. Laat hulle weet U is by hulle. Sterkte aan die familie
In Jesus Christus Naam Amen! Sterkte aan die familie.
Yip, stem saam. As jy maar net geweet het wat die gesiggie fonds al gekoop het en hoe mense letterlik saam met die mamma sit by die hospitaal, sal jy n ander opinie he
Hou vas aan gebed.jul dogter is baie sterker.jul seun is ook n fighter
Baie sterkte, ek bid vir julle!
Alle voorspoed vir julle almal, hoop, vertrou en bid net, die Here is saam met julle almal. Sterkte.
ai sterkte aan die gesin. dis baie hartroerend hoe die arme kindertjies lyk. shame, en na al die trauma om hul lewens weer op te tel en weer soos normaal probeer lewe gaan ‘n baie harde stryd wees. eks baie trots op oupa wat die kinders se lewens gered het. Prys die Here met die beskerming van die gesin.
Ai het nie woorde nie net trane in my oe en seer in my hart…….Mag God jul die krag gee om hierdeur te kom, en dat die kinders en die res van familie gou sal herstel…… En mamma Sibreena mag jy krag kry om almal deur te dra en te kan help.. ek weet daar wag n moeilike pad vir jou voorentoe, mag God jou help en bystaan….. Bid vir jou en jou familie……
Menslik gesproke verstaan ons nie die hartseer nie, maar wat ek wel weet is dat God baie lief is vir kindertjies. Hy sal hulle met sy Liefdevolle Hande toevou en Genadig wees. Baie sterkte en weet baie mense bid vir julle en voel dit saam met julle
Kan jul dalk vir my die besonderhede van die Trust Fonds stuur asb?
Waar kan ons ‘n bydrae lewer??? Kan iemand asb vir my bankbesonderhede forward???
Bydraes kan gemaak word by: Capitec Bank. Spaar rekening. Rek. 1401008176. Tak no. 470010. Verwysing Kaitlint. Bewys van betaling mail na [email protected]
Baie dankie Sonja!
Baie sterkte aan die familie – mag God julle dra in hierdie vreeslike moeilike tyd. Ek bid uit my hart vir julle. Gebed is kragtig…….
gee elke kleinding n stywe druki sodra jul kan. ons bid v hulle elke dag.
My hart gaan uit na die familie toe met baie liefde… Ons dra julle in ons gebede.
hoop dit gaan beter,sterkte vir die familie
Die dogtertjie het dit ongelukkig nie gemaak nie. Sy is gister middag terug in Pappa Jesus se arms.
Dit is baie tragies wys net weer mens se lewe kan in ‘n oogwink verander ek dra hierdie mense in gebed… Ai