Dawie Roodt in waakeenheid na rooftog

Dawie Roodt. Foto: Efficient Group

Dawie Roodt. Foto: Efficient Group

Dawie Roodt (54), hoofekonoom van die Efficient Group en bekende TV-aanbieder, word in die waakeenheid van die Pretoria-Oos-hospitaal behandel nadat hy Donderdagaand deur gewapende rowers oorval en aangerand is.

Francois Stofberg, Roodt se kollega, het aan Maroela Media gesê vier rowers het glo omstreeks 20:00 Roodt se dogter by hul huis in die ooste van Pretoria ingewag en haar oorval.

“Soos ons verstaan het hulle haar gebruik om in die huis in te kom, waarna hulle haar, Dawie en sy vrou vasgebind het. Ek weet nie waar die [tweejarige] tweelingbabas in daardie stadium was nie,” het Stofberg gesê.

Hy het gesê Roodt het glo twee van die rowers na buite gelok deur te sê hy het geld in sy motor. Hy kon ook daarin slaag om homself los te wikkel. Roodt en die twee rowers het buite gestruwel. “Dawie het baklei en geskree en die rowers het hom met ʼn mes aangeval. Hy het beserings agter sy kop opgedoen en hy het ʼn erge meswond aan sy bo-arm opgedoen. Senuwees en ligamente is beskadig,” het Stofberg bygevoeg.

Die ander twee rowers het uitgehardloop toe hulle die struweling hoor en al vier rowers het gevlug. Volgens Stofberg is hy nie seker of Roodt se dogter en vrou beseer is nie, maar hy vermoed hulle is ongedeerd.

Daar is reeds gisteraand op Roodt se arm geopereer, maar hy moet vandag weer geopereer word.

Lees ook: Dawie Roodt-aanval: Dapper optrede red dalk gesin se lewe
Lees alle berigte oor Dawie Roodt op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Riaan ·

Dawie jou yster,mal daar oor om na jou op radio te luister.Hoop jy herstel gou.

John ·

Weereens ń bewys van die wetteloosheid waarin ons, ons bevind. Die regering maak wette slegs vir die wetsgehoorsames maar het niks op die tafel vir die skurke.

neelsie ·

Sterkte aan die gesin. Hoop jy herstel volkome.
Ons waardeer jou kundige insette oor die ekonomie. Byt vas ! Jy het goed gedoen.

Morne ·

Baie sterkte Dawie,hoop jy word vinnig gesond en beter.Waarheen is hierdie land van ons oppad.Sterkte Dawie

Martie Potgieter ·

Ai dis nie goeie nuus nie.
Ek luister graag na jou kommentaar op Radio en TV. Altyd so vol lewenslus en pittige sê-goed…..en natuurlik jou raak beskrywings oor sake……ek geniet dit regtig baie……So jammer om te hoor van die aanval…..Mag ons Hemelse Vader met die dokters wees en dat jy volkome sal herstel….Onthou, God is in beheer……. klou net aan Hom vas, ongeag…….Sterkte…..

Gerhard Bezuidenhout ·

Jammer om te se maar die geweld gaan net aanhou want Zuma en sy kaders voel nie geweld nie want hulle word deur wagte opgepas . Wat voel hulle vir die gewone outjies.

Susan ·

Baie sterkte aan Dawie en sy gesin . ,Dawie jy moet asb probeer veg en sterk wees . Weet net dat Jeus saam met jou is en hy sal jou bewaar . Hoop jy word gou gesond . Ons begin almeer in vrees lewe oor wat die dag van more vir ons inhou .
ONS WONDERLIKE LAND ????????

BullsEye ·

Stem saam John. Uiters gunstige ongewing vir misdadigers in die land. Die oomblik as ons iets daaroor se en die probleem elemente uitwys word ons beskuldig van rassisme en en en ..

Theresa ·

In daardie vreeslike oomblik het hy nog probeer om sy gesin te red deur van die gemors buite toe te lok. Sterkte Dawie. Ons weet jy sal vining herstel. Jy sal jou nie laat onderkry nie. Bly die ander is ongedeerd. Ons dink aan almal van julle.

johanette ·

Hoekom kry ons nie die ou weermag mens in sodat daar wet en orde weer in ons land kan wees nie. Want hier is geen wet en orde in ons land nie. Hoekom moet ons mense daaronder ly.

Ade Snyman ·

Sterkte Dawie en gesin.
Nog ‘n slagoffer van hierdie land se wetteloosheid!

Pieter Steyn ·

Ons bid die Heer se totale genesing vir jou en jou gesin. Mag Sy engele julle beskerm teen enige bose magte.
Sterkte in hierdie tyd.

Amelia ·

N a ï w e linkses beweer d i s net g e w o n e misdaad. Nou weet ek hoekom my voorouers nie in dieselfde speelpark as die boelies wou speel nie!

HENNA ·

BAIE JAMMER Dawie – mag jy vinnig herstel
Pieter wonder net waar die ‘engele’ was tydens
die aanval ??

Danie ·

Dawie ek is ‘n Windhoeker en gereelde kyker na Ontbytsake. Baie sterkte en hoop om jou spoedig weer op die program te sien.

DALENE ·

Sterkte Dawie en gesin, Hoop jy is sommer gou weer op die been. Ons bid vir jou volkome herstel. Ook’n slagoffer, geskiet 8 jaar terug.
Dalene

Tina Becker ·

Ai ai. Jammer om dit te hoor. Gaan jou more oggend op Ontbytsake mis. Sterke en word gou gesond.

Herman Stadler ·

Hoog tyd om gereg in eie hande te neem – die polisie kan nie meer wet en orde toepas nie.
Met so n regering aan bewind, kan jy in elk geval niks beter verwag nie – ons is al klaar n tweede Zimbabwe
en gaan net elke dag erger raak. Sterkte Dawie.

Carl Fourie ·

Dit moet gese word, daar is sekere feite wat ons in die gesig staar en ons moet aanvaar dit gaan nie beter word. Tref voorsorg en beskerm jouself en jou gesin

Lana ·

Wonderlik dat Dawie so kopgehou en hulle uitgelok het! 10/10 vir hom. Sterkte en spoedige herstel wens ons hom toe en is Baie dankbaar dat hy lewe!!

Hennie Low ·

Nee man, Dawie het laas week ons nog in George toegespreek en was die man nog so positief oor die land, al lyk dinge soms beroerd. Wat ‘n skok.

Theresa ·

Wat moet ‘n mens nog doen Carl? Die gemors is jou altyd een voor. Al kom hulle deur die dak.

Sarie Stols ·

Sterkte Dawie vir jou en jou gesin, dis jammer om dit te hoor, wanneer hou dit op. Behou asb. daai vriendelike glimlag van jou ons geniet jou Saterdae op die TV.

Jan ·

Dit is nou tipies die Suid-Afrika waarin ons moet lewe. Die regering kan of wil ons nie beskerm nie. Jy het mooi kop gehou om hulle van jou geliefdes weg te kry. Sterkte Dawie, ek dink aan jou.

Dot du Plessis ·

Sterkte! Ons bid vir ‘n spoedige herstel en dat ons weer eersdaags jou waarhede en wyshede
kan geniet en waardeer.

ELSABE ·

WAT GAAN VAN ONS WORD?? WAT GAAN IN ONS LAND AAN?? MY MAN IS JANUARIE SO IN N VELD IN GESLEEP GESTEEK MET ‘N MES GESKOP AL SY BESITTINGS GEVAT EN SY BAKKIE. TOT NOU TOE WAS DAAR NIE ‘N POLISIEMAN BY HOM GEWEES VIR ‘N VERKLARING NIE!!!!!!!!

SI ·

Ons is gevangenisse in ons eie huise in ons land. Hoe hard moet mens werk om nie hatig te raak teen hierdie mense nie!! Dawie, sjoe! Jy is altyd so positief oor ons land, ons wil jou nie graag verloor nie. Mag jy vinnig herstel! Sterkte!

Adriaan van der Westhuizen ·

Jammer om te hoor dat jy en jou familie ook slagoffers geword het. Sterkte en ons sal aan jou en familie in gebede dink. Gou gesond word.

piet ·

Ons ou Afrikaners is kwaad kwaad kwaad en ons praat praat praat maar wanneer gaan ons begin iets daaraan? Ons is gatvol vir die daaglikse bedreiging van ons lewens!!!

Landie ·

BARBARE wat in ons samelewing rondloop. Mag almal wat sulke groot menseregte aktiviste is, ook hulle stemme ingooi by die moord-statistieke. ‘n Tronkvoël het meer regte as ons gewone landsburgers!!! Hoop jy gaan ok wees Dawie, en ek hoop jy word vinnig gesond. Maar ons is ook dankbaar jou gesin het so veilig daarvan afgekom, met jou aan die stuur.

Hannes ·

Dawie sterkte aan jou asook jou gesin en veral met jou herstel tydperk. Kry die regte mense in die hande vir uitkenning. Ons ry gereeld met die fietse in die omgewing daar naby en ogies dwaal verskriklik as ons daar verby ry. Die volkie staar jou aan agterna so asof iets bespreek word. Hoop die ware polisie begin om by die ontwikkeling in die omgewing te check en kry die skurke gou.

Henrietta Klaasing ·

Seën sterkte en spoedige herstel toegebid! Ek luister ELKE Saterdag oggend Ontbytsake en mis selde bydraes in koerante.

Bert ·

Ons sal wragtig soos die Voortrekkers moet maak en laer trek. Wat anders? Wat ook al die rede vir die kriminaliteit, dit gaan nie oornag verdwyn nie. So lank as wat regstellende aksie in die polisie toegepas word sal kriminele gedy.

Jaco Strauss ·

Wat bedoel julle hy is in waakeenheid na “rooftog”? ‘n Mens lyk nie so na ‘n” roof” nie. Hy is duidelik in die waakeenheid na “poging tot moord”

Ann Sonnekus ·

Dit is skandelik wat in ons land aangaan. Daar is geen beheer oor enige iets in onms land want hulle maak mes hulle wil. Ek was eendag gese deur ‘n swart man by die garage waar ek petrol ingegooi het dat hy my net wil herinner dat Mandela die land vir hulle gegee het. Ek het hom heeltemaal geignoreer, petrol ingegooi en toe weggery huistoe. Bring die doodstraf terug! Hulle pleeg die daad met onskuldige mense gaan tronk toe vir ‘n rukkie en kom weer uit. Ons bid vir Dawie en sy gesin mag God oor hom Waak en dat hy sal gesond word en hulle krag gee om sterk te wees in hierdie krisis tydperk. Amen!

J. Hanna ·

Sterkte aan jou Dawie, erg traumaties ondervinding. Ons land vrot regtig van die kop af.

Mari Venter ·

Bid ook vir julle! Het hulle lekker met X uitoorlê om hulle na buite te lok! Slimkop!

Baie sterkte! Die Leteba rivier se water vloeie in jou are daarom sal jy dit maak! ·

Dit is tyd dat daar ingryping kom. Dit lyk of die regering tandloos en planloos is!

Bertie Vollgraaff ·

Dawie dit is skokkend om te sien wat met julle gebeur het en danksy jou optrede, ten spyte van, dat jou familie nie beseer of gedood is nie. Ek weet nie wat ons in die land moet doen om die misdaad stop te sit nie. Erens moet die wal breek ! Sterkte en hoop jy sterk gou aan

Bertie Vollgraaff ·

Dawie dit is skokkend om te sien wat met julle gebeur het en danksy jou optrede, ten spyte van, dat jou familie nie beseer of gedood is nie. Ek weet nie wat ons in die land moet doen om die misdaad stop te sit nie. Erens moet die wal breek ! Sterkte en hoop jy sterk gou aan

Elna ·

Jammer dat jy ernstig beseer is en hoop jy herstel gou en volledig. Ek is baie trots dat jy teruggeveg het. Dit moes n verskriklike ondervinding vir jou en jou familie gewees het, maar jy het nie toegelaat dat hulle jou in jou eie huis kom rondneuk nie en ek se BRAVO! Welgedaan. Almal kla oor misdaad, jy takel hulle kaalvuis.

Volkers ·

Het maakt niet uit wat je bent Wit Bruin Geel. Het is en blijft vreselijk. Het gebeurd overal in de wereld zelfs in Nederland. Je kan de regering niet de schuld geven, reden wij inwoners van een land met een democratie kiezen onze vertegenwoordigers. Dus als je iemand aanwijst dan wijs je in principe naar jezelf. De politie moet het doen met behulp van de inwoners en dan de rechters. Mijn mening is: voer de doodstraf in voor hen die een ander willens en wetens doden.

Ansie Geldenhuys ·

Jammer dat jul ook nou deel van statistiek moet wees. Ons dra jul op, soos vir almal wat dit nodig het, aan die beskerming en heling uit die Hoer Hand.

Peter ·

Om te dink die moordenaars loop rond, ek wonder wie gaan die volgende slagoffer wees.
Ons moet baie versigtig wees, wees gereed en paraad.
My hart bloei vir jou helle gesin en al die ander mense wat daagliks so aan geval word. Voorheen het jy net daarvan gehoor maar vandag gebeur dit sommer oral met mense wat jy persoonlik ken.
Dawie ons sal vir jou bid en sterkte vir jou helle gesin.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.