Departement waarsku oor droogte; waterbeperkings ingestel

Argieffoto (Foto: dechatorn, Pixabay)

Argieffoto (Foto: dechatorn, Pixabay)

Die departement van water en sanitasie het sy kommer uitgespreek oor die droë seisoen wat Suid-Afrika tans beleef.

“Groot dele van die land sal na verwagting baie droë toestande en erge hitte beleef tydens die feesseisoen, weens min reën,” het dr. Dennis Dlamini, hidroloog by die departement, gesê. “

Dlamini het afgevaardigdes by ʼn werkswinkel in Pretoria toegespreek en gepraat oor die swak reënvooruitsigte vir verskeie provinsies, waarvan sommige reeds droogtetoestande beleef.

Dlamini het gesê buiten die Wes-Kaap en Oos-Kaap moet die res van die land hulleself gereedmaak vir ʼn laer as gemiddelde reënval tydens die betrokke periode. Hy het egter gewaarsku dat mense tog gereed moet wees vir kitsvloede.

Intussen het Rand Water, wat Pretoria, Johannesburg en Ekurhuleni van drinkwater bedien, aangekondig dat die onderskeie munisipaliteite waterbeperkings onmiddellik ingestel het weens die toename in die aanvraag as gevolg van die hoë temperature.

Die tydelike waterbeperkings geld tussen 06:00 en 18:00 en inwoners mag nie tuine met tuinslange of ʼn sproeierstelsel natspuit, motors met tuinslange was of swembaddens vol water tap nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Theo ·

Weereens blameer dr denis dlamini droogte en min reën, instede van homself of die dept. Daar is genoeg water in die damme. Die infrastruktuur is nie opgegradeer nie maar die aanwas het gestyg. Die lewering van water is die probleem. Weer n anc mislukking om vooruit te beplan

Mariane ·

Heel duidelik bly jy nie in Noord Natal nie. Ons damme droog oop. Ons al weke nie water nie. Want damme in area is leeg. Ons het nie naastenby die reen al gekry wat ons gewoonlik kry nie. So moenien veralgemeen nie. Gaan kyk op facebook of google Paulpietersburg en Vryheid damme.

Theo ·

As jy die berig gelees het praat die berig van pretoria johannesburg. Diè streek se damme word aangevul van die lesoto hoogland skema.

Martin ·

Mariane, die regering is so vroeg as 2012 al gewaarsku hierdie gaan ‘n droe jaar wees.
Hulle was ingelig om die damme se vlakke so hoog as moonttlik te hou, wat hulle duidelik geignoreer het.

Mariane ·

Dan kry mens witmense met boorgatte wat heeldag sproeiers aanhet. Besef hulle nie as dit nie begin reen nie gaan die boorgatte se watervlak ook val. Ja daar is damme met genoeg water. Maar hier is die damme leeg weens te min reen.

Paplepel ·

Shhh! Moenie te hard praat van boorgate nie. Binnekort gaan hulle nog ‘n meter op jou boorgat sit en jou daarvoor ook laat betaal.

susan ·

Praat van waterbeperking.!! Julle moet kom kyk hoe loop die water in die pad af voor ons huis. Lekkende waterpype is aan die order van die dag hier in ons gebied. Het dit al telkemale raporteer maar tevergeefs. Dis nou presies n maand. Lyk nie of city of tshwane n probleem daarmee het dat kosbare water in die strate afloop nie. Ten minste baat ons geveerde vriend daarby. Bad te lekker…

neelsie ·

n Bewusmakingveldtog moet dringend geloods word oor die skaarste van water. Hoe sommige dit regkry om die plaveisel skoon te spuit dat water meters ver in die straat afloop, verstaan ek nie.
Lekkende pype:
Kry n verwysingsnommer by die stadsraad en e- pos dit ,met jou besonderhede na:
[email protected]
Baie water gaan verlore deur lekkende pype waarvoor ons betaal.
Bid onophoudelik vir reen!

Knersus D ·

Vaaldam is 56% vol, Sterkfontein dam wat Vaaldam voed is 97% vol. Katse dam is 90% vol. So die droogte is nie die eintlike problem in Gauteng nie.

Kandas ·

Katsedam is nie 90% vol nie. net 70%. gaan kyk op http://www.dwa.gov.za/state of dams. En Lesotho is ook baie droog. Ek bly ook in KZN en die droogte is iets ysliks. Mesne in die stede is bekommerd oor hulle tuine. Op die platteland sien ‘n mens regtig wat aangaan en hoe die boere sukkel. En die populasie neem net toe! Waar gaan daar kos vandaan kom vir almal? Die ANC regering het net een nuwe dam gebou vandat hulle aan bewind gekom het en dit is die Spring Grove dam in die Mooirivier, KZN. Hulle het glad nie tred gehou met die geweldige bevolkingsaanwas nie!

Theo ·

Waterwese se primere doel is om al die waterbrone goed te bestuur. Hulle het vergeet wat hulle doel is en nou lei hulle loodgieters op om lekkende krane te herstel. Dit is die plaaslike regering se funksie. ???

Ludwig ·

Ons het lankal waterbeperkinge. Ongelukkig is die natgooibeurte wat daar nog is, so onderdurdag bepaal dat dit eintlik net ‘n watermorsery is, want geen tuin sal baat vind by sulke beurte nie. Mens dra maar die plante waaroor jy ernstig voel, soos die bome wat jy geplant het, met ‘n gieter nat. Alle afspoelwater en waswater in die huis word opgevang of na die tuin toe herlei. Van grasperke is daar amoer geen teken meer nie. Waar Namakwaland ‘n klompie weke gelede nog ‘n blomparadys was, is dit nou woestynagtig, met temperature van 46° en hoër en daar lê minstens agt reènlose maande vir ons voor. Ons damvlakke het nie naastenby die vereiste hoogte bereik nie. Maar ek meen nie mens kan alles sommer so voor die ghawwemint se deur gooi nie, want op stuk van sake kan hulle nie reën skep nie, selfs al dink hulle ook hulle is al-magtig.

Mariane ·

Theo heel duidelik het jy nie mooi gelees nie. Hulle praat van al die provinsies buiten ooskaap en weskaap.

Johann ·

Ons water probleem le voor die regering se deur. Hulle het ons grens poste oopgemaak en al wat leef en beef is hier. Plaaslike regering hou ook aan om aansoeke om nuwe bou persele toe te staan, sonder om te gaan kyk of die dorpsbeplaning toelaat om daardie adisionele druk op infrstruktuur kan hanteer. As ons met so n spul on ingelugte mense sit wat bestuur uit oefen, kan ons verwag om op n ramp af te stuur. Nou sit ons in die ramp en die spul in die regering sit vir mekaar en kyk en kry onnosele konsultante in wat net se wat die regering wil hoor, solank die anc die rekening betaal. BELAGLIK

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.