‘Dis nie ʼn sonde vir swart mense om meer geld te verdien nie’ – Motsoeneng

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, het oor sy salarisverhoging van nagenoeg R1 miljoen gesê die idee dat daar onreëlmatighede is wanneer swart mense meer geld verdien, moet uit die weg geruim word.

“Dit is nie ʼn sonde vir ʼn swart mens om meer geld te verdien nie, mense… wanneer jy hard werk by die SAUK word jy beloon,” het hy aan verslaggewers in Johannesburg gesê tydens ʼn konferensie oor die uitsaaier se 2014/2015 finansiële verslag.

Hy het gesê personeel word volgens SAUK-beleid betaal.

“Indien iemand goed presteer, en ʼn inkomste van R1 miljard verseker, waarom sal ons nie daardie persoon beloon nie? Die betalings sou ʼn groot kommer gewees het as dit nie ooreenkomstig ons beleid oor voordele en salarisverhogings gedoen is nie.”

Die finansiële verslag dui aan die uitsaaier het ʼn verlies van R401 miljoen gely, terwyl Motsoeneng se jaarlikse pakket na R3.78 miljoen per jaar verhoog het. Sy vergoeding vir 2014/15 sluit ʼn bonus van R279 000 in en is ʼn verhoging van nagenoeg R1 miljoen op dit wat hy vroeër verdien het.

Motsoeneng het gesê SAUK-werknemers kom eerste voor enigiets anders, en daar is personeel by die SAUK wat meer as hy verdien. “Werknemers kom eerste, so lank as wat hulle waarde toevoeg. Maar daar is ook regulasies wat vergoeding betref. Van my kollegas verdien meer as ek,” het hy gesê en gewys na die uitvoerende hoof Frans Matlala en hoof finansiële beampte James Aguma.

Die Openbare Beskermer het verlede jaar bevind Motsoeneng het binne een jaar drie salarisverhogings ontvang terwyl hy in die amp waargeneem het en gesê dit is ʼn oortreding van die SAUK se personeelregulasies en kom neer op onbehoorlike gedrag en wanadministrasie.

Pieter Mulder, leier van die VF Plus, het gesê Motsoeneng se salaris het met 31% gestyg van R2,872 miljoen tot R3,784 miljoen. “Dit terwyl mense soos polisiemanne en verpleegsters in dieselfde tyd met ʼn salarisverhoging van 7% tevrede moes wees,” het hy gesê. “Teen die agtergrond van Suid-Afrika se ekonomiese klimaat is daar reeds groot druk op die private sektor om die voorbeeld te stel wat salarisse en verhogings aan uitvoerende amptenare aanbetref. Die voorbeeld wat die staatsuitsaaier nou stel met Motsoeneng se verhoging, dryf lynreg hierteen in.”

Mulder het bygevoeg met die moontlikheid dat Motsoeneng dalk uit sy pos verwyder kan word, was hierdie dalk ʼn poging tot vinnige selfverryking. “Die SAUK-raad sal in die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie moet verduidelik wat die motivering vir die verhoging en bonus was, en wie dit goedgekeur het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Andre ·

Ag, siestog, wat het hulle nou weer vir Pa se klein bloedjie gesê…!!!???
MENEER, loop word groot en besef dit gaan nie oor kleur nie maar wel oor baie ander faktore. Met ‘n finansiële verslag soos jou organisasie s’ n moes jou oorspronklike salaris MINSTENS halveer gewees het.

Ou Jaap ·

Dit is seker nie verkeerd om meer geld te verdien nie, maar daar moet klem gelê word op VERDIEN.Ek laat my nie vertel ń persoon wat nie eers ń matriek het nie regverdig so ń vergoeding nie.

Besorg ·

Arrogant, en rassisties. Hoekom is die hele Afrika so selfbejammerend.

jakes ·

Dink wat kon hy verdien met ‘n regte matriek of graad! En hoe groot bonus as hul ‘n wins getoon het. Fenominaal.

scalla ·

Stem saam indien die persoon oor die nodige kwalifikasies, ondervinding beskik en die resultate op die tafel gesit word, ongeag kleur, ek glo nie die sauk kwalifiseer nie volgens die syfers, ly aan bejamerings sindroom

Francois ·

Dadelik word die rasbaadjie weer aangetrek en alles wat sin maak en redelik is onder die mat ingevee en geïgnoreer. As mens nie ‘n ordentlike opvoeding het nie sal jy so redeneer. Jy sal ook redeneer dat dit ook apartheid of Jan van Riebeeck se skuld is.

Johann Bakkes ·

Dit maak net nie sin nie. Besighede en instansies wat ‘n verlies toon, kan nie verhogings toestaan of goedkeur nie. Wat het van goeie besigheidsbeginsels geword? Geen wonder meer mense skaf betaal-TV aan nie. Terug tekenbord toe mense! Ons moet nog TV lisensies ook betaal!

Rynhardt ·

Motsoeneng dit is reg, dit is nie n sonde dat swartes meer geld verdien nie, veral as regstellende aksie en korrupsie bly floreer! Hoe verduidelik jy dat jy n R1miljoen verhiging kry? Wat regverdig dit? Selfverryking floreer vir jare by SAUK, daarom die gemors programme vir kykers! Ek val nie vir julle breinspoeling nie.Gaan speel dit met Zuma!

Winston ·

Rynhardt puik gestel. Net jammer hy wat Motsoaneng is, het nie n cookin clue waarvan jy praat nie. Jy moet n brein hê wat funksioneel is om dit te verstaan. Hulle pluk net altyd die rassekaart uit en ons moet verlief neem. Ek wens ek kon hier sê wat ek dink, maar dit sal nooit geplaas word nie.

Steve ·

Ja nee wat, net n verdere bewys dat die huidige regering die land tot in die afgrond bestuur. GA!

Bruno Stef ·

” In die land van die blindes is ou Eenoog die koning” Dit gaan oor kwalifikasies nie n selfbejammerings houding wat met die speel van die raskaart ongedaan gemaak kan word nie.

Frikkie Theart ·

Dude,jy argumenteer soos n’ passer,al om jou eie gat.Die meeste mense in Suid Afrika VERDIEN n’ salaris volgens hulle werkslading,posbeskrywings ens. en word heeltyd ge-evalueer op meriete en positiewe bydrae aan hulle werkgewers.Niemand het n’ probleem daarmee as enige persoon n’ maatskappy bestuur en n’ wins beding,ongeag van hy/sy velkleur nie,MAAR as jy n maatskappy in die grond in bestuur met n’ verlies van R400 miljoen se my gesonde verstand vir my jy het nie n’ idee van wat jy doen nie !!!.Die maklikste uitweg as jy daarop gewys is natuurlik die RASSEKAART en die wete dat die regering (as jy dit so kan noem) gaan maar weereens belasting geld gebruik en die sinkende skip te red.Pateties verby !!!!!!!!!!!

Jan maak n Plan ·

Ek komponeer sommer n nuwe liedjie” Hoe ry die soustrein, so tiengeleingtiengtieng, opdraende op en afdraende af tiengeliengtieng.!!!
Onthou die ou het nie kwalifikasies nie en by hom is n wins enn verlies in besigheid dieselfde ding.

jacques ·

Pateties dat jy dit nou in n wit en swart storie verander

adrian ·

Weier om tv lisensie te betaal, el was n trotse betaler….. no more finis en klaar

Dan ·

Die D A het ook maar meer bek as binnegoed. Hierdie outjie het net sy vinger vir hulle gewys toe hol hulle weg. SKANDE.

Steve ·

Eerstens het DA ons verraai en glo my hulle het almal opor geloop…al prober hulle dit weg steek. Niemand staan vir die wit Afrikaner nie, en die wat se hulle doen…wel…alles versleg teen ons guns by die dag

Michiel ·

Nee ou, dis nie ‘n skande, mits, 1) jy dit VERDIEN, 2) jou werk DOEN, 3) nie dit STEEL nie.

Johannes Meintjes ·

Dit is wel sonde om onreg met onreg te begroet en blankes uit die mark en loopbane te druk sodat hulle geen slaris kan verdien nie, – terwyl “leiers” op alle terreine en in alle kulture die verval en verarming bloot gade slaan.

George ·

Hy gebruik 3774 tv lisensiebetalers se geld om vir sy verhoging te betaal, hy is seker nie al een wat ‘n verhoging kry nie.

Christie Joubert ·

Die bested ding wat ons kan doen is om via internet, flieks en reekse af te laai(wettig natuurlik). Selfs DSTV is n pot snert deesdae. Ek kan nie sien waarom ek op my pakket moet betaal vir iets soos “Lesotho TV” nie. Ek sal self besluit wat ek wil kyk. Kom ons kyk hoe lank hou SAUK dan.

Mike de Beer ·

Ongeag hoe goed of sleg die organisasie onder jou bestuur vaar, asjy gelieg het oor jou kwalifikasies dan het jy bedrog gepleeg. Jou aanvanklike salaris behoort bepaal te ge wees het in lyn met jou kwalifikasies en ondervinding, en enige verhoging van salaris in lyn met die winste en suksesse wat direk aan jou leiding toegeskryf kan word. En meer nog kan sulke salarisaanpassings slegs op die goedkeuring van die Raad plaasvind. Buitendien kan ‘n “wit olifant” organisasie soos Die SAUK glad nie regverdig dat ten minste drie werknemers – soos in die berig verwys, sulke absurde salarisse verdien. Wie het dit goedgekeur en op grond waarvan. Dit is die mense van die land se geld waarmee enkelinge verryk word terwyl daar soveel ellende en swaarkry is. Hoeveel huise kon gebou gewees het met die helfte van elkeen se salarisse? Selfs 50% van hulle salarisse is alreeds buitensporig hoog. Hoeveel “potholes” kon toegemaak gewees het. Absurd.

Pieter V ·

En dit is die meneer wat nou die aand op Robinson regstreeks gese het hy is ten gunste daarvan dat die media beheer moet word,en kon n mens sien in die debat wat is die verskil tussen hom en Tim du Plessis daar kan eers nie eers n vergelykking getref word nie. Motsoneng kan nie eers ordentlik debateer nie , wil juis die media beheer sodat buitensporige salarisse soos syne nie gepubliseer word nie. As hy dit verdien is dit nie n problem nie, maar met sy afgewaterde matriek sertifikaat , beslis nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.