Dosent geskors na hy glo rassistiese SMS stuur

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Dosent aan die Universiteit van Stellenbosch (US) is geskors nadat hy glo ʼn rassistiese SMS aan ʼn student gestuur het.

Martin Viljoen, woordvoerder van die universiteit, het aan Maroela Media gesê dr. Anton Stander, ʼn dosent in die fakulteit natuurwetenskappe, is “voorlopig van diens vrygestel”.

Sikhulekile Duma, ʼn sosiologie student aan die universiteit, het Donderdag die universiteit genader en Stander se skorsing versoek. Volgens City Press het Duma ʼn anonieme SMS ontvang wat gelees het “Jou swart moer van die wit boer.” Hy het na bewering later vasgestel dat die SMS van Stander se selfoon af gestuur is.

Viljoen wou egter nie die bewoording van die SMS bevestig nie. “Die universiteit beskou die aangeleentheid  in ʼn baie ernstige lig aangesien enige sodanige gedrag of uitlatings totaal en al onaanvaarbaar is en glad nie met die US se waardes strook nie,” het hy gesê.

Hy het verder gesê ʼn komitee sal die bewerings teen Stander ondersoek en na gelang van hul bevindings sal daar op gepaste straf besluit word.

Duma is met e-pos in kennis gestel van Stander se skorsing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gerhard ·

Ek wonder of die universiteit darem vir dr. Stander geleentheid gegee het om sy weergawe te stel. Of kry hulle lesse oor hoe om dit nie te doen nie by Jonathan Jansen. Laasgenoemde glo mos ‘n blote klag van rassisme regverdig ‘n verbanning tot die buitenste duisternis. Bogger audi alteram partem.

CJ ·

Hoekom jou loopbaan in gevaar stel. En die klaer is glad nie so onskuldig nie.

jacques ·

Sommer dadelik geskors?Dink die aanklaer soek weer net aandag.Verder se ek niks anders sal my post nie opgesit word nie.

magriet ·

jaques, ek het nou probeer post op die bakkie ongeluk, en dit word ook nie geplaas nie. laat my dink aan niekie vd berg op rsg, as hy nie hou van wat jy se nie sny hy jou af.

kayvee ·

Ai dis verkeerd.
. Maar nou wonder ek nogal hoe ‘skiet die boer’ (deur duisende gesing), nie baie eenders is..maar so weet ek ook mens kry net hier rassisme een kant toe. (Sug mens / lag mens / huil mens / ignoreer mens maar hierdie dinge deesdae….ek weet nie meer….

Pieter ·

Duidelik het die student dit self getik toe die dosent se foon op sy lessenaar gele het. Dosent is nie so dom om dit self te tik nie.

Desire ·

Ek stem 100% saam, was my eerste gedagte! Hyt seker vrot punte gekry in n vak. EN as hulle uitvind dit was die student gaan daar boggerol met hom gebeur nie.

Neptunus ·

Plaas dat hy maar eerder net verkondig het hoe baie hy vir Oom Adolf bewonder, soos daardie hoofseun van Wits.

Johan ·

Hy wou maar net die mannetjie so bietjie vloek, was toe kleur sensitief want ons is mos maar deesdae baie kleur gevoelig…. hehehehe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.