Ekonoom geskors oor twiet

Chris Hart soos hy op sy Twitter-profiel verskyn. Foto: Twitter

Chris Hart soos hy op sy Twitter-profiel verskyn. Foto: Twitter

Standard Bank het een van sy prominente ekonome, Chris Hart, geskors oor ʼn omstrede twiet.

Die bank het in ʼn verklaring gesê Hart is geskors hangende ʼn ondersoek na die twiet wat hy Sondag uitgestuur het. “Standard Bank het hom gedistansieer van die uitlatings van Hart en sal die uitslag van die ondersoek bekend maak sodra die proses afgehandel is.”

In die twiet wat Hart in die sop laat beland het, sê hy: “Meer as 25 jaar ná Apartheid, vermeerder die aantal slagoffers, tesame met ʼn gevoel van toe-eiening en haat jeens minderhede.” Hart het Maandag om verskoning gevra vir die twiet en gesê dit moes in die konteks van stadige [ekonomiese] groei gelees word.

Standard Bank het in ʼn verklaring gesê Hart se uitspraak is “feitelik verkeerd” en maak onvanpaste aannames oor Suid-Afrika.

Volgens die verklaring respekteer die Standard Bank groep enige verskille in geslag, ouderdom, velkleur, ras, geloof, ideologie, seksuele oriëntasie en gestremdhede. “Ons heg waarde aan verskille in kultuur, etniese of nasionale oorsprong en politieke en filosofiese oortuigings.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Rynhardt ·

Van alle ekonome in SA, is Chris Hart die beste.Standard Bank is so gou om Hart aan te tree oor sy twiet, maar het julle as bankgroep geweet dat die SA ekononie reeds vwrnietig is volgens die Anc se Vryheidsmanifes? Dit is die Anc vir wie julle as bankgroep opstaan! Die moeilike tye le voor, wonder net vir wie julle gaan blameer as dit al hoe slegter raak.Gaan Standard Bank nog steeds sy polities korrekte weg volg? A message for Chris Hart:Hart you deserve better than Standard Bank.

maria ·

ek verstaan nie heeltemal die twiet nie, dit is effens deurmekaar vir my dom kop. die hoofgedagtes klink egter korrek. die wisselkoers is mos die bewys daarvan. Marginalisering, entitlement en politieke korrektheid het n groot probleem geword. politieke korrektheid is niks anders as lieg nie, want die waarheid maak seer. ek praat van beskaafde waarhede, nie growwe beledigende menings. die vraag is egter, wat kan mens doen, wat sou n plan van aksie wees?

Malcolm ormond ·

Ek is vandag met die dood gedreig deur ‘n ANC ondersteuner omdat ek waag om Jacob Zuma se uitlating van Skiet die boer te kritiseer,terwyl die groot mkpye aanhou om Zuma financial by te staan sal niks verander nie,ek het die dreigement by die DA aangemeld

Chris W ·

Lk my as mens deesdae in SA die waarheid praat word jy gekasty.Maar nou ja as die hoof anc nar in die land die wereld kan belieg en bedrieg en skotvry wegkom daarmee dan is dit meer en meer te verstane.Hulle sal sekerlik daarvan hou as almal in die land saam leuns verkoop!Ek wens Mnr Hart alle sterkte toe en hoop van harte hy laat die bank op sy neus kyk.

Johannes ·

Ja nee dit is net rassisities as ‘n witmens iets naastenby polities inkorrek se. Maar Malema en Zuma en die ANC kan se en doen net wat hulle wil, hulle kan “kill the boer” sing en niks gebeur met hulle nie. Maar laat ons nou ‘n kill the iets anders sing dan sal hulle ons kruisig.

edd ·

In my opinie slaan die ekonoom die spyker op die kop. Ek dink Standard Bank moet mooi dink wat hulle doen.

TTh ·

Hy is absoluut reg !!!!!, so wie gaan my nou skors, wat ‘n absolute belaglike klomp twak. Standard Bank is gek om so iets te doen. Standard Bank respekteer dus glad nie die blankes of ander minderhede in SA NIE… nog ‘n maatskappy met dubbelstandaarde.

Potts ·

Tyd om ons rekeninge by Standard Bank toe te maak.
Ek vertrou my geld met hulle omdat hulle n bank is, nie n poltieke party nie.

Gideon ·

Ek stem saam!!

Is daar geen Afrikaners met groot geld by Standard bank wat kan help dat obs ‘n aksie loots nie. ASSSEBLIEF!!!

Hierdie raak belaglik.

Dit was geensins rassisties nie.

Maar wat gaan Standardbank maak van :

https://www.facebook.com/dylan.bornman/posts/10153201213536126

Gaan hulle daardie amptenaar wat werklik rassisties skors en afdank???

Dit moet vereis word!

Gaan Solidariteit tot hierdie stryd toetree???

Hierdie snert moet stop!!!!

R Louw ·

As dit hulle standaard dan is lyk dit vir my ook ons moet na n ander bankgroep begin kyk. Soos hulle se “moving forward” moet ons dan nou aanbeweeg na n ander bank.

maria ·

‘n mens kan nie dylan bornman se facebook plasing lees nie, het iemand die inhoud daarvan ?

Alida Savana ·

Ek gaan ook al my rekenige by Standard bank toemaak so gou moontlik, dis nou net ‘n saak van beginsel. Chris Hart het niks verkeerd gedoen nie. Standard bank behoort hulle te skaam. They don’t walk the walk en talk the talk. Since when is Standard bank a political party???!

Agnes ·

hy het die waarheid gepraat, baie respek vir hom, ons staan al die pad agter hom

Marous ·

Wat het hy verkeerd gedoen? Julius Malema dreig ruiterlik om Absa Bank te beset omrede dit wit is , en daar word niks gedoen nie!

Hansie ·

Ons gekke land met ons magdronk leiers. Kan dit wees dat hulle dalk bang is vir een klein stemmetjie wat saggies sê ek is blank. Ek is blank en keelvol vir onbevoegde mense in poste wat veroorsaak dat ons swak dienste ervaar in elke opsig waar die publiek gehelp moer word, SAP. Poskantoor Munisipaliteit, klerewinkels– noem hulle op. Magtig hoekom mag ons nie ook ons mening lig nie? Kom ons maak ons “bekke” oop.

noddy ·

blABSA is net so pateties. Hulle wil rugby speel ipv ‘n bank bedryf. Het hulle nie hul borgskap vd Bokke gekanselleer omdat die span te wit was nie?

Babsie ·

Mense moet alle besigheid by STD staak en ander banke ondersteun. Nie dat Absa enigsins beter is nie. Net soos Rugby en krieket ook nie meer ondersteun moet word nie. Chris keep your chin up. It is time we speak our mind likewise Donald Trump. I hope you took your suspension with a big fat juicy golden handshake and let it run for years while you get paid, as the trend is currently in our vrot government.

carl ·

Dit is snaaks hul kan se wat hul wil EFF end ANC .maar as ons iets se is dit verkeerd ,

Ahooy ·

Net soos Kohler Barnard, – praat net die waarheid en n politieke herrie ontstaan!!!
En Standard Bank is tog so vinnig om hom te skors net om polities “korrek” te wees en die ANC gelukkig te hou? Wie het nou eintlik besluit dit was n rassistiese twiet??

adrian ·

A nee a dis n klomp snert. Chris het n senuwee geraak wat waar is. Wanneer politieke partye op n platform skreeu en sing kill the boer en daar word saam gedreunsang. Wat is dit anders as haat en rassisme. No 1 sing bring me my machine gun en dan????? It is out of context is die verskoning. Die anc en eff is rassistiese politieke partye finish en klaar. Mnr Hart jy is n slim man wragtig jy is in aanvraag by beter instansies

jan ·

Hoekom onverskoning vra staan op die waarheid is die waarheid

PJ ·

Dai een in Oudshoorn wat gesè het hy haat witmense wens hy kan al die witmense uit die land jaag en hulle tonge uitsny gaan seker genomineer word vir n Nobel prys

Elfie ·

PJ – julle mense moet sulke uitlatings op fb en Twitter sit en SORG dat almal sien wie is eintlik die haatdraende rassiste in die land. Ons moet hulle hul eie medisyne ingee.

david ras ·

Standard Bank moet tot orde geroep word—–Chris Hart het niks verkeerd gese nie, behalwe dalk vir een of ander senior se verdraaide begrips vermoe.
Die een wat die besluit oor Hart geneem het, moet waai -en ek bedoel afgedank !

Mens kan nie jou geld toevertrou aan mense wat sulke belaglike besluite neem nie.
Die hele optrede het vir my so ‘n DA klankie, na aanleding van die Kohler Barnard episode.

Watter invloed het die DA dalk in Standard Bank ?
Dis tyd om ondersoek in te stel……..

EMK ·

Wat is so rassisties oor wat hy gesê het? Dieselfde tipe ding op ‘n meer aggresiewe en direkte manier word gereeld deur swartes gesê want hulle het steeds die “chip” op hul skouer dat hulle deur wittes rassisties behandel word. Sê ‘n wit persoon iets wat die absolute waarheid is en bewys kan word, dit dan is dit skielik erg. Die reaksie en en die aksie deur Standard Bank is totaal onvanpas en belaglik. Ek is jammer hy het om verskoning gevra want nou lyk hy skuldig aan iets waaraan hy nie skuldig is nie. Ek hoop mense spring om sy dienste te verkry, hy is ‘n inteligente persoon en het nie SB se twak (of werk) nodig nie. Dankie tog ek bank nie by hulle nie.

Rina Pretorius ·

Standard bank is ‘n besliste no-go vir my dankie, ons moet eintlik geen een van die banke in Suid-afrika gebruik meer nie, wat van ‘n switzerse bank, dit klink seker snaaks maar daar gaan ‘n tyd kom dat ons nie meer toegang tot ons geld gaan he by enige van SA banke nie want ons gaan geblok word soos wat hulle die plase wil vat en ons eiedomme in die dorpe ook. sou ons almal die land verlaat sal ek graag wil sien wat van die mooi land gaan word. mmmmmmm sit terug en kyk na die gemors.

elizabet ·

Ek neem dit nou ter Harte mnr Hart..Dankie dat jy my betyds gewaarsku het.Ek wou my bank verskuif na Standard bank maar glad nie meer.
Ek weet eintlik nie meer watter bank om te vertrou nie,want as topbestuur n man van wysheid so vinnig kan skors wat gaan hul met my belange doen?
Hierdie gekheid gaan ongelukkig nooit stop nie.totdat elke liewe blanke uit die samelewing v RSA verwyder is sal dit aanhou..wie sou hul volgende blameer?

Paul ·

Klaar my rekening by Standard Bank besluit. Die politieke korrektheid waaronder ons ly is een te veel. Maroela Media val ook in die polities korrekte groep want ‘n mens mag niks se wat net mik op die ander groep se heiligheid dan word jou kommentaar nie geplaas nie.
Ons het kastig verkeerd gestem en want sou ons wen, het ons ‘n oorlog gehad, Ons mense word tans in ‘n eensydig verklaarde oorlog afgemaai soos vliee maar moet tog asseblief net niks se wat die ander kant kan onstel nie. Die resultaat van die polities korrekte sisteem is ‘n onvermydelike oorlog en miskien is dit net wat ons land nodig het.
Maroela sal seker die kommentaar ook nie plaas nie want ons moet tog net nie die ander kant ontstel nie.

FM ·

As ek by standard bank was, sou ek ook geloop het. Chris Hart jy is meer werd as die bank. Sterkte. Jy verdien beter.

GES ·

In die tyd wat kom gaan die druk opbou en mense en organidasies gaan hulle kleure wys. Dit is sleg maar ook goed want dit is een manier om die waarheid vry te stel. Standardbank == no no

Nerine ·

Mnr Chris Hart, jy “rock” soos my kinders in Afrikaans sal sê… want dit getuig deesdae leeuemoed om soiets in die openbaar te sê.
Standard Bank julle “rock” nie……

se net ·

My Vraag is dit: As jy wit is dan is dit wat jy se oor ons land rasisties al is dit die reine waarheid. Soos in hierdie geval. Alhoewel Penny Sparrow se uitlating uiters onvanpas was en verdien om aangespreek te word. Maar wat word van al die rasistiese opmerkings teenoor wit mense? Waar word dit aangespreek? Daar is n verskil om na mense te kyk en te se wat verkeerd is in hulle optrede. Die probleem is as jy n mense se vel kleur byvoeg as rede vir die gedrag. Ek glo ons moet gedrag aanspreek in Suid Afrika maak nie saak wat die kleur van jou vel is nie. Dit het niks met vel kleur te doen nie maar eerder alles met toe-eiening wat selfs n probleem is onder wit mense. Se net.

Stem saam ·

se net jy is presies reg, beste kommentaar. Penny Sparrow beslis onvanpas en regtig swak uitgedruk – ek kan regtig nie glo dat mense sulke swak ooreenkomste probeer trek nie. Die groep DJ Ossewa het onlangs in Hentiesbaai swak uitlatings van die verhoog af oor Walvisbaai gemaak, kyk maar of hul ooit weer hier sal optree, ons sny hul net uit!!!!!! Spreek gedrag aan en raak betrokke. Hoe gouer mense leer gedrag het gevolge sal hul op die regte goed fokus. Mnr Hart is ekonomies 100% korrek, Standard Bank, dit is eintlik sy werk by julle! Jul gaan beslis ‘n fout maak! Mnr Hart mens se nie jammer vir feite en veral nie as ander dit misinterpreteer.

Danie ·

Respekteer Standard bank regtig verskille??? As dit waar is sal Standard bank, BBBEE in die openbaar kritiseer en hulle distansieer van daarvan. Almal weet dit is dieselfde storie as DSTV met ‘n besondere mooi uitgedinkte wys wat klink. Hulle sê een dink maar doen ‘n ander ding. Chris het niks verkeerde gesê nie en mag die ooglopende probleem op per. Die optrede van Standard bank se bestuur is belaglik en rasisties. Ek sê kyk mooi hoe lyk hulle en onthou hulle.

Grassie ·

Ons moet in gedagte hou dat die sakewêreld geen gewete het nie en net lojaal is aan hulself en die geld wat hul kan maak. Ons wittes maak maar ongeveer 10% van die bevolking uit en ek glo enige besigheid, insluitend ‘n bank, se kliënte voldoen ook aan die 90% -10% bevolkingsamestelling. As enige besigheid moet kies tussen die twee sal hulle die 10% sonder enige gewetenswroeging onder die alie skop . Wanneer ‘n probleem soos hierdie opduik sal hulle nie vra wat is regverdig nie maar wat hulle moet doen om nie die meerderheid te ontstig en kliente te verloor nie. Hulle sal ‘n onskuldige persoon sonder huiwering vir die wolwe gooi. Al die kritiek wat ons hier kan lewer sal soos water van ‘n eend se rug afloop. Onthou, die rykes en middelklasmense in die 90% deel van die bevolking is reeds meer as dié van die 10%.

Carel ·

Het ek my dan net verbeel dat die dat vryheid van spraak ‘n grondwetlike reg is…..
“Die bewys van tirannie is wanneer die waarheid strafbaar word…”

Morne vd Linde ·

Ek is seker on opgevoed, dom of oningelig of ek verstaan my eie taal nie. As Hart se aanmerking n rasistiese ondertoon het dan het ons geen keuse nie en moet ons maar gebare taal leer, want dit is die enigste manier hoe ek my werk sal kan behou. My verstaan is dat vryheid van spraak in die grondwet beskerm word. SA wat n grap. Ons word nou behoorlik die “CLOWNS” van die wereld.

Sarie ·

Gaan Standard Bank dan nou aan ons verduidelik watter feite is verkeerd; (1) Dit is ‘n harde feit dat ons land se ekonomie in sy kanon is sedert die ANC of liewers sedert Jacob Zuma oorgeneem het (2) Niemand kan ontken dat haat vir wit mense intenser raak en daagliks toeneem. Hoeveel uitsprake is daar nie al deur leiers, studenteleiers en ander van die ANC in die openbaar gemaak nie? (3) Dit is ‘n harde feit dat moorde op wit mense toeneem nie. As dit dan nie haat is nie wat is dit dan, veral as gekyk word na die skaal van wreedheid van die moorde. (4) Kyk hoe gaan dit in ons sport – wat is dit anders as haat vir wit mense? Ag komaan Standard Bank skrik bietjie wakker en staan op vir jul beginsels, moet deel word van die Jannie Jammerlandjie waarin ons land verander het nie. Wit mense leef in doodse vrees hier, ons loop heeldag en trap asof ons op baie dun ys loop of op glasstukke, almal is te bang om iets te se want kyk nou wat gebeur. Sover ek weet waarborg ons grondwet nog Vryheid van spraak en ons is veronderstel om nog in ‘n demokratiese land te woon.

Louw ·

Die groot manne met geld het Standard Bank lankal gelos, gaan kyk wie werk deesdae in die takke. Standard Bank kan my gelukkig nie skors nie.

Arie ·

Dis belaglik! waar is vryheid van spraak? Alle besighede kruip voor die anc maar dit help nie ons is amper by zimbabwe. Dankie tog ek is nie by Standerd of Absa nie, altwee verneder hulself om in die regering se goeie boekies te kom, lyk my baie van ons blankes het boedel oorgegee.

nig ·

Maar julle, ek is nie erg internet savvy nie, (as ek was sou ek)kan ons nie ‘n petisie begin of twiet of iets om hom terug te kry by sy werk nie? Mense het al baie reggekry met so-iets. Dis maklik om te sê hy moet waai maar hy is jonk en het dalk sy werk nog baie nodig? Net ‘n gedagte… #Chrishartmuststay

michael ·

Ek stem 100% saam met Hart,Standard bank maak ‘n fout tyd vir my ook om te skuif na ‘n bank met ruggraat en beter ekonomiese oortuigings

Jakes ·

So STANDARD BANK DIE STRANDE KAN MAAR BEMORS WORD n goeie beeld van Suid Afrika. Neem n foto van die strande en sit dit op julle logo ek ontrek my twee miljoen by julle.

Marietjie ·

Ek is ook klaar met Standard Bank!!! Rekening vandag gesluit. My hard verdiende geld is nie veilig by Standard Bank nie!!!!!!!!

Jacey ·

Ek wonder of STD Bank hierdie kommentaar lees . AS hulle dit lees sou hulle sien hoe die minderheid voel oor die toenemende vervreemding en gevaar . CH se kommentaar is in die kol en hy kon eindelik baie meer gese het net van n ekonoom se kant .
AS hy dit sou deurtrek na al die ander fasette van ons samelewing sou hy nie genoed spasie gehad het op sy twitter nie

Bryan ·

But he said it in he’s own personal capacity so that is freedom of speech. He didnt say it with affiliation to Standard Bank. But when the mayor in Mpumalanga says “The first to fokkof must be the whites”on social media the ANC is the first to defend him stating he said it in hes own personal capacity? Nice double standards Standard Bank….welcome to south africa where only whites can be labeled racists.

scalla ·

Chris, die waarheid maak seer, hul is seker blind en doof, jy mag dit bleikbaar nie se nie, met jou ondervinding en integriteit sal jy beslis n ander werks geleentheid aangebied word, wag maar en kyk wat die instansie se optrede is en wat eintlik niks met jou persoonlike uitlatings te doen het nie, sterkte aan jou

Johannes ·

Nou hoe is dit wat hy se feitelik verkeerd? Dit is 100% korrek.
Tata Standardbank, julle het my na 20 jaar as privaatbank klient verloor. Ek is in elk geval dik daarvoor dat ek nou in engels moet werk omdat die AA kandidaat wat julle as my privaat bankier aangestel het nie my taal praat of so bekwaam is soos die Afrikaanse dame wat julle laat gaan het nie.

Jacques ·

Wag en kyk wat Standard doen. As hulle voortgaan sal ek en my mense ook ‘n ander bank moet soek. Die waarheid sal oorwin. Dankie Chris. Foei Standard

Dirk ·

Mense, staan vas op julle voete. Dit is in elk geval beter as om te kruip. Ek verkies om my as te sien op my voete- nie kruipend op my kniee nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.