Ellisras-brand: Meisie (8) sterf

Katelint da Costa

Katelint da Costa

Katelint da Costa, die agtjarige meisie van Lephalale (Ellisras) wat ernstige brandwonde opgedoen het toe haar ouerhuis in ʼn brand vernietig is, is oorlede.

Nicole da Costa, Katelint se tannie, het gesê Katelint is Dinsdag oorlede. “Jy was ons vrolike blom wat net wou gee en niks teruggevra het nie. Jy is in ons harte en ons sal jou vir ewig liefhê. My skat liewe Jesus hou jou handjie nou styf vas en lei jou. Ons gaan jou so baie mis en so baie aan jou dink, en jou nooit ooit vergeet nie. Mag jy nou jou koppie sag neerlê voor liewe Jesus se voetjies. Jou liggie brand vir altyd in ons harte.”

Katelint en haar boetie Jayden (1) is albei ernstig beseer toe hul ouerhuis die naweek deur vlamme verswelg is en is sedertdien in die waakeenheid van die Mankweng-hospitaal in Polokwane behandel.

“Rus in vrede my engel, ek sal altyd lief wees vir jou my engel,” het Sibreena da Costa, Jayden en Katelint se ma, gesê. Sibreena het vroeër aan Maroela Media gesê sy het die aand omstreeks 22:00 wakkergeskrik en gesien die kamer was aan die brand. “My verloofde, Johan, het ʼn venster gebreek en in die proses by die venster uitgeval. Ek het my driejarige seuntjie, Douw, wat na aan die deur was, gegryp en by die kamer uitgegooi, net om hom uit die vlamme te kry. Toe ek omdraai was die hele kamer in vlamme gehul. Ek kan dit nie vir jou beskryf nie. Die vuur het soos blits oor alles versprei.”

Rafael da Costa, Katelint se oom, het gesê Katelint het met alles in haar baklei. “My hart is in miljoen stukke gebreek. Oom gaan jou so baie mis. Sien jou eendag weer my skat.”

Jayden se toestand is meer stabiel omdat hy minder brandwonde opgedoen het. Hy word egter onder verdowing gehou.

Klik hier vir vorige berigte oor die brand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Lea ·

Ek is so bitter jammer vir hierdie gesin – geen ouer moet ooit ‘n kind begrawe nie. Ek dink dis ‘n seer waarvan mens net nooit genees nie. Sterkte, ons gebede is met julle.

CHERYL PIETERSE ·

Very Deepest Sympathy to the family and friends, M.H.D.L.S.R.I.P. Thoughts and prayers are with you all and may the others Get Well Soon. Dankie aan die Oupa ook. One more Little Angel in Heaven

Hettie ·

Jammer om te hoor maar sy is nou vrede sonder pyn. Sterkte aan familie! Seer saam met julle

Petro ·

Ai my hart is so seer vir die pragtige engeltjie rus sag sterkte aan die hele familie mag Jesus jul toevou met sy kosbare liefde in die hartseer tyd.

gert ·

my hart is so seer …… Rus in Vrede poplap , Jesus hou jou vas. sterkte aan die ouers.

Marisa ·

Dit is ongelooflike hartseer nuus. Ek is so bitter jammer vir haar familie en vriende. – Heeldag hasies jaag en pienk spookasem eet saam met die Engeltjies, kleine poplap.

Rieks ·

RIV kleinding – Liewe Jesus het een van Sy engele nodig gehad. Nou is daar geen pyn vir jou meer nie :-(

neelsie ·

Ons het gebid maar God het besluit.
Ons vrae sal nie nou beantwoord word nie.
God se genade sal julle dra.

Adri ·

Dis verskriklik hartseer, ‘n mens kan nie eers begin dink waar deur hierdie gesin gaan nie. God is met julle in hierdie tyd, Sterkte.

BoereBikerBaby ·

Ai dis baie tragies, Sterkte aan die gesin met die verlies van ‘n pragtige blom. Sy is nou op ‘n beter plek van geen pyn en lyding meer nie. Rus in vrede Katelint…

Theresa ·

Engelgesiggie! Dis so hartseer en so wrede manier om te gaan, maar Jesus is ‘n pragtige Engeltjie ryker aan sy voete……………………… Sterkte vir diè wat agterbly.

Marilou ·

jammer om die nuus re kry maar God beskik oor lewe en dood
Rus sag Baie sterkte aan die gesin ek bid vir herstel van body soul en mind en vertrou dat God hul sal bystaan in die trauma genesing Vertrou op hom !!!

pop ·

Ai, ai, ai, Ek is baie broos die tyd van die jaar. So ek huil kliphard en my hart pyn vir almal in daai gesin. Dis onnatuurlik dat kinders voor ouers sterf. Ek herdenk in die volgende dae en maand 2 kinders se dood. En ek weet, nooit weer sal hulle dieselfde wees nie. Oornag is jy oud voortydig. Een dag staan jy op en alles is normaal, die volgende dag voel dit of jy aanmekaar op jou bors geslaan word. Die pyn is onbeskryflik. Weet net, God hou mens vas, en gee baie krag, want Hy weet daars nog n kindjie wat liefde nodig het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.