Fokus op BEE, werkskepping in 2016, sê Zuma

Pres. Jacob Zuma tydens 'n vorige geleentheid. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma tydens ‘n vorige geleentheid. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

President Jacob Zuma het in sy Nuwejaarboodskap aan Suid-Afrikaners gesê die land moet in die komende jaar die regte omgewing vir werkskepping skep, aangesien dit noodsaaklik is vir die land se vooruitgang.

“Ons doelwit is om ʼn Suid-Afrika te bou waar ekonomiese geleenthede vir almal vermeerder en nie net vir ʼn paar nie en ongelykheid, armoede en werkloosheid iets van die verlede word,” het Zuma gesê. “Daarom sal ons strewe na ekonomiese transformasie wat in 2016 sal voortduur.”

Zuma het gesê 2016 sal ook gekenmerk word deur ʼn strewe na breër en meer betekenisvolle swart ekonomiese bemagtiging (BEE) en deelname in die land. “Dit sal langtermyn ekonomiese ontwikkeling, asook eenheid, genesing en versoening in die land verseker. Ons sal ook verder fokus op die areas wat in die 2015-staatsrede se negepuntplan genoem is om ekonomiese groei en werkskepping te bevorder.”

Hy het gesê verdere geleenthede in die landbou-, mynbou-, kleinsake-ontwikkeling en energiebedrywe sal ondersoek word om die land se vervoer, water, sanitasie en telekommunikasie-ontwikkeling te versnel.

Volgens Zuma sal meer inligting oor die staat se sleutel-inisiatiewe in die 2016-staatsrede verskaf word.

“Met elke jaar wat verbygaan, beweeg ons land vorentoe in die rigting van ‘n beter lewe vir almal, teen baie verwagtinge in. Ons het hierdie jaar weer harder gewerk. Daar wag egter nog harder werk op ons in 2016 omdat uitdagings voortduur,” het hy gesê.

“Daar is baie wat goed en besonders is aan Suid-Afrika en sy mense. Kom ons beklemtoon ons prestasies in 2016 en werk saam om dit wat steeds aandag benodig, reg te maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Yuca Umelli ·

Omdat mense se kultuur so verskil, word agtertoe, vorentoe, links word regs en Afrika word die grootste kontinent. ha ha ha

Fly ·

Hoe belaglik is dit nie…. Die een wat sy toespraak geskryf het, het of n sin vir humor.. of is dalk werklik blind genoeg dat hy dink hy het die waarheid gepraat. Korrupste land in Afrika.
Rommel status
Rand verloor van ’94 80% van sy waarde
Rape capital of the world…
Ja nee ons het hard gewerk om te kom waar ons is van 21/22 jaar gelede

arie plaasboer ·

@ Werner,
Hy is te dom om te weet dat hy dom is !!!

Christo Henrico ·

Bee is net ń ander manier om wit mense se werk te steel, wonder hoekom val alles in mekaar.Hoekom maak so baie myne nou kastig toe, want dan kan regering mos alles koop en so nationaliseer maar dan kan sê hy het dit regverdig gekoop.Hoekom moet grond van swart boere aan regering behoort.Het ons juig geleer hoe kommuniste werk.Word wakker Suid- Afrika.Gaan Rusland of China of Indie ons regeer?Kyk hoe het ons al versleg.

Pieter dp ·

Mnr… die Prisedent. Die uwe Zuma.. Ek wonder of jy daar aan ge dink het toe die ANC verkondag het van als wat jul jul burgers sal ondvang as hul vir die ANC stem.

Nou wil die uwe se lands genote nie werk nie. Ek biet vir u arem agtergelewendis n geleendhuid om hul op te hef en te kan werk, Maar u uwe President jou volk wys dit van doe hand. U Mnr die President en u ANC het n slegte lei nasie geskep onder u bewind.

Flow ·

Die uwe beteken dieselfde as “ek”. So as jy se die Uwe Zuma is dit dieselfde as om te se Ek is Zuma. Dis belangrik om die spelling reg te kry as ky wil he jou boodskap moet impak maak.

Henri ·

Weet nie of hy ooit ‘n vraag gevra het nie, maar ek dink ek ken die antwoord. #Zuma must fall. # Tax Revolt. Hy glo duidelik daar is nog eleventy ninehundred billion beskikbaar in die W gedeelte van BEE………

Marius ·

Pieter, alles wat jy sê is waar, maar my goeie genugtig jy het ‘n Afrikaanse “spell checker” nodig. Jy spel amper so sleg soos JZ, as hy kan skryf.

Gideon ·

Spelling is belangrik, dit is nie net vir vinger druk en hoop woord is reg nie!!

Peet Schabort ·

Ek stem saam Gideon MAAR hier is ‘Prisedent’ reg vir JZ asook ‘slegte lei nasie’ wat beteken om leiding te neem.

Stefaans ·

Nou wonder ek maar net – Pieter skeer dalk die gek met spelfoute om Zuma se onnoselheid te beklemtoon – en julle val daarvoor?

pjkruger ·

Ek stem saam Marius. Die mense kan maar regtig aandag gee aan spel werk en lees asb net weer jou boodskap voordat jy die “stuur” knoppie druk.

Gertjie ·

Die bootjie van zuma het nou een kaptein 7 bemaningslede en een roeier.

Michelle de Wet ·

Marius – My seun – 14 jaar – het ook n groot spel probleem. Nie almal kan dit 100% reg doen nie, so hou op om mense te kritiseer. Ons weet tenminste wat Pieter probeer sê en dit is al wat tel.

FM ·

“Mark my words” Ons misgeagte president het nou al seker twee en tagtig tien honderd vyftig en vier miljoen toesprake gelewer en van nou af sal al sy toesprake fokus op witvoetjie soek by die massas met die oog op die munisipale verkiesings. Nou gaan apartheid en Jan van Riebeeck en wie weet nog deurloop om stemme te kry. En moet nie van die kospakkies en anc t hempies vergeet nie . En die beloftes sal uitgebasuin word. En raai wat : daar stem die omgekooptes weer anc en van die beloftes kom bokkerol, want die treasury( staatskas) is leeg. Viva viva Zimbabwe 2. Viva mugabe my mentor!!!

Louis ·

Miskien verdien die ongeagte pres punte vir slinksheid – hy het immers reeds die swart stem in die Vrystaat gekoop met die 12 nuwe Mercs vir die hoofmanne teen R3,2 miljoen van ons geld!
Ons probleem is hy stel nie belang in ons menings nie. Hy weet hy moet net die geluide maak wat die massas wil hoor, of dit nou geloofwaardig en haalbaar is, of nie. Zuma en die ANC se probleem is dat Malema homself beter van hierdie taak kwyt.

arie plaasboer ·

@ FM,
Ons mense vergeet te maklik dat die onafhanklike verkiesingskomitee (OVK) verskaffing van kospakkies, ANC hempies ens as onaanvaarde praktyk om te stemme te koop afgemaak.
Vergelyk die uitspraak van die “Potch” verkiesing.
Volgens die OVK mag dit nie weer gebeur nie

Bach ·

As ek Z is druk ek my kop in ‘n erdvarkgat ipv op TV te verskyn. Stem 100% saam met Cope se verklaring van vanaand.

Rudi ·

Wat is daai storie van die balk, die splinter en die oog?

Jy kan nie die president kritiseer omdat hy nie kan tel nie, dit terwyl jy nie kan spel nie.

Vooruitgang in die land is afhanklik van ieder en elk om homself / haarself te verbeter, en dit begin by my en jou. Hou op met verskonings en slaan oor in daadwerklike aksie.

JZ, dis nou jy ook.

Francois ·

Rudi, 100% korrek! Diegene wat hulle op sosiale media begeef, kan ten minste die moeite doen om hul mening behoorlik (en reg gespel) uit te druk. Doen hulle dit nie, is hulle in geen posisie om die President van intellektuele laksheid te beskuldig nie.

pjkruger ·

Stem saam Rudi, ons MOET ons rùê begin reguit maak. Minder praat en begin doen!

TM ·

So sy doelwit is om in SA ekonomiese geleenthede vir almal te skep en nie net vir ‘n sekere paar nie maar in dieselfde asem sê hy dat BEE groter aandag gaan kry. Nou hoe werk hierdie som?

Flippie ·

Ou Rudi die meeste van die spelfoute word deur die selfoon of tablet se speller veroorsaak. As ons in Ingels getik het sou daar minder spelfoute gegenereer word.

Die meeste van ons (wit ouens) probeer ons bes om ‘n positiewe bydrae tot die land se ekonomie en so tot die vooruitgang van die land te doen. Maar die regering doen sy uiterste bes om hierdie bydraes te kniehalter met onsinnige en idiotiese rompslomp.

As ons ons talente indiens aanwend om ‘n verskil te maak word dit gekniehalter en verfonkfaai deur “affirmative action”. Probeer ons iets op ons eie word dit in die wiele gery deur BEE, arbeidswetgewing en geklikke voorskrifte van SARS.

Nee man, ek dink jy preek vir die verkeede ouens – die regering moet aan boord kom om die land te dien. Ons (die meeste wit ouers) is reeds aan boord. Is jy aan boord of staan jy nog op die wal?

Dit is die regering se plig om die omgewing te skep waar welvaartskepping moontlik is. En dis net hier waar die prez en sy regering klaaglik misluk.

Flippie ·

Wat het ek nou weer gesê wat aanstoot gee.
Was dit my kritiek op Rudi of op die prez. Ek het tot die word ou stortkop uitgeredigeer in my tweede probeerslag.

Ek gee nou maar op.

Mariné Lourens ·

Dagsê Flippie

Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word en verskyn in só geval nie dadelik op die webwerf nie. Wanneer jou kommentaar dus nie dadelik op die webwerf verskyn nie, beteken dit nie noodwendig dat die kommentaar afgekeur is nie, bloot dat dit dalk net nog nie goedgekeur is nie.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Chris W ·

Die hoof nar van die anc (hy is NIE my president nie) het niks nuuts uit sy duim gesuig nie.Als is al voorheen genoem maar hy kon NIKS regkry nie behalwe om die land se ekonomie in die grond in te ploeg .Hy het hoeveelmaal belowe om werkloosheid te verminder sonder enige sukses.Trouens werkloosheid het gestyg.Besighede word gedwing deur al die stakings wat hy goedkeur,om te meganiseer.Boer meganiseer soos nog nooit van te vore nie.Die gevolg is werksgeleenthede word verminder nie geskep nie.Zuma leef in Disney Land.HY het duidelik nie ‘n clue wat in die land aangaan nie.

Flippie ·

Hy het dit nie uit sy duim gesuig nie, maar wel uit sy spies.

Flippie ·

Op Rudi en op François se kommentaar. Enige iemand mag die President kritiseer. Daar is geen kwalifikasie daarvoor nodig nie.

Hierdie twee here maak hulle aan meerderwaardigheid skuldig. Miskien kan die ouens wat so swak spel baie goed sweis of stene lê of elektrisiteitskas verstaan, wat Rudi en kie dalk glad nie kan doen nie.

Los die ouens wst nie goed kan spel nie. Dit is belangrik dat hulle ook ‘ n opinie mag lug.

Marius ·

Ek is so jammer ek het ‘n storm ontketen oor Rudi se spelling. Dit was eintlik met humor bedoel. Ek het nie bedoel om enigiemand in die gesig te vat nie. Rudi kan seker baie beter sweis as ek. Ek is seker Rudi sal net so lekker lag vir my sweiswerk as ek oor sy spelling.

Marius ·

Ek bedoel Pieter se spelling. En ja ek is ‘n Afrikaanse onderwyser. Het ek myself weggegee? Ek wil regtig nie met mense stry as JZ die onderwerp is nie. Almal stem saam. Dis al wat tel.

Francois ·

Nee wat Marius, jy hoef nie om verskoning te vra nie – jy was in die kol met jou kritiek. Dit gaan ook nie oor meerderwaardigheid soos Flippie hierbo beweer nie, maar eerder oor sinvolle en goed-geformuleerde menings. En sinvolle en goed-geformuleerde menings is juis iets waarvoor JZ nie bekend is nie. Ons mag nooit tot Nommer Een se vlak daal nie!

Sputnik ·

Wel, as hy net naastenby sweis soos hy spel sal ek eerder Pratley gom verkies – hie-hie.

Matmiet ·

Marius ou. Die rede hoekom mense spel soos hulle spel is oor die anc die standaard van skole so erg verlaag het dat dit onmoontlik is om te dop. By die skool (n swart skool) waar ek skool gee druip die kinders soos 11 in n klas uit 30. Raai wat sê die departement vir ons. Pas aan met 7%, as hy/sy steeds druip pas aan met nog 2% en as hy steeds druip hou aan met aanpas tot hy deur is. Dan lag die hoërskole vir ons want hoe de hel het die kind dit gemaak tot by die hoërskool? Hy kan nie spel nie en ook nie tel nie. Van hulle kan nie eers skryf nie en is baie ongemanierd en geen respek en is erg disipliene loos. My punt dus is vergewe vir pieter. Dit is nie sy skuld nie. Dit is smart fone en departement onderwys en JZ of ZJ of hoe ookal jy dit spel(hehe) se skuld. Onderwysers se hande is afgekap ou!

Christine ·

Zuma “voer” die jeug tot op ouderdom 18,wat hy in elkgeval wil verhoog. Hy voel niks vir die land en konsentreer net op ANC en swart bemagtiging. “Gelykhede,werkskepping,en en en, is net vir sy swart ” jeug” van toe passing. Verder gee hy toestemming vir die swart ma’s om nog meer kinders te he om groot te maak, verniet op die regering se onkoste. Wat meer wil n mens vra? As jy geld,kos,water,sanitasie,telekominikasie en studie verniet kan kry,hoekom dan ophou kinders he? Dis word hul aan gemoedig om nog meer kinders te wil he. Dit was nogal interessant om n Chinees in 7de laan te sien…hulle word ook “gestop” vol met geld,vervoer, water,sanitasie, telekominikasie en so ook besighede,hulle val ook onder “swart”, en belasting spring hulle vry. So ook sy Indier maaitjie van SANRAL. Stuur dus jul eposse. Die ANC vat stadig maar seker als en druk ons in die grond. Staan op,baklei wat reg is,staan saam,bid en vat terug wat joune is.

Johannes Meintjes ·

Regmaak kan nie op onreg gebou word nie. Totdat die geskiedenis korrek weergegee en vertolk word en kulturele minderhede ‘n regmatige aandeel in die Nuwe SA het, kan dinge nie kunsmatig, met kulkuns of met bluf reggemaak word nie.

Sarie ·

Word wakker Zuma, ek wonder wie is die een wat aan die voorpunt staan van die vernietiging van ons land. Kyk wat het die onnosselste stap wat hier platkop nog ooit gedoen het met ons land se ekonomie gedoen deur om sy eie en sy makkers se basse te red, aan ons land se ekonomie aangerig het!! As ek eers begin opnoem sal ek nie weer ophou nie en daar is nie genoeg plek om uit te stippel op watter maniere hierdie man en sy trawante al aan ons land en sy ekonomie gedoen het. Doen die regte ding Zuma en vat jou pie en gee pad – sommer vandag nog op hierdie eerste dag van 2016, die land kan NIE bekostg om nog tot middle 2019 met jou as president voort te ploeter nie. Sjoe dink net ons land se ekonomie is net bokant rommelstatus!!!!!!!!!!!!!

frans ·

Ek is seker di speler is gevra vir koreksie ma dit is ok al korupt so niks kan vetrou word in vandag se bee africaaa ni

Albert ·

Arme man. Hy is só vêr uit sy diepte.

Realiteite waarmee almal sal moet vrede maak :

1. Die volgende paar jaar gaan ekonomies en sosiaal toenemend moeilik raak.
2. Wat die algemene man op straat, en spesifiek blankes, dink van wat in die land en ANC aangaan is irrelevant. Maak vrede daarmee en beweeg aan.
3. Diegene wat nie kans sien vir die rowwe rit van die volgende paar jaar nie sal beter doen om na buurlande of oorsee te emmigreer.
4. Indien jy kies om te bly, of nie anders kan nie, is al wat jy kan doen om so goed moontlik te voorsien vir ‘n goeie opvoeding vir jou kinders, ‘n mediese fonds van soorte te hê en jou gesin so veilig as moontlik te hou.

Sterkte

Pieter dp ·

Dankie vir almal wat soo op ge kom het vir my vrot spelleng. Ja ek wens baie dae ek kan ook soo perfek soos die leterkindigis wees. Ek kon n ingeneer ge wees het as dit nie vir my speling was nie wand baie bestempil my van die beste in my ambag. Jamer ek moes van geleendhuid ge bryk maak al is dit nie die regte plek nie. Kom ons konsentreer op goeie komentaar wat op bou en nie af breek nie.

Avril . Pretoria Noord ·

Ek besef nou net weereens, julle wat komentaar gelewer het, het in tipies stereo tipe blankes, gereageer. Almal val mekaar aan oor spelfoute en korrekte taalgebruik, en daar mis julle al die dinge wat regtig saakmaak. Dis hoekom die blanke sit waar hy vandag is. Sies skaam julle en julle dink julle is beter as die massas ongeletterdes daar buite ????

Frans ·

Behep met spel -wel taal -kommunikasie is tog maar ‘n middel waarmee en waardeur gedagtes oorgedra word -en begrip onderling bewerkstellig word. Al is jy geleer om te klank beteken dit nie dat jy kan tik nie en die meeste spelfoute is agv die verkeerde toetse wat gedruk is.

Karooblommetjie ·

Wakker word Suid-Afrika! Zuma (en ek stem saam, hy is NIE my president nie), gee slegs vir een mens om, en dis homself. Nie BEE of enige regstellende aksies nie, SLEGS vir homself. Dit behoort al so duidelik te wees vir almal in Suid-Afrika, maar soos gewoonlik is ons wit Suid-Afrikaners eenvoudig te “ordentlik”. Tyd vir aksie neem en ek praat nie nou van spiese nie mense, ons sal onsself in die voete steek daarmee.

CHRISTA ·

As Zuma van ongelykheid in ons land ontslae wil raak, gaan hy vir elke landsburger ‘n Nkandla van R250 miljoen bou? Indien nie, hoe kan ons dan gelyk wees of meet hy net gelykheid aan wat die blankes in ons land besit?

PIETER ·

Hoe wil hy dit regkry ,hy moet eers beleggers terugbring,arbeids wette verander,verklein kabinet,bring produktiwiteit terug ,laat die boere sorg vir kos op die tafel ,laat ons ons eie toerusting bou,ons moet meer uitvoer dan invoer en verminder land se skuld en raak ontslae van korrupsie ,dan praat ons weer

PIETER ·

Het vergeet die grootste prbleem misdaad moet ernstig aangevat word wie wil in land bele waar misdaad ,strikes ens hoogty vier

Rynhardt ·

Ons land gaan vorentoe, prez? As n mens n salaris van R2,75 miljoen p.j.kry, dan beweeg n mens vorentoe! Die implementering en volhardng van BEE het juis SA vernietig en wys die Anc volg n doellose rigtig wat na nerens lei nie.Dit word ook vanjaar 22jaar dat ons Afrikaners van n toekoms ontneem word.Dit is abnormaal en krimineel!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.