[Foto’s] Kampsbaai-huis te koop vir meer as R440 miljoen

Foto: Sotheby’s International Realty

Foto: Sotheby’s International Realty

ʼn Huis, of altans “Suid-Afrika se duurste eiendom” soos dit bemark word, is te koop vir $35 miljoen (of nagenoeg R447 miljoen).

Die huis van 1,751 m² is op ʼn erf van 3,133 m² in Geneva-rylaan in Kampsbaai en staan bekend as “Casablanca”.

“Ontwerp en gebou vir ’n internasionale magnaat wat dit geniet om uitbundig en op ʼn groot skaal te onthaal,” lui die beskrywing op mansionglobal.com. Die huis word deur Lew Geffen Sotheby’s International Realty bemark en het agt slaapkamers, 13 volledige badkamers en twee groot onthaalvertrekke wat 1 000 gaste kan onthaal.

Die huis spog ook met ʼn motorhuis vir 14 voertuie, parketvloere en kandelare. Vir vermaak is daar ʼn agtiensitplek-fliekteater, ʼn Olimpiese grootte swembad en ‘n gimnasium. “Die eiendom het smeeysterboë en Juliette-balkonne regdeur, ’n ononderbroke see-uitsig met ʼn bergagtige agtergrond en die argitektuur is sowel paleisagtig as weelderig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

marlene ·

Eish wens ek het net R40 000.00 gehad. “Bliss, absolete Bliss”.

Dave ·

Nee, ‘Nkanla’ is ‘n stroois – diè plekkie in Kampsbaai is met smaak ontwerp.

Ludolf ·

kort Ramaposa nie dalk n huis in die kaap wat die belastingbetalers vir hom kan koop nie?

Faniwe ·

Ag nee, ek wil nie in so ‘n huis bly nie. ‘n Gewone huis is doodreg dankie!

Eliza-beth ·

Die uitsig is sekerlik begeerlik, maar die huis? Aikona, ek verkies myne. Dit pas vir my glad nie daar en verder lyk dit koud en onpersoonlik, amper soos ‘n hotel of museum of iets binne. Ek sal te bang wees om te nies!Glad nie my smaak; ek hou van honde en katte wat in en uit al krap hul om, boeke en tydskrifte wat rondlê, plante – ek hou m.a.w. van LEWE in ‘n huis! My eie plek is die heel beste met dingetjies wat reggemaak moet word en al!

CHRISTA ·

Moenie slapende honed wakker maak nie! Dalk wil Zuma hierdie huis OOK hê!!

cozican ·

Ek wou hom koop maar wil nou nie gaan staan en tjek kleinmaak nie.

MJ ·

Ag, ek skryf sommer ‘n tjek! Ek sal net die hoekies moet omvou sodat dit nie in my oog steek as die tjek hop nie :-D

Anoniem ·

Nou kan die Regering sien waar die geld vir Nkandla gegaan het, nie naastenby soos hierdie huis nie. Daars tenminste meubels in en die skape en beeste geniet nie die luukste van die huis nie. Ramaposa kan dit bekostig hys tenminste die rykse persoon in SA, danksy deur sy vrou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.