Foto’s: Plafon stort ineen by Sandton City

'n Gedeelte van die plafon het ineengestort in die wandelgang tussen Sandton City en Nelson Mandela-plein Foto: @julez_afrique, Twitter

‘n Gedeelte van die plafon het ineengestort in die wandelgang tussen Sandton City en Nelson Mandela-plein Foto: @julez_afrique, Twitter

ʼn Klein gedeelte van ʼn plafon het Woensdag omstreeks 15:10 in die wandelgang tussen Sandton City en Nelson Mandela-plein in Sandton ineengestort.

“Een klant is beseer en ontvang mediese behandeling,” het Julie Hillary, algemene bestuurder van Sandton City en Nelson Mandela-plein, aan Maroela Media gesê. Die betrokke partye is dadelik ontbied en die gebied is beveilig en afgesper.

“Ons wil graag ons klante gerusstel dat die veiligheid van ons klante en winkeliers van uiterste belang is. Ons eerste prioriteit nou is om te bepaal hoe dit gebeur het. Ons sal deeglik ondersoek instel,” het sy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Wie was die boukontrakteur en wie het toesig gehou ?
Kan net raai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.