[Foto’s] Rowers kies verkeerde huis om by in te breek

Twee van die verdagtes wat aangekeer is. Die man aan die regterkant is in die buik gewond. Foto: SOS ProTec Sure

Twee van die verdagtes wat aangekeer is. Die man aan die regterkant is in die buik gewond. Foto: SOS ProTec Sure

Drie vermeende rowers het Woensdagmiddag hul moses teëgekom toe hulle by die huis van ʼn egpaar van Johannesburg, wat albei polisiespeurders is, wou inbreek.

Bruce Lennox, woordvoerder van die Glenvista-gemeenskapspolisiëringforum (GPF), het Donderdag aan Maroela Media gesê die voorval het in Kiblerpark, naby die Southdowns-gholfbaan wes van Alberton, plaasgevind.

“Lede van ons GPF was toevallig in die omgewing en het bystand gebied nadat hulle van die voorval ingelig is,” het Lennox gesê.

Na wat verneem word het drie verdagtes, waarvan een glo gewapen was, toegang tot die egpaar se perseel gekry deur die hek met ʼn pik oop te buig. Albei beamptes was glo tuis.

Die vrou, ʼn kaptein, het die verdagtes sien inkom en skote afgevuur nadat die mans die huis se deur opgebreek en ʼn wapen op hulle gerig het. Een van die verdagtes is glo in die buik getref.

Maj. Mack Mngomezulu, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die gewonde verdagte en sy medepligtige is op die perseel in hegtenis geneem en die derde verdagte het in die bende se wegkommotor, ʼn groen Volkswagen, probeer vlug.

Lennox het gesê daar is glo op dié motor geskiet waarna die bestuurder stilgehou en te voet probeer vlug het.

Beamptes van die private veiligheidsmaatskappy SOS ProTec Sure is kort daarna van die gebeure ingelig en personeel van hul taktiese eenheid het dadelik die gebied begin fynkam vir die man wat gevlug het.

Jurgen Kotze, ʼn reaksiebestuurder van die maatskappy wat ook op die toneel was, het aan Maroela Media gesê die voertuig is verlate naby die egpaar se huis aangetref. “Die verdagte het in ʼn erf, sowat ʼn blok verder, skuiling gaan soek waar Gerrit Coetze, ʼn beampte van SOS se taktiese-eenheid, hom aangekeer en in hegtenis geneem het,” het Kotze gesê.

Die verdagte wat gewond is, is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem.

Mngomezulu het gesê die polisie het beslag gelê op ʼn vuurwapen wat in die verdagtes se besit gevind is. Hulle is in aanhouding en moet binnekort in die Lenasia-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot huisroof.

Dié foto’s is geneem deur die Glenvista-gemeenskapspolisiëringforum en SOS ProTec Sure:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Windhond ·

Ja dit is verseker wonderlikke nuus en meer sulke stories sal baie waardeer word!

Winston ·

Pragtig manne en vrou!! Dit was die regte ding op die regte tyd. Lekker man…..lekkerrrr!!

Swanna ·

Ek hou baie van die storie. Dit is baie mooi wat gebeur het. Kry vir jou wat jy soek. Maar daar is een vraag wat ek wil vra. Mag ek ook losbrand op vermeende boewe wat by my huis ook in breek soos die polisie Kaptein?

HEVW ·

Maroela medea, ons wil die nasionale identiteit van die misdadigers weet sodat ons bewus kan wees van die impak wat emigrante, wettig of onwettig op misdaad het. Ons wil weet wat is die gevolge van die opheffing van instromingsbeheer,

CHRISTA ·

Dis wonderlik dat die private veiligheidsmaatskappy se manne ook ingespring het om die polisie te help. Wys jou: as ons ALMAL saamwerk, kan ons hierdie wetteloosheid in ons land hokslaan!!!

Steve ·

Hulle moet vir poging tot moord ook aan gekla word want as die egpaar nie vinnig genoeg was nie, sou hulle nie dit lewendig daaruit gemaak het nie…..ons straf wet te sag dis hoekom alles in so n gaos is

poepies ·

Swanna, kyk op bladsy 16 van maroela media wanneer mag jy skiet

zahn ·

zuma wou mos gehad het dat ‘n sekere persentasie nuus elke dag moet positiewe nuus wees. Dankie maroela dat julle gehoor gee aan die beeswagter se versoek. Hierdie is mos goeie nuus!

Tou ·

Vatso julle filistyne,veg vuur met vuur.Lekker man Lekker vir die Polisie paartjie

magriet ·

ek hoop die veel aanbevole waarskuwingskoot was afgevuur…..

pop ·

My gat se deksel is nou hoekom word hulle gesigte toegemaak??

Marius Henn ·

Verkeerde plek op die verkeerde tyd. Mooi so polisie egpaar, laat dit vir hulle ‘n duur les wees. Dankie ook aan die mense wat gehelp het.

MB ·

Goed so, kan net dink hoe groot hulle oë gerek het toe daar so op hulle teruggeskiet word. Baie bly die inwoners van die huis is veilig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.