Fredi Nest verloor kankerstryd

Fredi Nest. Foto: Verskaf

Fredi Nest. Foto: Verskaf

Die geliefde Pretoriase sanger Fredi Nest is oorlede.

Nest se lewensmaat, Sylvia, het die nuus bevestig dat hy Vrydagoggend oorlede is. Hy is Dinsdag in ʼn plaaslike hospice opgeneem vir behandeling (lees meer hier).

Nest is in Mei vanjaar met ʼn breingewas gediagnoseer, waarna hy onmiddellik met behandeling by die Steve Biko Akademiese-hospitaal in Pretoria begin het.

Volgens Tania Fourie, woordvoerder van Select Musiek, het die kanker vinnig na die res van sy liggaam versprei en was medici dit eens dat dit te veel was om te verwyder en dat sy prognose uiters swak was.

In ʼn video wat kort daarna die ronde op sosiale media gedoen het, was dit duidelik dat Nest nie sy borrelende self was nie, maar steeds ʼn baie positiewe houding gehandhaaf het: “Ons wil dans, man, ons wil nie huil nie,” het hy gesê, “Ons kan op ʼn ander dag huil. So ons moet nou maar hom tackle dag vir dag”.

Nest, gebore op 25 Maart 1959, het sedert 1995 ʼn totaal van 14 albums en een DVD opgeneem met titels soos “Sê my”, “Hey DJ”, “Kom kry vir jou”, “Vrystaat limousine” en die meer onlangse “The Deperado” (saam met Esmeralda) en “Fredi Nest sing John Denver”. Treffers soos “Getoor”, “Toe toe toe”, “Net in Afrikaans” en “Bly net naby my” het dansvloere regoor Suid-Afrika aan’t gons gehad met pure Nest-oemf en ritme. Fredi het net voor hy siek geword het sy hulde aan John Denver album klaar gemaak.

Fourie het gesê Nest se kollegas by Select Musiek neem met groot hartseer, maar baie goeie herinneringe, afskeid van ʼn man wie se passie vir die lewe en musiek geen einde geken het nie. “Ons wéét dat sy musiek vir nog baie lank, nes met diegene wie se voete jeuk vir ʼn lekker dans, vuurwarm in ons harte sal brand!”

Lees ook: Hulde aan Fredi Nest

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Sakkie ·

So hartseer… Onthou ons het ‘n paar jaar terug ‘n vertoning gaan kyk van hom in die Sand du Plessis… Baie inspireerende mens gewees. Rus In Vrede Fredi, jou hart was op die regte plek…

ria zeelie ·

Ai dit is nou so hartseer RIV Fredi ons gaan jou baie. Mis jy. Was en is nog n legende sal nooit vergeet word nie en baie sterkte aan die familie en alle voorspoed en sterk wees ??

Sarah ·

RIV Fredi! Sterkte aan sy geliefdes en familie. Jy’t n groot stem op aarde gehad en ek glo jy sal net so pragtig saam met die Engele sing!

Debs ·

Rus in Vrede Fredi, ons gaan jou en jou musiek ongelooflik mis. Ons het altyd jou vertonings baie geniet. Jou musiek sal voorleef in baie mense se harte en huise. Jy sal altyd onthou word as die man wat vir sy musiek, skryf en sing geniet en geleef het. Sterkte aan Sylvia, kinders, familie en vriende.

ELSA ·

FREDI – RUS IN VREDI – SAL JOU BORRELLENDE LAG MIS…STERKTE AAN JOU FAMILIE/VROU……BREIN KANKER IS ERG…..

Wilma ·

Ai Fredi jou vuur het uitgebrand maar dit sal altyd in ons harte brand. Sterkte aan lewensmaat , kinders en familie

Piet Pompies ·

Baie goeie kunstenaar, sy positiewe uitkyk op die lewe was aansteeklik, so sal ons hom onthou. Sterkte aan sy geliefdes, vriende en familie.

Trudie Jonker ·

Ai dis hartseer! RIV Fredi…sterkte aan al sy familie en vriende in die hartseertyd.

elize viljoen ·

So bitter hartseer om te hoor. RIV Freddie Sal jou mis. Sterkte aan familie en vriende

Christine Kloppers ·

Dit is n groot skok en gaan n groot leemte in die musiek wereld wees. Ons innige meegevoel met sy vrou en familie. Sterkte.

Petro ·

So bitter hartseer nuus hy was ‘n wonderlike mens en so nederig rus sag ons innige meegevoel aan sy familie

Anet vd Berg ·

Ek het sommer tane in my oe. Bitter hartseer nuus. Hy is nou op die regte plek, daar waar hy nie pyn het nie. Baie sterkte aan sy familie en vriende. RIP

Sandra Bloem ·

Rus in Vrede Fredi….. Jy is nou op ‘n beter plek. So bly ek het op 30 Mei in Vanderbijlpark ‘n foto saam met jou geneem….. Dis nou goud werd vir my. Innige meegevoel aan die familie. Mag God julle vertroos in die hartseertyd.

charmaine ·

ag nee, hoe hartseer is ek nou, gister toe ek die berig lees dat hy na die Hospice is het gewonder hoe lank hy daar moet le, en hier is die nuus nou!

Rieks ·

RIV Fredi, jy sal voorwaar gemis word. Nie net deur geliefdes nie maar deur almal wie se lewens jy aangeraak het met jou fantastiese musiek. Al wat ons kan sê is dankie vir die legende en goeie musiek wat jy nalaat. Jou reis laat voorwaar ‘n leemte. Mag die seer nou minder wees en vir jou geliefdes bid ek berusting en aanvaarding toe. Baie sterkte aan almal wat hierdeur geraak is.

Helena ·

Rus sag Ferdi, “die vuur binne jou” is geblus, maar sal nog lank onthou word. Sterke aan die sy vrou, kinders, al sy geliefdes en getroue aanhangers, wees sterk glo en vertrou dat ons Hemelse Vader die beste sanger vir Sy koor kom haal het.

Rassie Erasmus ·

Vir julle is dit n bitter einde maar vir hom is dit die begin van n nuwe lewe RIP. Ons hele SA gaan jou mis

anne ·

So hartseer, sal jou altyd onthou as die ou met die lag in die oe , so mooi mens. RIV

Susan ·

Baie Baie hartseer !!!! Rus in Vrede Liewe Fredie . Baie sterkte aan sy vrou ,kinders en al die familie .
Mag die Here julle styf vashou in hierdie seer tyd .

Ina Baillie ·

Rus in Vrede Fredi jy was een van my gunsteling sangers, jou liedjie die vuur binne my ai dis so seer, maar jou musiek in my huis sal nog altyd gespeel word. My hart is baie seer sterkte aan sy kinders en familie. Ina van Nelspruit

Leonie ·

RIV Fredi! Jy sal baie gemis word. Sterkte vir die familie en vriende in die moeilike tyd XX

ELSABE ·

RIP Fredi die liedjie “se my” is my foon se Luitoon en sal altud so wees. JY WAS ‘N UITSTEKENDE SANGER. Nou sing die ENGELE VIR JOU.

FRANCIS ·

Ai sal ek ooit vergeet – 20 jaar gelede het jy net engels gesing en dan kon ek so lekker huil op jou liedjies as ek die dag hartseer was. gelukkig het ek ook n foto wat my vriendin van ons twee geneem het. Rus in vrede my vriend.

Kathleen ·

Hi Sylvia. Sterkte vir jou en almal wat hom lief gehad het. Ek was n groot fan van Fredi. Dis n groot verlies vir afrikaanse musiek. Fredi gaan nou in die Hemel sing saam ons Vader. Fredi rus in vrede. Gaan jou mis.

Kathleen ·

Rus in vrede Fredi. Ons gaan jou musiek mis. Sterkte aan sy familie

Yvonne ·

R.I.V Fredi. Dis baie baie sad! Ons het ‘n engel op aarde verloor. Alle sterkte en bystand aan jou familie, mag onse Heer sy Hand oor elke een van hulle hou en hulle vertroos in hierdie donker uur.

Yvonneb10 ·

Wat ‘n groot verlies vir Suid Afrikaners. Ons het d voorreg gehad om hom te ontmoet hier in Perth. Wonderlike mens! Jou musiek sal in ons voortlewe!

anet ·

Fredi, Dit was ‘n voorreg om jou te kon sien en na jou stem te luister. Jou stem is vas gemessel vir ons op CD ens. vir ewig. Dankie vir Tegnologie. Sterkte aan sy vrou, familie en kinders.

Noleen ·

Ons innige meegevoel met Sylvia en al die familie. Freddie het dit net gehad… hy kon ‘toor’ met musiek. Ons sal hom vir altyd onthou en sy musiek sal voortleef in ons harte en huise en motors. RIV Freddie

tilla ·

So jammer om te hoor hy as so deel van oons land sterkte aan sy familie en huisgenote

Magda Blom ·

Rus sag liewe Fredi…dankie vir wonderlike musiek. Jy laat ‘n groot leemte. Baie sterkte en krag aan jou geliefdes.

Vienna ·

RIV Fredi. Ons sal jou nooit vergeet nie.
Sterkte aan jou beliefdes.

Fanie ·

Rus in vrede Fredi. Jou musiek sal almal nog op die dansvloer hou. Sterkte aan die familie jul is in ons gebede.

Willie ·

Hy was een van my kliente, Mees rustigste persoon en geduldig.

antoinette en kobus ·

aan sy geliefdes ons innige meegevoel met freddi se heengaan.
sy stem is stil
sy plek is leeg
ons swyg o Heer
dit was U wil
mag ons Hemelse Vader jul vertroos en mag julle altyd Sy nabyheid ervaar

Ria Vermaak ·

Ons innige meegevoel aan al Fredi se familie. Ons dra jul in ons gebede op aan Ons Hemelse Vader wat met oop arms staan en wag om jul te vertroos en te versterk. Fredi se liedjie “Daar is ñ vuur binne my en dit brand ja dit brand”is een van my gunstelinge hy is is ook my foon se luitoon. Wonderlike stem gehad….. R I V Fredi

Annie de leeuw ·

We will miss you Fred r.I.p. on the wings of a snow white dove you left us. TO your family, be strong

Helene Kearney ·

Fredi dankie vir jou bydrae aan kosbare Afrikaanse musiek – dit was n voorreg om jou te ontmoet by die Kyknet – ekspo. Jy wandel nou voor Ons Almagtige Elohim se Aangesig in n Ewige Lewe- Volkome Blydskap vir jou – Seenwense en vertroosting aan jou geliefdes.

Willie Silver ·

My Maat ek sal jou ontsettend baie mis jou songs is almal net herinerings wat vir altyd by my sal bly.Ek wil net sterkte toe bid aan Fredi se geliefdes.

Liz Stoltz ·

Rus in vrede, niks meer pyn nie.
Jou fans gaan jou mis.
Alle sterkte aan familie en vriende.

Maritza Van Zyl ·

Jy is nou op gradeur na di Hemel en sien God van aangesig tot aangesig maar die Vuur van jou goeie musiek sal vir ewig in ons brand Rus in Vrede Fredi en my innige simpatie met die famielie ons sal jou musiek ewig hoog hou en altyd met respek luister

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.