Gewapende rowers het Saterdagmiddag toegeslaan op ʼn juwelierswarewinkel by die Mall@Reds in Centurion, Gauteng.
Volgens die bestuur van die sentrum het die rooftog by Heide Marie Meier-juweliers plaasgevind.
Konstabel Moloto, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig beamptes is steeds op die toneel. “Daar is nog nie besonderhede beskikbaar van die toneel nie. Die beamptes is steeds besig met die ondersoek,” het hy gesê.
Dit is nie duidelik of enigiemand in die voorval beseer is nie en Maroela Media kon nog nie bevestig of enigiets gesteel is nie.
Meer inligting volg.
Mall@Reds sal hulle sekuriteit moet opskerp. Die feesseisoen is op hande en gewoonlik neem hierdie tiepe misdade baie toe. Die betrokke juwelierswinkel kan ook daaraan dink om toegang tot die winkel soos by handelsbanke te beheer. Dit sal dit ook veiliger maak vir kliënte.