Gruvonds in vlak graf by Kleinfontein gemaak

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn baba is Donderdag in ʼn vlak graf in die woonwapark-gebied van die Kleinfontein-gemeenskap, oos van Pretoria, gevind.

Kapt. Marissa van der Merwe, polisiewoordvoerder van die Boschkop-polisiestasie, het Vrydag aan Maroela Media gesê nuwe inwoners van ʼn Wendyhuis in die woonwapark-gebied [waar mindergegoede mense woon] het die polisie ontbied weens ʼn slegte reuk wat hulle opgemerk het.

“Die polisie se honde-eenheid is na die toneel ontbied en het op ʼn vlak graf, ʼn paar meter van die Wendyhuis, afgekom,” het Van der Merwe gesê. “Die liggaam van ʼn baba, vermoedelik 30 weke oud, is in die graf aangetref.”

Maroela Media het van ʼn bron wat op die toneel was, verneem die baba se liggaam was vol maaiers.

Van der Merwe het gesê die baba se ma, in haar 30’s, is kort daarna in hegtenis geneem. “Die ma en ʼn vriend het voorheen in die huis gewoon. Sy beweer sy het ʼn miskraam gehad. Sy is in hegtenis geneem op aanklag van die verberging van geboorte.”

Die vrou sal na verwagting Maandag in die hof verskyn. Die vriend word tans in ʼn hospitaal behandel ná ʼn beweerde onlangse operasie. Hy is onder polisiebewaking omdat hy glo bewus was van die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Marcia ·

Sjoe ek kan my nie so iets indink nie! Watter regdenkende mens sal so iets wreeds doen? Aggenee eerlik ons samelewing is siek! Deur en deur!!!

Gertjie ·

Nou beswadder hulle Kleinfontein se mense met hulle dade, sies.

Ania ·

Wonder nou – was die baba 30 weke oud of was die vrou 30 weke swanger toe sy geboorte geskenk het?

Phillip ·

Dagsê Ania

Om verwarring te voorkom, wil ons net weer beklemtoon dat die ma beweer dat sy ‘n miskraam gehad het.

Groete

Phillip Bruwer, Joernalis

antjie ·

Mense kan wreed wees, met skinder ens . Wie is ons om te oordeel? Watter mense maak seker van feite , waarheid voor hul , die monde spoel oor ander. Bly hul daar weet hul regtig , ons is beskaafde mense wat hier bly, hier en daar vrot appels soos in enige sak daar buite ! Wat gedoen is praat ek nie goed nie verstaan my baie mooi! Vrouensmense van skinder onder julle en stories opmaak stertjies las , pleinweg lieg grief my tot in my kleintoontjie . Hoop jul lees wat die klag teen haar is wat Kapt van der merwe se ! Hoop jul los nou die ander familie uit met jul geskinder. Hul weet ek oordeel nie nou weet hul ook wie in vriende hul bystaan! En los asb die ouer tante uit jy wat gese sy lieg , toe lieg sy nie ne! HOOP JUL GESKINDER STOP NA JUL HIER GELEES HET !!!!!!!!!!!!!!!!!!!1

MissDemeanor ·

Sjoe Antjie, dit is so bietjie ‘n sterk reaksie. Ek het die ander komentaar hierbo gelees, klink nie vir my na skinder nie. Mense wonder maar net wat het gebeur. Was dit ‘n 30 week oue fetus wat te vroeg gebore is? Was dit ‘n 30 week oue baba (dus 8 maande na geboorte)? In ieder geval, mens wonder hoe is die klein mensie dood? Dit is nie skinder nie.

Phillip ·

Dagsê MissDemeanor

Om verwarring te voorkom, wil ons net weer beklemtoon dat die ma beweer dat sy ‘n miskraam gehad het.

Groete

Phillip Bruwer, Joernalis

Dee ·

MissDeanor (en jy ook Ania), dit behoort nie eens nodig gewees het vir Phillip om te verduidelik nie. As ‘n mansmens dit kan reg lees, hoeveel te meer julle vroumense (want júlle is tòg die slimmer geslag).

Ander antie ·

Joe, nou is ek heel deurmekaar. Antjie vra dat ons die “ouer antie” uitlos wat toe nie lieg nie. Ek kry nie so iets nie. Hoekom is die Polisie ontbied oor ‘n slegte reuk? Daar kon mos iets gevrek het of iemand ‘n troeteldier begrawe het. Dan is dit ook nie duidelik of dit ‘n vroeggebore baba was nie of ‘n ouer baba nie. Seker ‘n fetus; die ma word dan aangekla van verberging van geboorte. Ai foeitog, miskien het die arme ma nie van beter geweet nie, en dis ‘n nare ondervinding om ‘n baba te verloor. Dis werklik nie reg om te oordeel nie, veral as die feite so deurmekaar is.

susan ·

Klink my Antjie se kommentaar is vir die mede inwoners van Kleinfontein. Soos ek kan kan aflei is daar n geskinder onder mekaar. Ek wonder ook of dit n fetus of baba was….

Trudy Botha ·

n Baba is n fetus tot op 12 weke swangerskap, daarna is dit n baba. My vriendinnetjie se tweeling seuntjies is op 7 maande swagerskap gebore en het net 3 weke gelewe. Hulle is gister begrawe. Dit het hulle nie fetusse gemaak nie. Om in n mindergegoede buurt te woon maak ook nie die mense onnosel nie. Ek het simpatie met julle almal! Omstandighede is die oorsaak dat hulle daar moet woon. Almal wat in normale omstandighede woon en werk is maar net bevoorreg en soms waardeer hulle dit nie. Ons mag nie oordeel nie!!!

Phillip ·

Dagsê Susan

Om verwarring te voorkom, wil ons net weer beklemtoon dat die ma beweer dat sy ‘n miskraam gehad het.

Groete

Phillip Bruwer, Joernalis

Adele Botha ·

Dis baie interessant dat van die plaaslike mense so aanvallend is op die mense wat kommentaar lewer!
Dit laat my wonder waarom!
Hierdie is ‘n openbare webtuiste en elkeen wat hier lees is geregtig daarop om te spekuleer oor wat die werklike feite is en veral omdat niemand iemand geoordeel of beledig het nie!
Ek verstaan dat dit seker maar nie lekker is om in die media te lees van mense wat jy ken nie, maar ongelukkig is dit nou maar so, dat as iets nuuswaardig is, dit reaksie van ander gaan ontlok. As die reaksie sleg en lelik was, sou ek ook dalk vir my kollegas/vriende/kennisse opgekom het, maar hierdie is onnodig aanvallend!

Dee ·

Verminder die word ‘fetus’ nie dalk die werklike waarde van ‘n ongebore menselewe in die gedagtegang van die leser nie? Daai was ‘n mensie!

Sue ·

‘n Embrio is ontwikkeling fase tot 12 weke en word deur sommige persone beskou as aborteerbaar

Dee ·

Dìt kan in ‘n oneindige debat ontaard beginnende by ‘van wanneer af is ‘n fetus ‘n mens’.

Antjie ·

Jammer vir ander lesers wat dink ek het dit vir hul aangeval ens. Dit was soos een leser dit kry vir die wat hier bly . As mense al die stories moes hoor wat aan ons gese is sal jul verstaan ! Mense het daarvan geweet maar nie gepraat nie jammer ek het dit nie geweet nie dan was dit lankal aangemeld .!

Eric ·

Sedert hierdie voorval,loop allerhande wilde gerugte rond. Naamlik dat die kind doelbewus geaborteer is, dat die kind nog gelewe het,en dat die vriend die baba vermoor het daarna. Niks word bereik deur hierdie wilde spekulasies nie. Laat die polisie toe om hulle werk te doen. Die nadoodse ondersoek sal meer lig op die omstandighede werp. Die geskinder end slegpratery is nie nodig nie. Ek woon en werk op Kleinfontein, en is ontsettend Lief vir hierdie plek. Kleinfontein se naam,het niks met hierdie voorval te doen nie. Dit kon op enige plek gebeur het. Stertjies na die stories,help niks.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.