Hitachi beboet oor ‘onbehoorlike betalings’ aan ANC

Medupi-kragstasie Foto: Hitachi  Power Africa

Medupi-kragstasie Foto: Hitachi Power Africa

Die VSA se beleggingswaghond, die Securities and Exchange Commission (SEC), het die Tokio-konglomeraat Hitachi aangekla oor “onbehoorlike betalings” aan die ANC.

Die betalings hou verband met twee multi-miljardrandse kontrakte vir die kragstasies Medupi en Kusile. Die SEC het Hitachi aangekla ingevolge die oortreding van die Amerikaanse wet op buitelandse korrupsiepraktyke (FCPA). Hitachi het glo ingestem om $19 miljoen te betaal ter skikking

Volgens die SEC het Hitachi ’n 25%-belang in sy Suid-Afrikaanse filiaal aan die ANC se beleggingsarm Chancellor House Holdings verkoop. “Die reëling het dit vir die frontmaatskappy [Chancellor House] en die ANC moontlik gemaak om te deel in die winste van enige kragstasie-kontrakte wat Hitachi verseker het. Daar is uiteindelik twee kontrakte aan Hitachi toegeken om kragstasies in Suid-Afrika te bou en daarna het Hitachi die ANC se frontmaatskappy sowat $5 miljoen in ‘dividende’ betaal, gegrond op die winste uit die kontrakte.”

Volgens die SEC het Hitachi ook ʼn bykomende $1 miljoen in “suksesfooie” aan Chancellor House betaal. Dit is as konsultasiefooie aangedui sonder die nodige dokumente. “Hitachi se lakse interne beheeromgewing het sy filiaal in staat gestel om miljoene dollars aan ʼn polities verbinde frontmaatskappy vir die ANC te betaal om kontrakte met die Suid-Afrikaanse regering te bekom.”

Die SEC het gesê Hitachi het sonder om die SEC se bewerings te ontken óf erken, ingestem om die boete te betaal. Die skikking moet nog deur ʼn hof bekragtig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jimmy ·

Dankbaar dat korrupsie n bietjie vasgevat word , dankie aan die instansie wat dit reggekry het. Baie goeie nuus .

Bruno Stef ·

Daarom neem mense in SA aan anti-korrupsie betogings deel die trog moet gedurig opgevul word om al die gulsigus te voed.Die dag gaan kom en is baie nader as wat die regerende elite dink wat die gepeupel met geweld die land onregeerbaar gaan maak.Mense is moeg van beterwetende pratende koppe en hulle rugkrappers.

Dave ·

Die ‘onregeerbare’ status is reeds bereik, Bruno. En soos jy weet is dit weens beplanning van dekades gelede.

Ben ·

Ek doen doen my deel en koop niks ooit weer met die Hitachi etiket nie.

Dirk Bosman ·

Die hele optrede is n oortreding van die bepalings van Die Wet op die voorkoming van korrupsie en die hele obrengs van die Hitachi aandele is vatbaar vir verbeurverklaring as die obrengs van misdaad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.