Identiteit van lyke in Hennopsrivier nog onbekend

Hennopsrivier in Centurion Foto: wrc.org.za

Hennopsrivier in Centurion Foto: wrc.org.za

Die polisie het teen Maandagmiddag steeds nie geweet wie die twee mense is wie se liggame Sondagoggend in die Hennopsrivier in Centurion gevind is nie.

Kapt. Augustinah Selepe, woordvoerder van die polisie, het gesê niemand het nog na vore gekom met inligting wat moontlik die twee mense se identiteit kan bepaal nie. “Die ondersoekspan sal vandag [Maandag] die oorledenes se vingerafdrukke gaan neem, wat hopelik sal help om hulle te identifiseer,” het sy gesê.

Maroela Media het vroeër berig die twee liggame is met kopbeserings en tekens van verwurging gevind. Die presiese oorsaak van hul dood is egter nog nie bekend nie, aangesien die nadoodse ondersoek nog nie afgehandel is nie, het Selepe gesê.

Dit is ook nie duidelik of die liggame in die rivier gestort is of daar uitgespoel het nie.

Lees alle vorige berigte oor Hennopsrivier op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

elize naude ·

dis vakansietyd en almal iewers oppad… normaalweg verwag mens nie so iets nie… en ons weet nie alles van mekaar se probleme nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.