Jugomaro-katte se toekoms nog duister

Een van die katte by die Jugomaro Predator Park in Limpopo (Foto verskaf aan Maroela Media)

Een van die katte by die Jugomaro Predator Park in Limpopo. Foto: Tiaan Joubert

Die toekoms van talle roofdiere by Jugomaro Predator Park in Limpopo is nog duister te midde van uitgerekte hofverrigtinge om ʼn likwidasiebevel ter syde te stel én ʼn uitsettingsbevel wat glo in die hoogste hof van appèl aangehoor moet word.

Talle diereliefhebbers het Woensdag met skok reageer toe dit aan die lig gekom het dat ʼn groep van sowat 20 mense by die park, wat tussen Groblersdal en Marble Hall geleë is, opgedaag het en 12 van die katte, waaronder 10 tiere en twee leeus, verdoof en in hokke gelaai het om hulle na ʼn nuwe tuiste te skuif.

Die eienaars van die park, Goosey en Rosa Fernandes en hul seun, Justin, het ʼn dringende interdik by die hooggeregshof ingedien om te verhoed dat daar beslag gelê word op hul katte en het ʼn beroep op mense gedoen om paaie te versper om te keer dat hul diere verwyder word.

Regter Bert Bam het egter die dringende aansoek van die rol geskrap. Hoewel die tiere tans nog by die park is, is hul toekoms steeds duister, met meer hofsake wat moontlik op die Fernandes-gesin wag.

Die 12 katte is Donderdag in die vroeë oggendure noodgedwonge in hul kratte by die park gelos nadat ondersteuners van die Fernandes-gesin verbete geveg het om te keer dat die voertuie met die diere die park verlaat.

Johan Crouse, prokureur van Crouse Ingelyf wat namens die likwidateurs optree, het Donderdag aan Maroela Media verduidelik dat alles wettig en gereed is.

“Kortliks is die Fernandes-gesin se maatskappy ná ʼn drie jaar lange proses in Oktober verlede jaar gelikwideer,” het Crouse gesê. “Drie likwidateurs is aangestel en het begin navraag doen om die waarde van hul bates te bepaal. Daar is kort daarna ʼn vergadering met Goosey en Rosa by een van hul persele in Springs gehou waartydens ooreengekom is dat die diere onder meer verkoop kan word as daar ʼn tekort in die boedel is. Al die partye het die ooreenkoms onderteken.”

ʼn Koper, Kamp 248 Sabie Park BK, het die gelikwideerde maatskappy se vaste eiendomme in Desember by die boedel gekoop en het ʼn ooreenkoms met die gesin gesluit om een van die eiendomme aan hulle terug te verkoop.

“Die gesin het egter nie in terme van die ooreenkoms presteer nie en die verkoper het die transaksie omstreeks Maart gekanselleer. Teen einde April is litigasie begin om ʼn uitsettingsbevel te bekom, wat toegestaan is. Die gesin het daarna ʼn aansoek tot verlof vir appèl ingedien, maar die koper het terselfdertyd ʼn reël 49(11)-aansoek ingedien. Dit is ʼn aansoek om die hof te vra dat die uitsettingbevel voort kan gaan, hangende die appèl,” het Crouse bygevoeg.

ʼn Regter het kort daarna twee aansoeke, die verlof tot appèl en die reël 49(11), aangehoor. Die koper se reël 49(11)-aansoek is toegestaan en die Fernandes-gesin se aansoek tot verlof van appèl is vir ʼn week lank uitgestel. Die gesin se prokureur het ná die uitspraak ook aansoek gedoen vir verlof tot appèl teen die 49(11)-bevel. “Die Vrydag daarna het die regter albei aansoeke van die gesin aangehoor en albei van die hand gewys en die 49(11)-aansoek bekragtig,” het Crouse gesê.

Hy het gesê die gesin het al hul opsies in die Pretoriase hooggeregshof uitgeput en hy is tydens Woensdag se dringende aansoek meegedeel dat die gesin ʼn petisie by die appèlhof in Bloemfontein ingedien het. “Ek het egter nog nie ʼn afskrif daarvan gekry nie en weet nog nie wat daarin staan nie, maar ingevolge reël 49(11) wat bekragtig is, kon die koper optree terwyl die appèl en aansoek om tersydestelling van die likwidasieprosesse voortgaan. Die uitsettingsbevel is egter onverwant aan die verkoop van die diere.”

Hy het verduidelik wat die katte betref, is die kooptransaksie in Maart gesluit. “Die likwidateur, Sias van Rensburg, was gereeld met die gesin in kontak om die nodige permitte te kry, maar hulle het hom blootweg geïgnoreer,” aldus Crouse.

Volgens hom is die koper ook ʼn bewaarder en liefhebber van eksotiese diere en sy perseel is geleë naby Lichtenburg in Noordwes. “Die koper het aansoek gedoen vir die nodige invoer- en uitvoerpermitte tussen Limpopo en Noordwes en wou die verskuiwing Woensdag doen onder die toesig van ʼn veearts, departement van natuurbewaring en hul prokureur, SD Nel, van De Meyer Prokureurs.”

Nel, wat namens die koper optree, het Donderdag aan Maroela Media gesê al hul papierwerk was in orde en daar is glad nie onwettig opgetree soos beweer word nie.

Hy was self van vroegoggend af op die toneel. Hy beweer die elektrisiteit om die katte se kampe is afgeskakel en glo ook nie op peil nie en dit is hoe ʼn tier daarin kon slaag om uit sy kamp te ontsnap.

“Die tier het oor die heining gespring en ʼn veiligheidswag aangeval. Daar is waarskuwingskote gevuur, maar daar is glad nie op die tier geskiet soos wat daar wyd berig word nie. Die tier is ook glad nie gewond nie,” het Nel beklemtoom.

Hy het gesê die veiligheidswag het ernstige beserings opgedoen en het baie gebloei. Hy is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Volgens Nel was al die katte teen 12:30 verdoof en in houers gelaai om na die koper se perseel vervoer te word. “Toe ons teen 13:00 wou vertrek, is die enigste twee uitgangroetes by brûe vir ons geblok.”

Albei kampe het Donderdag tot in die vroeë oggendure nog hul man gestaan. Nel het intussen die polisie ontbied en ná ’n ure lange geredekawel het ʼn senior polisiebeampte omstreeks 00:30 gesê die geskil tussen die partye moet eerder Donderdag in die hof opgelos word.

Nel het besluit om die toneel sonder die katte te verlaat en het dikteer dat hy en die koper nie verantwoordelikheid neem vir die welstand van die roofdiere nie. “Die katte moes al teen 17:00 by hul nuwe tuiste en verdoof  gewees het terwyl hulle uitgelaai word. Hulle het later self wakker geword en daar was nie water vir hulle nie. Ons was ook besorgd oor hul welstand, want ʼn wakker wilde kat kan homself in so ʼn beperkte ruimte beseer.”

Nel het gesê hy het dit ook duidelik gestel dat die gesin self die kostes moet dra om die diere terug te skuif na hul hokke voordat hulle daar weg is.

Justin het Donderdagoggend aan Maroela Media bevestig die tier is nie geskiet soos aanvanklik vermoed is nie. “My ma het in die harwar toe die tier ontsnap het en ná die daaropvolgende skote gedink die tier is geskiet,” het hy gesê. “Die tier is egter kort daarna verdoof en het op die grond gelê. Hulle het ʼn handdoek oor sy kop gegooi en my ma nie naby die tier toegelaat nie. Sy het die ergste vermoed. Al die katte is nog hier. Hulle is kos en water gegee en word weer na hul kampe geskuif,” het hy gesê. Hy het almal bedank wat met Woensdag se gebeure gehelp het.

Goosey het vroeër aan Maroela Media bevestig dat ʼn aansoek om die likwidasie te bekamp by die hooggeregshof hangend is. Crouse het dit ook bevestig.

ʼn Plaaslike veearts het vroeg Donderdagmiddag opgedaag waarna die proses begin is om die katte weer te verdoof en na hul kampe te dra.

Intussen was verteenwoordigers van die koper, likwidateurs en die gesin Donderdag weer in die hof. Regter Bam was boos oor Woensdagaand se gebeure en dat daar nie ag geslaan is op sy bevel nie. Die koper het hierdie keer aansoek gedoen om ʼn dringende interdik te bekom om die gesin en publiek te verhoed om te keer dat die katte verwyder word.

“Die versoek is omstreeks 14:00 aangehoor. Aangesien die veearts toe reeds besig was om die katte terug te skuif na hul kampe, het regter Bam in die belang van die katte opgetree en beslis dat die aansoek nie dringend is nie en dit van die rol verwyder. Koste is voorbehou. Hy het gesê dit is nie in belang van die diere dat hulle meer as twee keer in twee dae verdoof word nie,” het Crouse ná die verrigtinge aan Maroela Media gesê.

Die koper het aangedui dat hy sy regte binne die volgende twee weke gaan afdwing in terme van die verkoopstransaksie. “Die likwidateurs voel dit is ʼn bitter pil om te sluk, maar stem saam dat daar in belang van die katte se gesondheid opgetree moet word.”

Lees alle vorige berigte oor die Jugomaro Predator Park op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Liesl ·

Ek het slegs positiewe kommentaar gelees van mense wat al die plaas besoek het. Is daar nie n fonds of iets waar mense kan geld skenk om die plaas te red nie? Klink tog of die eienaars baie lief is vir die plaas en ek glo elke klein bedraggie kan n verskil maak aan die katte se lewe. Kom ons help???

emilia ·

There is an account where we contributed to last year, go on facebook find jugomaro and send justin fernandes a private message he will give u the banking details.

Akram ·

Genugtig. Gister se berig was heeltemal anders as die ene. Hierdie berig het meer duidelikheid gebring. So die transaksies is reg beklink, en die tier is nie in die kop geskied nie. Die nuwe eienaar het volgens die berig ook redelik uit sy pad gegaan om die skuif so menslik as moontlik te maak en die persoon wat die perseel gekoop het. Wel ek hoop net dat alles op n goeie manier tot n einde sal kom. Dit is nog steeds n stresvolle ervaring vir beide die mense en die diere.

Martin ·

Hoekom moet daar nou ‘n fond gestig word as die saak tog duidelik afgehandel behoord te gewees het?
Die mense is gelikwideer. Wie word nou bevoordeel die mens of die dier. Volgens my het die nuwe voornemende eienaar alles in sy vermoe gedoen om die diere te hervestig. Of verstaan ek verkeerd?

Riette ·

Die Plaas is NIE gelikwideer nie!!! Die likwidasie is teruggetrek. Wens die mense wat niks weet nie wil eerder nie komentaar lewer nie

Sonjia ·

Ai riette ek glo jy is ‘n kampvegter vir die eienaars, maar gaan lees tog maar ‘n bietjie op oor die likwidasie wet….

Stiaan ·

Ek stem saam met Sonjia, Riette jou omgee is pryswaardig ongelukkig twyfel ek ten sterkste of enige persoon deur al die drama en moeite sal gaan “sommer net”.

Die maatskappy is gelikwideer, daars ‘n tekort, nou moet verdere goed verkoop word om die terkort te vul.

Koos ·

Die plaas en alle diere val in die Likwidasie bevel.
Die Fernandes familie is onwettige op die grond as enige persoon dit betwis kan die persoon na die Hoog geregs hof van Suid Africa, Pretoria tak gaan en die beslissing van die hof gaan bestudeer. Dit is beskikbaar vir die Publiek. Vra die Fernandes family vir die saak nommer as hulle dit nie wil gee nie, is dit mos duidelike dat hulle iets wil weg steek. Hoekom hoor mens altyd op Facebook dat hulle oppad hof toe is, maar hoor nooit wat was die hof se uitspraak nie. As hulle gewen het sal hulle mos se hulle het gewen. Voordat iemand komentaar lewer bekom die feite. Hoekom sal die Hof 3 keer n bevel vir uitsetting gee as daar nie gronde daarvoor is nie. Dus jammer dat die fernandes familie in so situasie is, maar dit was hulle eie doen en late wat hulle in die posisie geplaas is. Die diere het n veilige heen komme. Gaan dit oor die Fernandes familie se ego of oor die diere.

EMK ·

Dankie Koos! Hoop al die histeriese mense van gister lees hier en kry skaam omdat hulle mense links en regs geskel het. Daar is wette wat vir almal geld. As mens nie betaal nie …nou-ja dan gebeur sulke dinge.

Koos ·

Die publiek het n verkeerde indruk oor die Fernandes familie. Hoekom is Goosey dan vandag in die Groblersdal hof waar hy aangekla word vir diefstal ( wild wat hy onwettige gejag het op sy gewese plaas) en Justin het hom gehelp. Hoekom betwus hulle dit nie op Facebook vra bietjie die vraag

Sonjia ·

Koos jy vat die woorde uit my mond en ek is baie lus om dit aan die publiek bekend op hul fb blaaie….

Xeno ·

Baie dankie vir julle insig in die saak , maar ek stel voor dat julle in die vervolg net seker maak van julle feite. Insake die “diefstal” scenario , gaan lees bietjie terug op Justin se Fb daar is die gepubliseerde berig , (so Sonjia , die publiek is wel bekend daarmee) en verder is hy en sy broer aangekla nie Goosy hulle Pa soos hierbo genoem nie . O en wat die wet betref maak ook seker dat julle die regte name noem aangesien naam skending ook onder wette val en soos julle se wette geld vir almal.

nig ·

Mooi so, NOU kom die waarheid uit! Aan al die ongeskiktes op gister sed berig – LEES en word WYS! Die media moet die waarheid ontbloot!

Anton ·

Hi Sonjia
If Goosey is in court today for pouching why are they the accusing the poor man called SD Nel for doing his LEGAL work on behalf of the liquidator. And saying that the animals are going to be hunted just because he is a normal biltong hunter as millions of us in South Africa. I think they ( Fernades Family) is using the public (Facebook) as a tool and posting all this false allegations of the animal that is going straight to hunting farms etc to get public funds to fight there legal battles. Why don’t the public ask for parks statements so that they can proof that all the donations are being used to care for the cat and not to enrich them self’s. I am following the posts on Jugomaro facebook page and notice that all the people that are commenting post that does not suit them ( Fernades Family) is deleted immediately and blocked and they just keep the post that supports them. There is more behind this and I hope the public will see that the Fernades family can not afford to look after the animal and in a desperate attempt are poaching animal to feed the cats. If they truly care for the animal why don’t they assist the liquidator in finding them a proper home and a new owners that can afford to look after the animal. At the end it is about the animals and not the Fernades Family and their financial instability.

EMK ·

Nou waar is die histeriese klomp soos CHRISTA, Jumani, Simone, Lizzy B ens NOU? Al loop die leuen so snel, die waarheid agterhaal hom wel! Dankie Anton!

Lizzy B ·

Eks reg hier EMK en ek staan steeds 100% agter die Fernandes familie. Julle kan maar julle opinie lig soos julle wil. Julle weet dalk alles ne, maar was julle daar? NEE…. so lig julle opinie soveel julle wil, die waarheid sal nog seevier. Hulle sal en gaan nie van hulle KINDERS onslae raak nie.

riska ·

Ek moet se ek het hulle jammer gekry toe ek lees van di storie maar orals kom dinge nou uit……….. Dis mos soos ek altyd se dis hulle storie di koper se storie en dan di waarheid en dit is sleg want mens weet nooit di waarheid ni………. Maar waar daar n rokie is moet n vuur wees!!!!!!!!!!!!!!!

Sonjia ·

Hi Anton……maybe you understood me wrong. I am not at all for the fernandes family, and what you wrote above is so very true. I was a witness Wednesday and I was shocked at how the so claimed “care-takers”(rosa and Justin) treated the whole situation. Yes and it is true, every true report and negative thing that I want to post on their pages, they delete. They are playing the public and all they really care about is themselves. The are actually nothing without their cats…..

monique ·

eish! die media moet leer om huiswerk te doen! Jugamaro is in groblersdal en NIE limpopo nie.
GPS: 25.05.02 S, 29.15.26 E vir al die negatiewe mense moet ek net net se, probeer julle so n besigheid bedreif sonder n goeie inkomste? hulle het die ongewenste diere versorg en baie terug geplaas in die wild. self voels. hulle het ook jacaranda 94.2 se goodmoring angels genader vir hulp.

Riette ·

Ag asseblief mense!! Ek is nie net n kampvegter nie ek ken hulle persoonlik en ons het die feite so julle kan maar glo wat julle wil, veral Sonjia en Koos klink my julle was die regters in die saak

GJ ·

@riette – kan jy ons meer informasie gee hoekom die familie in die situasie beland
het? – was dit agv ‘n tekort van geld dat hulle die diere nie kon onderhou nie –
dit lyk vir my hulle gee baie om vir die diere

Sonjia ·

Monique…….die park val in Groblersdal/Marble Hall distrik……..beide dorpe val in Limpopo Provinsie…..Aardrykskunde 101. En Riette ek reken as jy hul persoonlik ken, is jy ‘n kampvegter vir hul…jou keuse, beoordeel jou nie…geensins, jy kan glo wat jy wil….

Riette ·

@GJ net omdat ek hulle ken beteken nie ek kan my uitlaat oor hulle persoonlike besigheid nie, hulle persoonlike sake het egter niks met die publiek te doen nie, daardie Katte sal geen beter huis as daardie plaas kry nie, die liefde wat hulle daar kry is onbeskryflik. Wat ookal Sonjia!! Al wat ek se is mense wat nie die feite ken nie moet eerder nie hulle swak komentaar plaas nie.

nig ·

Riette, liefde maak nie ‘n maag vol nie…. Omgee vir diere maak nie die maag vol nie. Gebrek aan fondse… dan moet jy hulle laat gaan na waar hul versorg sal word!

Koos ·

Ag Riette het jy die boonste berig gelees of net gelees wat jy wil. Soos ek gese het gaan en trek die hof bevel by die hoog geregs hof soos wat ek gedoen het dan sal jy die prentjie verstaan of wil jy nie verstaan nie

Jo ·

Nou almal, sit en lees julle kommentaar, GELD GELD GELD, waar val die welstand van die katte in julle komentaar? eerstens, likwidasie, goed hulle is gelikwideer, maar daar is mense wat wel probeer om die katte by die regte mense te hou.. ENIGE iemand indien nie almal kan wel sien dat die diere die beste sorg onder die son kry, ja dit maak nie die maag vol nie, maar onmenslikeheid en diere mishandeling maak ook nie van die ander n ryker mens nie, albei partye kon die situasie beter behandel het, eerstens, toe daar gevra is vir bewyse, het SD NEL die vraag helte maal geignoreer, tweedens hoekom word daar met lewendige ammunisie op die eksotiese diere geskiet, waar was die veearts en hoekom was die kat nie onmiddelik onder verdowing geplaas nie, op so n groot skaal moes hul beter beplan het.. So sonder n hof bevel of konkrete bewyse dat die katte wel verkoop is – was Nel en kie onwettig op die plaas en kan dan aangekla word vir diefstal.

Anton ·

O and why they fire on the cat is because it attact a human being. The tiger jumped the fence and was not sedated at the time. Sadly no one is mensioning how is the person doing that is attacked. It seems that you value the life of a animal above a human being.

jo ·

Yes, yes i do, because people have just shown in this incident how they really are, greedy.. narrow minded and selfish..

Sonjia ·

@jo ……Die katte en die res van die diere gaan na ‘n bevoegde persoon wat hul kan versorg…..ek stem heeltemal saam dat albei partye die aangeleentheid beter kon bestuur het……ek was daar en ek het daai, mnr sd nel ongelooflik jammer gekry…hy het alles gedoen wat hy kon op daardie stadium en nie 1 keer van 8uur daai oggend tot half 1 die vlg oggend het hy sy humeur verloor. Sy papiere was in orde en wettig….daar is glad nie op die diere geskiet nie. 2 waarskuwings skote is geskiet in lig om dier skrik te maak nadat die dier ‘n mens aan geval het omdat die “electric fencing” af was en dat die dier aangepor is om die persoon te byt…..nel en kie was wettig op plaas en soos Koos al herhaaldelik gese het die hof dokumentasie is beskikbaar vir die publiek

Jo ·

And you know this HOW? are you their legal advisor? Is this open to public? If so please share…

Riette ·

Soos ek gese het almal van julle wat dink julle weet alles is seker maar kampvegters vir Mr Nel,maar onthou wie laaste lag lag die lekkerste!

Riette ·

Hou die koerante en goed dop volgende week asook Carte blanche volgende week, dan praat julle weer

AJ ·

It’s not a nice situation to be going through for the family and their cats. My heart goes out to all involved. Reality is that many South Africans are facing financial difficulties, including liquidation. The fact is – loosing everything you have worked hard to achieve , is a bitter pill to swallow for anyone in this situation. All the time, love and energy you put in, is taken from you. The very thing/s you love are taken from you. Especially when it comes to the animals you, yourself have cared for and fallen in love with. They become apart of your immediate family, apart of your daily life. The loss you feel once they are to be removed and taken from you is heart rentching. The ice cold piercing of one’s heart and awakening that they are gone and no longer around you. The reality of it all is too much. The uncertainty of who has acquired a part of your family and where they going to end up. Will they be treated the same, are the facilities, caring and love going to match what you gave all the years? What will become of your loved ones? Once they are gone, the doors are closed on you. All you can do is wonder – how are they? Are they being treated right? And the big one – do they miss me? Human emotions are to control…I have been there. I still belittle and berate myself for allowing myself to get into a negative financial situation. If it wasn’t for me my animals, my family would still be together. A very heart rentching, humbling experience

AJ ·

It’s not a nice situation to be going through for the family and their cats. My heart goes out to all involved. Reality is that many South Africans are facing financial difficulties, including liquidation. The fact is – loosing everything you have worked hard to achieve , is a bitter pill to swallow for anyone in this situation. All the time, love and energy you put in, is taken from you. The very thing/s you love are taken from you. Especially when it comes to the animals you, yourself have cared for and fallen in love with. They become apart of your immediate family, apart of your daily life. The loss you feel once they are to be removed and taken from you is heart rentching. The ice cold piercing of one’s heart and awakening that they are gone and no longer around you. The reality of it all is too much. The uncertainty of who has acquired a part of your family and where they going to end up. Will they be treated the same, are the facilities, caring and love going to match what you gave all the years? What will become of your loved ones? Once they are gone, the doors are closed on you. All you can do is wonder – how are they? Are they being treated right? And the big one – do they miss me? Human emotions are hard to control…I have been there. I still belittle and berate myself for allowing myself to get into a negative financial situation. If it wasn’t for me my animals, my family would still be together. A very heart rentching, humbling experience – which damn near destroyed my sanity!

Sonjia ·

……ek wil net se dit was heerlik om met almal te “chat”……,veral omdat ek daar was op “ground zero” ……almal is geregtig op ‘n opinie en ja as ek my inligting baseer op feite wat swart op wit is in regs-dokumentasie, dan ja sal ek my ‘n kampvegter noem vir die regs feite………..I rest my case……blessings to everyone

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.