Karlien en Derick amptelik geskei

Karlien van Jaarsveld en Derick Hougaard by die Ghoema-toekennings 2013 Foto: @ghoema2013 op Twitter

Karlien van Jaarsveld en Derick Hougaard by die Ghoema-toekennings 2013 Foto: @ghoema2013 op Twitter

Skaars 42 dae nadat Karlien van Jaarsveld aangekondig het sy en die oud-Springbok rugbyspeler, Derick Hougaard, gaan skei, is  ʼn finale egskeidingsbevel Maandag stil-stil in die Pretoria-hooggeregshof ingestel.

Adams & Adams Prokureurs in Pretoria het in ʼn verklaring gesê die egskeiding volg ná verskeie onsuksesvolle pogings deur die paartjie om hul huwelik te red. Karlien het nietemin steeds ná die aankondiging onder spervuur gekom vir die besluit toe ondersteuners haar en Derick gesmeek het om te probeer versoen.

David Scheepers, Karlien se prokureur van dié regsfirma, het albei die partye se lof besing vir die wyse waarop hulle die egskeiding hanteer het.

“Albei partye se primêre en enigste oogmerk was om te verseker dat die moeilike besluit wat hulle geneem het so min as moontlik impak op hul tweeling se welstand sal hê. Hulle het as eggenote geskei, maar niemand kan ooit as ouers ‘skei’ nie. Hulle besef albei dit sal ʼn spanpoging van hulle verg om te verseker dat die seuns in die jare wat voorlê al die liefde, versorging en ondersteuning ontvang wat hulle sal nodig hê om voortreflike, gebalanseerde jong manne te wees,” het Scheepers gesê.

Scheepers het gesê die dagvaarding wat deur Karlien uitgereik is, het eenvoudig die gebruiklike bewering bevat dat albei partye hul wedersydse liefde vir mekaar verloor het en dat hulle nie met die huwelik wil voortgaan nie. ʼn Afskrif van die skikkingsooreenkoms wat bereik is, was egter nie ter insae beskikbaar nie.

Scheepers het oor bespiegelinge dat ʼn derde party aanspreeklik is vir die paartjie se egskeiding, aangedui dat dit beslis nie die geval is nie.

Hy het bygevoeg dat Karlien en Derick dinamiese, spesiale mense is wat ʼn nuwe begin verdien en dat die publiek hulle besluit moet respekteer en hulle deur die moeilike tyd in hul lewens moet ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

EMK ·

Ek dag egskeiding is ‘n langerige proses? Weet ook nie, val gelukkig nie in daardie kategorie nie, ons het geweet trou is nie perdekoop en staan al 40 jaar deur dik en dun mekaar by.

Naomi Olivier ·

Ek was ook onder die indruk dat egskeiding uitmergelend lank neem om afgehandel te word – hofrolle altyd vol. ‘n Vriendin wag al meer as 2 jaar vir haar saak om te verskyn. Iemand het seker hul saak gekanselleer toe is daar gelukkig ‘n gaping…

Debbieh ·

Egskeidings is slegs langdradig indien die partye nie tot ‘n skikking / vergelyk kan kom nie. Egskeidings in die streekhowe word vinnig afgehandel (waar ‘n skikking bereik is). Hooggeregshof egskeidings neem effe langer, al is daar ‘n skikking bereik. Egskeidings is lankal nie meer uitmergelend nie, solank die partye skik en beide begerig is om tot skei te kom.

Sollie ·

Debbie volgens berig is dit wel hooggeregshofsaak gewees so hul het dit vinnig reggekry, al noem jy selfs met ‘n skikking neemd it ‘n ruk in hoggeregshof. Sê net….

Lillian ·

My egskeiding was in die PTA hooggeregshof en ek was geskei binne 30 dae. Geen spesiale treatment nie. Ons het vooraf geskik.

Juan ·

As albei partye so vinnig as moontlik wil skei met geen bakleiery nie dan is dit vinning, anders vat dit baie lank en baie duur.

IB ·

Dit is hartseer dat jong getroude paartjies se huwelike so vinnig verbrokkel. Trou hul te vinnig of gooi hul te gou tou op? Ai nee man. . .

Poplap ·

Arme Liefling kon seker nie voorbly met kosmaak, doeke was en huis uitvee, terwyl vroutjie doukie haar danspassies in die stoe-die-jou agtermekitaar kry.

Lillie ·

hehehe ja nee sy was mos nog nie gereed gewees vir sulke take nie

Hannelie ·

Sjoe hul is nog nie eens ‘n paar jaar getroud nie, maar skei omdat “hul hul wedersydse liefde vir mekaar verloor het”. Dis ‘n spul bog! Die krake is al lankal daar…..Karlien het te skielik , te gou gewild geword en Derick pas net nie in haar groter prentjie nie. Mens WERK en BOU aan ‘n huwelik!! En jy offer bietjie op!!! Soos altyd kom die waarheid altyd een of ander tyd uit.

Martin ·

Hannelie, mense skei te maklik. Vir elke ding in die lewe moet jy werk. Hoe meer jy betrokke is, hoe meer leer jy. Hoe maak ‘n ma of ‘n pa nou kinders wat, en ek is baie seker van wat ek sê,
nou daai twee kinders wat met soveel talente in die wereld gebring is groot as albei ouers nie betrokke is nie? Ongelukkig ly die kinders altyd die meeste in egskeidings. Ek wens mense wil net meer opoffer.

Susan ·

Ek en my eks het 25jaar probeer en dit het nooit gewerk nie!.
Hoe lank moet ‘n mens wag en prober? Vra maar net!!!

Theresa ·

Kan nou net raai wie is die volgende 2 weke op Huisgenoot se voorblad. Nou gaan elkeen weer ‘n kans kry om te vertel “van die pad vorentoe”. Urgh !!!

Elfie ·

Theresa, JA! Iets soos “Karlien se eensame nagte in haar groot bed” of “Derick het begin tuinmaak om te vergeet” haha! Hulle wil so graag privaat wees en “uitgelos” word of “gerespekteer” word, maar tog word alles oral en altyd uitgeblaker.

Ella ·

Kostelik! Ek geniet al hierdie kommentare ! Elfie en Theresa slaan die spyker op die kop!

Poppie ·

En wanneer hul op Huisgenoot se voorblad verskyn, gaan dit ‘n foto van hulle 2 saam wees, wat middeldeur (in lengte) geskeur is om te wys hulle is nou finaal geskei.

charmaine ·

Hy was dalk tevrede met die onderhoud geld wat sy so gou as moontlik oorgeplaas het. Voor die troue het hulle die Bybel aangehaal van saam slap voor die huwlik en weet nie watalles nie, wonder wat se Karlientjie nou,want volgens die Bybels is skei ook sonde.

Ben ☺☺☺ ·

Ek dink my ou vertaling stipuleer dat jy mag skei as jy jou vrou vang rondloop…en `n geskeide vrou mag nie weer trou nie.

Henry ·

My Dopper skoonpa sê dit is van al daai ge-dansery dat die jy-weet-wat gewoonlik in die drinkwater beland.

Francois le Cochon ·

Skoonma se obsessie met Karlien se glanswereld?

Perdekoop ·

‘n Oorlede tannie wat ek geken het, het altyd gesê – liefde is blind en trou is die bril. As ongetroude het ek altyd lekker vir die uitdrukking gelag, omdat ek nie ‘n benul gehad het presies wat dit beteken nie. Na 10 jaar van getroude lewe, van party dae finansiëel swaarkry, baklei oor verantwoordelikhede met die kinders, laat nagte saam met die manne en al die normale goed wat met getroude lewe saamgaan, kan ek uiteindelik sê ek verstaan wat die tannie bedoel het. Maar gelukkig het ek niemand gehad om op terug te val wanneer dit moeilik gegaan het en ek gedink het: vandag pak ek sy / my goed – ek is klaar, nie. Ja, ek is bly daaroor, want dit het my genoodsaak om maar te bly en dit deur te sien en uiteindelik my perspektief te verander van: wat ek nie kry nie, na wat ek nie gee nie. Daar is definitief meer dae wat ek die Here dank vir my man (met al sy foute, soos ek ook) as wat ek hom met ‘n besem wil jaag ☺ Daar is steeds moeilike dae, maar ek kies elke dag om lief te wees vir my man, al is dit party dae makliker om kwaad te wees en kwaad te bly en, dank die Here, netso kies hy elke dag om lief te wees vir my. Joe, hy ken al my dingetjies (rasioneel en irasioneel) en nogsteeds kies hy om by my te wees – dis amazing. As ek binne die eerste 3 jaar tou opgegooi het (soos in die geval waar jong getroudes die opsie het om terug te hol na pa en ma), soos ek BAIE gedink het om te doen, het ek nie vandag die vriend gehad wat ek in my man het nie. Ek sal hom seker nog oor die volgende jare ‘n paar keer van die bed af wil skop as dit kook binne-in my en hy rustig lê en snork, maar ek is reg daarvoor, want vriende en familie raak kwaad vir mekaar, maar hul bly altyd daar vir mekaar. So behoort dit ook in ‘n huwelik te wees.

neelsie ·

Derrick , miskien verdien jy beter!
Kry net kinders jammer.

Sarie ·

Sjoe mensig maar dit was ‘n vinnige egskeiding? Vandag se jongpaartjies skei darem verskriklik vinnig, dink hulle nie bietjie aan berading nie veral waar daar kinders by betrokke is? Maar aan die ander kant hulle twee moes nooit getrou het nie. Die vinnige afhndeling van die egskeiding laat mens wonder in wie se lewe is daar iemand anders?

Eish! ·

Ek was ‘n normale ,mens en my egskeiding het 21 dae gevat vandat die egskeidings bevel op my man bele is. Ons het gladnie gestry of baklei nie. Ek het besluit om alles te laat gaan en alles op te gee.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Sjoe Karlien glans lewe is nie vir sisies nie .En wat jaag jou so kry jy ooit tyd vir jou kinders met jou besige proram wonder ek Sterkte Derick jy sal wel iemand kry wat jou waardeur glo my jy kom sterker anderkant uit

Gideon ·

Ek kry die twee seuns bitter jammer!! Glo een van die dae is dit ‘n geval van jou kinders, my kinders en ons kinders!

Martie ·

Ek is self geskei. My oudste was 9 jaar en jongste 5 jaar. Vandag, 20 jaar later, sien ek die letsels wat dit op hierdie kinders gelaat het en ek loop elke dag met die verwyte. Maar spyt kom te laat. Julle maak ‘n groot fout en julle gaan die vrugte hiervan pluk. Moenie dan huil nie ………

Emgee ·

Martie, ek troos myself elke dag daaraan dat my kind erger letsels kon oorgehou het as ek nie geskei het nie. My seun was 3 jaar oud, wie en wat sou hy uitgedraai het 15 jaar later as hy moes groot word in ‘n “absusive” huwelik en as hy onder sy biologiese pa se hand moes grootword? Ek is weer getroud na 8 jaar en glo my nie ek of my seun het nog ooit teruggekyk nie. Ek was gelukkig, sy pa het nooit weer daarna belang gestel om hom te sien of enigsins ‘n deel van sy lewe te wees nie. Almal loop maar met letsels….

Hanna ·

Kinders wat steeds onvoorwaardelik deur albei ouers liefde kry, het nie letsels nie man! As ma is jy verantwoordelik om jou kinders met waardes groot te maak en dis wat hulle sterk maak. Ons praat openlik oor goed en my kinders is dit eens dat dit beter was vir almal dat ons geskei het. Ek en hulle pa maak mekaar NOOIT sleg nie en die kinders spandeer soveel moontlik tyd by hom. Almal is gelukkig. Die letsels van die lewe is soms wat party mense fighters maak en wat hulle laat uitstyg bo ander. Daar is nie ‘n reg en verkeerd nie, net ‘n voorwaarts.

Corrie Steyn ·

Wie is volgende? Bobby, Kurt,Nicolas,ek voel vir jou Derrick jy verdien dit nie, ek het nog altyd groot respek gehad vir die liefling van Loftus,sy moes nooit gaan dans het nie.

marietjie ·

EN OOR twee weke het karlien die liefde, *wat ook vir ewig gaan duur* van haar lewe ontmoet, dink hy al klaar daar. Nee wat mens het mekaar nie eendag nog lief en die ander dag nie meer nie. vertel die waarheid

Suzette ·

Jip is so onbestrede egskeidings gaan baie vining. Ek loer so deur al die kommentare en glo my so baie van dit is waar. Feit is die huwelik is nie maanskyn en rose. Punt is vandag se jong paartjies is nie meer gebou om te hou nie.

Kobus ·

Laat mens nogal wonder wat die werklike rede vir die verbreking van die verlowing destyds was… ja-nee, ek sien dit al – “Eksklusief in Huigenoot – Karlien bieg!”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.